Showing posts with label Lara. Show all posts
Showing posts with label Lara. Show all posts

Sunday, August 10

Lara terug in die dorp


Alhoewel ons lekker vakansie gehou het en die toer na die Bybellande geniet het, het ek baie uitgesien na die kinders se terugwees in die woestyn en ja veral vir Lara :-).  Daar was maar die minimum foto's in die 6 weke wat hulle weg was, en ek het uitgesien om te sien en hoor wat sy nou bygeleer het.  
Page1
So die juffrou het heeldag kom kuier op haar mamma se verjaarsdag en ons het dit vreeslik geniet.  Eers bietjie geswem, maar die water was so warm dat die sweet mens skoon afgeloop het.  
DSC_0167
En daar is baie nuwe woordjies en dinge om te se terwyl die vingertjie wys wat sy bedoel.  
Page2
Sy het onthou van die baba wat huil en was meer as gewillig om die baba te sus totdat hy ophou  huil.  Shhhh het bygekom toe die geskree darem te lank aanhou.  
DSC_0153
Maar gee haar iets wat soos 'n armband en sak lyk, en sy is vinnig reg om tata te se en reg om te shop.  

Page3

Haar aandagspan is goed en sy kan lang tydjies konsentreer en was baie oulik om die bakkies opmekaar te stapel.  
DSC_0217

Koekies en kos is woordjies wat sy goed ken, en haar mamma en pappa doen goed om die regte woorde te gebruik ipv babataal.  Maar noem dit by die naam en sy loop saam totdat sy dit waarvan jy gepraat het kry :-).   
Page4

Tannie Elriza het 'n geskenkie gekoop en sy en Leane het omtrent gesukkel om die wiele vas te kry.  Lara het so half ongeduldig geraak en wou hulle die heeltyd wys waar die wiele moet wees.  Sy was baie bly toe hulle eintlik klaar is met die bou.
DSC_0241

'n Regte klein patroon en dit was so lekker om haar vir 'n hele dag by my te he ... ek hou daar is sommer nog baie sulke dae!






Friday, June 27

Speeldate met Lara

Die klein poplap is 14 maande en ek kry my eerste regte speeldate met haar.
DSC_0183
Die soetkoekies is lekker :-)  
DSC_0212

Ons speel buite met Elsie en Lola wat eers moet leer dat twee pugs moet nie gelyk opspring teen haar nie, maar Lara vat dit so in haar stride en geniet hulle aandag.  
Page1

Een van die moeilike "baba's" wat heeltyd huil en mamma skree hou haar besig.  Sy's 'n baie oulike mamma en tel op, gee drukkies en bottel vir die baba om stil te bly.
Page2

Peetmamma Elriza kom oor om ook bietjie tyd met haar te spandeer.
Page3

Ons lees stories en dan hou Noag en die diere haar baie besig terwyl sy probeer om al die diere in die ark te kry.
Page5

Dis so lekker om te sien hoe haar persoonlikheid ontwikkel en natuurlik dat sy so gewillig is om vir die kamera te "pose", al gebruik sy die geleentheid om daai mondjie op allerhande maniere te trek. 




Friday, February 28

Klein Lara in Februarie


Ons klein poplap is nou 10 maande oud en sy word ouliker by die dag.  Hier is sommer 'n paar foto'tjies van die maand Februarie.
Page1

Sy gaan sommer 'n groot plaatjie wees kan mens nou al agterkom.

Page2 

Ons moet nou bietjie rus saam met tannie Elriza, maar daar word eers baie gelag

DSC_0128
Dis lekker om buite te wees

DSC_0007

Speeltyd saam met oom Will

DSC_0041

En nog 'n kuiertyd saam met tannie Elriza. 

Wednesday, January 22

Lara is nou 9 maande


En ons klein poplap is 9 maande oud!
Page1
Tandekry is nie vir sussies nie en niks, en ek bedoel niks is veilig om nie gebruik te word as 'n tandering nie.
Page2
Een ding wat ek glo is dat kinders met troeteldiere moet groot word, want so leer mens baie "skills" en Lara is gewoond aan haar kat en honde sussies.  Dit maak dit ook makliker om by ander mense te kom en te sien hoe haar interaksie teenoor die diere is.  Ek dink die diere kan ook aanvoel dat die mense weet om hulle nie seer te maak of af te knou nie.  

