Showing posts with label Al Wadha. Show all posts
Showing posts with label Al Wadha. Show all posts

Tuesday, April 22

Versoekings

Partykeer, net partykeer is 'n roomysplek 'n groot versoeking. Dis nie iets wat ons elke dag of maand doen nie, maar by een van ons malls het daar 'n nuwe roomys plek oopgemaak. Ons het in die verbygaan net so daarna geloer, die plek is heel onbeskof reg in die middel van die mall en in die oopte. Met roomysgeure soos, piesang, mocha sjokolade, wit sjokolade, gewonde sjokolade, mango, gemengde vrugte, groentee, vaniella, strawberry, caramel hoef ek meer te se?

Ons lyk heel skuldig en ek weet nie waarom nie, ons doen dit mos nie elke dag nie? Maar jinne dis 'n klomp roomys!
Net om te wys dit was nie net 'n "oumensgier" nie, Nelmari was heeltemal game .... miskien het sy ons in die versoeking gelei.
Hier is ons geure en kleure roomys. Nelmari het 'n skeppie gemengde vrugte, suurlemoen en strawberry gehad, myne was vaniella, sjokolade en piesang en Charmaine het mango, groentee en gemengde vrugte gehad. Dit was lekkeeerrrrr ouens. Maar so iets doen weer in 2011 of iets ?!

Friday, June 1

'n Nuwe mall - lekker ...net om die hoek

Ek en William het vandag na die "soft-opening" van die nuwe Al Wahda mall gaan kyk. Net so 80% van die winkels is oop, maar ek kan sommer sien dat dit 'n lekker Saterdag shop gaan wees. Dis naby, het parkeerplek en ons gunsteling koffiewinkel.


'n Hele drieverdiepings van nuwe winkels!!




Ek het nie heeltemal met hierdie foto geslaag nie ... dis die food court met Pizza Hut, KFC en Burger King op die agtergrond. Dis op die derde verdieping.





Oor hierdie plek was ons baie opgewonde. Ons "favorite" koffiewinkel, Galler (Le Chocholate). Sal julle nog prentjies oor hulle kosse moet wys. Die lekkerste sjokolade drankies, en ook 'n spesiale "toer" oor die ontstaan van sjokolade. Jy kry klein koppies met verskillende geure van verskillende tydperke en moet dan die geure proe... baie lekker!!! Jy kan selfs as jy wil, sjokolade sop kry (het dit nog self nie probeer nie). En nou .... lekker naby die huis.



Van die winkels. James dit het ongelukkig uitgesny maar spesiaal vir jou drie sportwinkels, Adidas, Nike en Olympus (dink ek).
Nog winkels en reg bo die bowling alley wat nog moet oopmaak. Al die vorige kuiermense en spesifiek die shoppers, ek sal nie name noem nie, die winkelsentrums het nou baie vermeerder so wanneer kom julle kyk?