Showing posts with label Kersspel 2013. Show all posts
Showing posts with label Kersspel 2013. Show all posts

Monday, December 2

En toe is dit die Kersspel


Ons kinders was awesome tydens die Kersspel!
Page1
Natuurlik was klein Lara daar en ek sal nie die ouma ding regdoen as ek nie klomp foto's van haar opsit nie. Julle sal moet saamstem, dis een oulike engeltjie :-).
Page3

Die Kersspel het reg voor in Genesis begin waar Adam en Eva van die boom geeet het, .... Vader Abraham met sy baie seuns het lekker gesing en die profete was ook daar.  'n Lofprysingsdans deur ons tieners saam met Koning David en Kersliedere deur die kinders tussen-in was groot treffers by die gehoor.
Page4

Die herders, engeltjies en ander was so oulik en die gewildste "karakters" was verseker die wyse manne se klein kameeltjies :-).  
Page5

Die kinders was so oulik en net een "foutjie" toe Josef met Maria wou wegloop voordat die engel verskyn het.  As dit nie was dat die donkie agteruit geloop het om terug na die huis toe te gaan nie, sou niemand dit eers agtergekom het nie.  

Als en al was ons kinders uitstekend, die musiek was goed en die aand en boodskap is deur almal geniet!



Saturday, November 30

Voorbereiding vir ons Kersspel


En voor ons ons oe kon uitvee, was dit tyd om vir ons Kersspel voor te berei. Die instelling dat ons Kindergroep hier in Abu Dhabi, jaarliks 'n Kersspel opvoer, is in sy 4 de jaar en elke jaar word die voorbereiding en afwagting net groter en groter.  Die kinders en ouers is gebruik om die dekor te maak en hierdie pragtig skapies is deur ons kleintjies en hulle mamma's gemaak.  
DSC_0019

So 'n week voor die tyd is die gesiggies bietjie ingekleur om karakters te gee - party het selfs die skapies name gegee :-).
Page1_0
Maar daar mos nog 'n spaza winkel en stal kom en weereens het die mamma's gehelp om die bokse te omskep in 'n stel.
Page1
Vir die eerste keer het ons ook "versigtig" 'n oefening op 'n Saterdag gereel en ons kinders en ouers het ons nie teleurgestel nie, behalwe vir twee was almal daar.   Dit het beteken dat die hele Kersspel darem tussen 2-3 uur altesaam se oefening het ... nou kan die skare maar kom :-).
Page1_0

Natuurlik was klein Lara ook daar vir haar eerste Kersspel oefening en terwyl haar mamma en peetmamma die musiek geoefen het, het sy solank maatjies gemaak en op haar klavier geoefen vir wanneer sy dit moet doen.