Tuesday, July 7

Word mens ooit groot?

Wanneer is mens groot, regtig groot? Ek praat nou nie van vet-groot nie. Om groot te wees bring darem baie verantwoordelikhede en probleme en baie keer is dit lekker om sommer net weer jonk/klein/kinf te wees.


Na ons nag in die hittige water is daar malls wat aangepak moet word en terwyl ons rustig wag vir die winkels om oop te gaan, "entertain" Charmaine en Elriza ons. Ongelukkig is William se foon video kwaliteit nie so goed nie, maar julle behoort die prentjie te kry. Haar nuwe IPhone het ook 'n saamsing en hier demonstreer sy dit.

Page1_2

Vir Elriza is die Festival City mall 'n eerste keer en sy is ook al een wat die hitte aandurf om te gaan kyk na die waterkanaal waar mens met die bootjies kan ry tussen die winkels.


Page2_0

En na ontbyt begin die sports want die kinders (ouderdomme 16, 21 & 24) het net vir Toys R Us in die oog. Dit vat nie lank vir ons om ook aan te steek nie. Die kinders gaan terug op memory lane en herken die prinsesse aan die rokkies wat hang.

Page4_0

Party van ons wil ietsie koop, ander wil net kyk en luister wat die nuwe speelgoed op die mark doen terwyl van ons alles net so beloer.

Page5

Die grootste hit onder die meisies is toe hulle by die Barbie en My Pony rakke en huisies kom. So soek hulle die poppe wat hulle gehad het en wat hulle graag weer wil he, ens. ens. Ek hoef nie te se dat Elriza met haar My Pony van baie jare terug die winkel uitgestap het kamstig as 'n geskenk. Gister staan die ponie in die badkamer wat die hare moet gedoen word -- wie speel nou eintlik hiermee?

Page6

Met die tyd wat ons vir die hele mall beplan het gespandeer in die speelgoedwinkel, doen ons vinnig die res van die sentrum, koop 'n bietije en gaan kuier ook by die Outlet mall vir nog inkopies en middagete. Die kinders voel hulle is nog nie halfpad klaar nie terwyl ons moeg geloop is, dus moet ons vinnig hierdie week voordat hulle terug SA toe weer 'n paar moet kom besoek.

7 comments:

Muriel said...

Dankie vir die video *wink* ek hoor daar is baie liedjies op daai selfoon.

Ons het ook deesdae weer klein kinders om te bederf. En my nuwe uithang plek is speelgoed winkels, ek kan ure daar rondhang, en glo my die Sheikh geniet dit net soveel.

Ek dink nie ek gaan ooit groot word nie Sandra LOL

Liefde

Anonymous said...

Sandra, waar is hierdie oulike mall? Sal dit graag wil besoek (veral die speelgoedwinkel natuurlik)!

Ek is ook hier in Abu Dhabi en lees gereeld jou blog. Lyk of julle altyd sulke lekker dinge doen en van alles weet.

Doe so voort!

Marietjie Wagner

Ronelle said...

Bly om te sien julle het die 'tannies' by die huis gelos ;-)

Julle is hopeloos te jonk om julle met tannies op te hou!!

Sandra said...

Omtrent baie liedjies Muriel en dis "ou" goed wat mens ver-ver terug vat. Ek kan dink dat jy en die sheikh die "kinders" geniet en seker lekker bederf ook.

Hallo Marietjie, waar in Abu Dhabi is jy? Die spesifieke mall is die Festival City in Dubai maar hier is 'n groot speelgoedwinkel in Abu Dhabi ook :-)

Kyk sekere mense het darem slim geword noudat hulle verjaar het .... of hoe "tannie" Ronelle?

DJ's little one said...

dit was baie lekker en ons het dit so vreeslik geniet! baie liefde groete.Riza en haar ma.

Sandra said...

Ek weet wie het dit die meeste geniet Elriza :-)

Anonymous said...

Sandra, ek bly hier in Khalidiya area. Al 5 jaar. Dink ek het jou ontmoet by AISA toe my dogter Nicolene nog daar in die skool was.

Marietjie