Page3

Januarie was ook 'n tydjie wat sy bietjie met tannie Nelmari kon opvang en tannie Nelmari met haar.

DSC_0288

Groot grappie tussen die drie :-)

Wat 'n seening om die kinders in hierdie maand almal by die huis te gehad het en watter groot blessing om klein Lara se "grootword" te sien en daarin te deel.


Wednesday, January 1

Oujaar by die see


Laaste dag van die 2013 jaar en ons kry bietjie kans om saam met Lara by die see te wees.

Page1
Die juffrou geniet dit om in die sand te sit en die son.  
Page2
Dis 'n heerlike "herfs" dag en almal ontspan lekker.  Nelmari en Elriza gebruik ook die kans om bietjie te kayak.
Page4
Ai en die sand tussen mens se vingers is soooooo lekker.  
Page6
Hoe kan mens dan nou nie gelukkig wees met almal se aandag en liefde nie .... mens raak sommer verspot
 :-).

So geseend dat ek kan sien hoe Lara al die nuwe goedjies ervaar en geniet!


Thursday, December 12

Baie nuwe dinge vir ons pragtige Lara


Mens kan ampertjies nie by hou met hoe vinnig die kleingoed groei nie en elke keer as hulle sien, is daar iets nuuts by wat hulle kan doen en 'n vaardigheid wat bemeester is.
Page1
Ek weet, ek praat van hulle, maar alhoewel klein Lara ons kleindogter is, het klein Carli net so 'n spesiale plekkie in ons hart EN sy is Lara se maatjie.  Hierdie twee gaan nog 'n hond uit 'n bos speel, want hulle kan al lekker uitpak en deurmekaar maak, en ampertjies met die bal speel.  En dan kom tannie Nelmari ook kuier en Lara kry kans om bietjie met haar te bond.  
Page3
Nelmari was maar suinig met die deel :-).  Gelukkig is daar 'n tannie Elriza ook wanneer Nelmari weer teruggaan.  

Page4

Dis ook nie al dag dat klein niggies saam in die buiteland sit nie - Lara en Lea kry kans om saam te speel en Lea wys haar baie oulik 'n paar dinge.  Tannie Nelmari is deel van die speel en na 'n tydjie het altwee klein dogtertjies lekker moeg aan die slaap geraak. 

Wat leer sy volgende?

Monday, December 2

En toe is dit die Kersspel


Ons kinders was awesome tydens die Kersspel!
Page1
Natuurlik was klein Lara daar en ek sal nie die ouma ding regdoen as ek nie klomp foto's van haar opsit nie. Julle sal moet saamstem, dis een oulike engeltjie :-).
Page3

Die Kersspel het reg voor in Genesis begin waar Adam en Eva van die boom geeet het, .... Vader Abraham met sy baie seuns het lekker gesing en die profete was ook daar.  'n Lofprysingsdans deur ons tieners saam met Koning David en Kersliedere deur die kinders tussen-in was groot treffers by die gehoor.
Page4

Die herders, engeltjies en ander was so oulik en die gewildste "karakters" was verseker die wyse manne se klein kameeltjies :-).  
Page5

Die kinders was so oulik en net een "foutjie" toe Josef met Maria wou wegloop voordat die engel verskyn het.  As dit nie was dat die donkie agteruit geloop het om terug na die huis toe te gaan nie, sou niemand dit eers agtergekom het nie.  

Als en al was ons kinders uitstekend, die musiek was goed en die aand en boodskap is deur almal geniet!



Monday, November 18

Besie partytjie na kerk

Heelwat van ons huiskerk se mense het verjaar en dit is 'n goed genoeg rede om die belangrikste 1, om 1 te word saam te vier.
DSC_0027
Na die kerkdiens bid Elriza vir die verjaarsdagmaatjies.

