Die somerhitte is so stadig besig om spoed om te tel, dus was die naweek half die laaste kans om met die tieners te gaan kamp en omrede dit oor die Paastyd val, was dit sommer meer spesiaal.
Dis ook net hier in die woestyn wat daar 'n hek op die vlak staan met die woorde "Close the door".
Ons kampterrein. En daardie is nie berge in die agtergrond nie, dis duine.
Kamp is opgeslaan en ingerig.
Kinders besig om die terrein vir die aandprogram reg te kry.
Almal help om die kruise aangedra en geplant te kry.
Ons tieners gereed vir die aand. Hulle was so opgewonde en het reeds van vroeg af honder keer kom vra wanneer hulle die fakkels en vuur kan aansteek. Dit word laat donker in die woestyn en ons het daarvoor gewag en die ouers moes hulle kom wegroep het vir aandete.
Tydens die aandprogram het die kinders voorgelees uit die Bybel en ons, saam met die ouers het saam gesing tydens die worship.
'n Groot bonus was die swembad wat die ouers gereel het. Dit het nie net almal afgekoel nie, maar ook as "skoonmaak van die sand" gedien. Daar is spesiaal 'n watertenk gehuur om dit te kom volmaak en al het hulle bietjie vasgesit, was dit alles die moeite werd.
Met die "paasmars" het die kinders die verskillende stappe gedoen van die tuin van Getsamene, die gesel, spykers inkap, houtbalke dra tot by die eindpunt waar hulle 'n kruis moes maak. Daarna is die kruise op die hoogste duin staangemaak en aangesteek. Die kinders was baie moeg aan die einde met al die duine wat geop en af is, maar daar is lank stilgesit en kyk na die kerse terwyl hulle brand - dit was 'n baie spesiale oomblik.
Van slaap was daar geen sprake nie, en dit is die prentjie van ons tieners toe ons wakker word. 'n Klein bondel tieners wat heelnag gekuier het.
Moeg word die duine weer aangedurf vir die oggendstiltetyd.
Wat 'n wonderlike tyd was dit nie gewees om saam met die jongmense op 'n praktiese manier weer te kon sien hoe lief God ons het, dat Hy Sy enigste Seun gegee, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal he.