Wednesday, August 26

'n Besige naweek

Verlede naweek was besig en hittig in Dubai en vir 'n verandering het ons glad nie in die winkelsentrums rondgeloop nie. Deel van ons kinderbediening vanjaar is 'n poppekas en alhoewel baie van die kinders nog op vakansie is, het ons karaktertjies Flatman en Bobbin (dis nou Batman en Robin se pop-familie) in Sharjah gaan kuier. Die twee het 'n blaadjie met die reddingsboodskap opgetel wat vertel hoe Jesus eintlik die super hero is en nie hulle nie. Hy het vir ons sonde gesterf omdat Hy baie lief is vir ons. Die kinders het doodstil gesit en luister. Julle kan ook by die kindergroep blog hier loer. Een van die dogtertjies wou persoonlik met hulle praat en het sommer reg voor die kas kom staan om haar vraag te vra. Sy't eers begin met "maatjies", "maatjies" en toe Bobbin nog besig is met haar storie, kliphard gese "maatjies, shutup" sodat sy haar vraag kan vra. Die enigste deel van Dubai wat ons gesien het die heel naweek was die foto vanuit my kamervenster vroegoggend en met die deiserigheid op die agtergrond kan julle sien, nog 'n koel dag in die land van sand. Saterdag was dit heeldag vergadering saam met die ander groepleiers van die verskillende emirate om ons jaar en doel vir die jaar te bespreek. Lekker gewees om almal te sien. Hierdie foto is vir my baie spesiaal :-) want hier het ek 'n bewys dat 3 van die leiers (en blogmaats) sowaar vir my geluister het gedurende vergadering....... Hoeveel keer gebeur dit hm Charmaine, Greg en Vicky? :-).

Vir die volgende twee naweke is dit nog poppekas en vergaderings, maar ek sien uit en is opgewonde vir die nuwe jaar wat voorle.

11 comments:

Sonja said...

O!Julle doen n wonderlike werk!Daar is geen belangriker werk as om kinders van Jesus te leer nie!
En daai uitsig!!! Dit is asemrowend!

Thea said...

Baie seën en sterkte met julle werk vir die nuwe jaar Sandra! Ek stem saam oor die uitsig - stunning!!

Sandra said...

Sonja dis baie lekker om 'n "werk" te doen wat mens geniet. En ek stem met jou saam "om die kinders van Jesus te leer" is 'n wonderlike voorreg.

Dankie Thea ons sien uit na die nuwe jaar met al so uitdagings en fun.

Paula said...

Mag die Here hele ryklik seen met die wonderlik werk wat julle vir Sy Koningryk doen!

Charmaine said...

Ek luister altyd vir jou maatjie... Dis lekker om saam met jou te werk

Anonymous said...

"Shutup maatjies"...ek het nou so lekker gelag!

Sandra said...

Dankie Paula!

Issit maat!?!?! :-) Dankie vir jou rondry om my by die regte plekke te kry ek waardeer.

Dis hoekom ek so mal is daaroor om met kinders te werk Boendoe, hulle se wat hulle dink en voel.

Muriel said...

Baie mooi uitsig Sandra en wonderlike werk wat julle doen.
Liefde

Sandra said...

Dankie Muriel en lekker om weer van jou te hoor! Mooi res van die week vir jou. Liefde

nikita said...

Baie oulik en cute van die dogtertjie. :)

Sandra said...

Nikita dis wat ek van kinders hou, hulle is kostelik, reguit en eerlik :-)