Page2

Besies en feetjies was die tema, en almal is aangetrek vir die geleentheid.

Page3

Natuurlik moet daar nog foto'tjies van Lara geneem word na die tyd.  Lyk asof sy en Elriza 'n groot grap deel.


Wednesday, November 13

Oom Will is terug in die dorp

En so is al die skapies ampertjies terug in die kraal met William wat vanaf hierdie maand in Al Ain begin werk het.  Baie nader as wat hy was.  Natuurlik was die "oom"  baie nuuskierig om te sien hoe groot klein Lara geword het vandag hy haar laas in April gesien het.  
DSC_0015

Oom Will het vir haar 'n groot olifant wat sy duidelik baie nuuskierig was om te ondersoek.  

DSC_0017

Duidelik het sy nogsteeds dieselfde effek op haar oom en kan hy ook sien hoe 'n groot plaatjie sy reeds is. 

DSC_0018

Wonder hoe lank ons gaan wag vir haar om groter as die olifant te wees. 

DSC_0026

Ons vang bietjie op en leer mekaar beter ken.   
DSC_0036

Hier word hard gekonsentreer om regop te staan.  

DSC_0043

Daar word lekker met pappa gespeel terwyl oom Will toekyk.  
DSC_0049
Kyk net hoe oulik is ek nou ...

Sunday, October 6

Lara is ampertjies 6 maande


Klein Lara word nou so groot en elke week is daar ietsie nuuts wat sy by leer en ons van haar leer.  Vroeg in die maand het ek en Charmaine weer kans gehad om vir haar en haar maatjie Carli op te pas terwyl die mamma's 'n girly-oggend het en wat 'n plesier.  Gelukkig is die meisiekind besig om gewoond te raak aan ouma se kamera :-).  

Page1

Carli het buite in 'n opblaas swembadjie gespeel, terwyl Lara net kon toekyk en mens kan sommer aan die gesiggie sien sy kan nie wag om dit ook te doen nie.  
Page3

En toe haar maatjie nog boonop 'n roomys kry om te eet, het hierdie gesiggie boekdele gespreek.  
Page4

Sy is al lekker woelig op die magie en dis ampertjies tyd om te kruip   

Page5

En reeds nou al kan mens sien dat sy 'n regte klein plaatjie gaan wees.  

Page6
Die twee maatjies kan nog nie heeltemal al met mekaar speel nie, maar dit kom - Lara is baie geintreseerd om vir Carli dop te hou. 



Saturday, June 29

Lara word ingeseen

Ek het so lanklaas op die blog gekuier dat ek nie eers weet of enigeen nog hier lees nie :-), maar 'n spesiale geleentheid soos die is altyd 'n goeie rede om weer te kom blog. 

Klein Lara Mare en klein Carli se inseen ...  En watter spesiale aand was dit nie.  Twee spesiale klein dogtertjies, twee nuwe mammas, twee nuwe pappas en hulle vriende. 

Page1_0

Carli was eerste aan die beurt en die klein wakker dogtertjie het mooi geluister hoe mamma en papa belowe om haar vir liewe Jesus groot te maak. 

Page2

En toe was dit klein Lara se beurt.  Sy was stroopsoet terwyl mamma en pappa die belofte afle om nie net vir haar 'n goeie voorbeeld te wees nie, maar haar ook vir liewe Jesus groot te maak. 
DSC_0524

Elriza het daarna 'n baie spesiale boodskap gelewer.  

Page3

Tannie Nelmari en tannie Louna hou haar vas terwyl tannie Elriza (hulle twee speel baie saam) ook bystaan.  

DSC_0547

Die jongmense wat as getuienis vir die inseen teenwoordig was.

My gebede vir hierdie twee ouerpaartjies, Adri & Daniel en James & Leana is vir wysheid om vir Carli en Lara altyd reg te hanteer en gelukkig te maak.  Soveel so dat hulle ander gelukkig sal maak en dat hulle eendag wanneer hulle ouer is, self ook sal kies om die Here te dien en lief te he.