Sunday, June 24

Oulike Ma storie

Ek wil nie graag "forward mail's" plaas nie, maar hierdie een is so oulik dat ek dit net met julle wil deel. (Dit mag dalk ou nuus vir van julle wees)



Hulle sĂȘ 'n tydjie gelede in 'n dieretuin in Califonia het 'n tier geboorte gegee aan 'n drieling maar weens komplikasies tydens die swangerskap is die kleintjies te vroeg gebore en is hulle kort na geboorte dood. Die mamma se gesondheid het na die swangerskap skielik versleg alhoewel hulle niks verkeerd kon kry nie. Die veearts het gevoel dis die verlies van die baba's wat die depressie veroorsaak. Hulle het toe begin soek na ander baba tiertjies by ander dieretuine, maar was onsuksesvol.


Eindelik het hulle op iets heeltemal nuuts besluit ....baba's van 'n ander spesie. Die enigste wesies wat hulle kon vind was klein varkies. Die varkies het tiervelletjies gekry en is toe by die ma gesit.



Sy het hulle onmiddelik aangeneem. Is hulle nie oulik nie? Ek wonder het hulle klein tiertjies of varktjops geword?









2 comments:

Desire Fourie said...

Dis so 'n cute storie. Hoop maar vir die beste dat daar nie varktjoppies was nie. Jou fotos van die nuwe ysbar is ongelooflik mooi. Lyk die kleure ook so in werklikheid? Dis rerig its ongewoons.

Anonymous said...

dis baie cute. n reel life weergawe van Babe! maal 5 en cool outfits !