Saturday, January 26

Uiteindelik is dit etenstyd - 5

Die van jule wat nie regtig by die reunie belang het nie, het seker al moeg na die foto's gekyk, maar dan is daar ook natuurlik die ouens wat die dag daar was en nie wat hulle ou prentjies wil sien, so verdra dit maar nog vir 'n dag of twee.
Na 'n dag van heerlik kuier was dit eintlik tyd vir kos. Nie dat ons 'n kragonderbreeking vrygespring het nie .... vanaf vier uur was my beplanning op ys tot half sewe.

Die mense wat ons spitbraai gedoen het was egter heel georganiseer en ondanks die onderbreeking en danksy gasbraaiers, was ons kos stiptelik om ses uur gereed. Hier is hulle ernstig besig om die vleis te sny. Dankie Jaco, Carlos en julle vrouens, die kos en diens was puik!
Die heel week karring sy (Marie) my al vir 'n foto van my soos julle ouens wat lees gesien het, en al is sy die jongste is sy verskriklik baasspelerig. Kyk net daai vinger terwyl ek my orders kry .... Haar arme kinders :-)

Ons begin met 'n broodtafel met allerhande lekker brode, botter, konfynte en snoek patee op. Dis tannie Ruth wat hier net versigtig een snytjie neem.
Hierdie klomp eet lekker brood (lyk my dis net ouma) terwyl die grappies en stories van kleintyd vertel word. Jeannette moes altyd my ma se rug krap en Denise .... wel daar is net een van haar en haar stoutwees kan seker 'n boek vol wees. Maar lyk dit asof sy haar daaraan steur .... nee... dis alles een groot grap!

Sommer gou verkeer almal vreedsaam en word daar lekker gekuier.

Die hoofgereg word geskep en bestaan uit baba aartappels, uitjies, bakke vol vleis, en heerlike slaai en groente. Kyk net daai kyk wat ek kry omdat ek 'n foto van haar bord neem....

Chantal skep slaai in terwyl Marie haar beurt afwag. Ek kry 'n glimlag vir die foto.Rene skep haar groente mooi in. Mooi so nig, jy was mos altyd die "soet" ene ne?
Dis besig om die kostafel.Valerie skep haar slaai in en Marie .... staan jy alweer in die ry?

Dan is dit tyd om die klomp georganiseerd vir die "amptelikë" foto's te kry. 'n Provinsiekamp is 'n vulletjie teen die klomp.

2 comments:

Anonymous said...

Kom ons gaan terug na die vinger wys.......Ons jonges moes toe maar wag vir die oues van dae om eerste in die ry te staan!!!(Spot maar, weet jy het vir almal gewag om kos te kry!!!) Nou kan almal sien hoe my OUDSTE suster lyk!!
Ek raak skoon weer honger as ek na die kos kyk.
Liefde: Marie

Anonymous said...

Verskonings, verskonings, sien die ander foto's met jou vinger en daar is nie eers kos naby nie