Monday, April 25

Paasfees in die woestyn

Die laaste dag van Paasfees in Suid-Afrika en ek vertrou dat julle almal 'n heerlike, geseende tyd saam met julle geliefdes gehad het, terwyl julle ook die kruisiging en opstanding van ons Vader herdenk. Hier in die woestyn, is daar 'n paar skole wat wel vakansie het, maar nie omdat dit Paasfees is, hulle noem dit net 'n "spring break", en vir die ander is dit 'n gewone dag soos enige ander.


Page2


Vir ons kindergroep het ons 'n Paasdiens gereel en soos met enige kinderprogram was daar hope voorbereiding. Met Elriza se preekvoorbereiding, het sy natuurlik aan duisende dinge gedink wat gedoen kan word en so die laaste twee dae voor die diens is die groot plakkate projek aangepak. Sy het die prente geteken en geverf, en ek, Nelmari en Charmaine het gehelp met die verf.


Page1


Die eindprodukte 8 plakkate het so gelyk. Hulle is die aand van die diens teen die muur geplak en toegemaak met blaaibord en soos die storie vertel is, is die prentjie een vir een oopgemaak.


Page3


Die kinders het wonderlik gereageer soos die prente oopgemaak is. Almal, die ouers inkluis het die boodskap baie geniet. Na die tyd is ons met nagmaal bedien.


By ons kerk, het ons Sondagoggend 'n "sonopkoms-diens" (5:45) gehad voordat die mense moet werk en daar is beplan om dit in 'n parkie te hou. Met aankoms, was die hekke gesluit en ons het sommer so voor die hekke gelees, gesing en gebid met klompe werkers wat hulle verkyk het aan die klomp mense. Een ou het selfs kom foto's neem - wens ek kon dit nou by hom kry om vir julle te wys :-)


So iets is beslis onwettig hier en mens wou-wou bekommerd wees, maar dit was tog 'n wonderlike gevoel en geleentheid om in die publiek Jesus se opstanding te herdenk!


Liefde


7 comments:

Thea said...

Ek is MAL oor julle plakkate!! Dis baie oulik gedoen!

Sandra said...

Dankie Thea! Die ouers en kinders was ook dol daaroor. Elke keer as 'n plakkaat oopgemaak is, het die kleintjies sommer hulle asempies ingetrek :-)

Charmaine said...

Dit was so lekker aand saam met die ouers en kinders en lekker geverf ook saam met julle meisies :-)

Sandra said...

Ons moet daai prente vir haar gaan lamineer dat dit weer gebruik kan word. Weet nie of ons ou tannies weer die verf wil aanpak nie.

retha said...

Wonderlike plakkate. En lyk of julle almal dit geniet het om dit te maak

retha said...

ps.
Sien daar was selfs 'n inspekteur - hoewel baie klein

Sandra said...

Dit was lekker Retha. Ons moes omtrent die klein inspekteur en sy boetie en kat boeties in toom hou - hulle wou so graag op die plakkate speel. :-)