Wednesday, July 1

Die kat en die “vlooie”

Net so 'n tydjie gelede het ek vertel van ons nuwe optel-katjie wat huissoek en hierdie week het lelik huisgekry by die "Sandvlooie".

Page1_0


Maar nie voordat ons die kleinding vreeslik geniet het en ampertjies te geheg geraak het nie. Sy het die krappaal bemeester en ook baie vinnig van alles 'n speelding gemaak. William se skoene was 'n ideale wegsteek plek. Die kinders het ook 'n skoenboks in 'n heerlike katspeelding gemaak deur orals gate in te sny - en so het sy ons en haarself ure se pret gegee.
Page1

Gister het kleinvlooi Christiaan sy katjie kom haal en ek dink hierdie gesiggie vertel dit alles. Klein lelik se nuwe naam is "Ferby" self deur haar nuwe basie gekies en sy het baie stil gesit en toelaat dat hy haar vryf en selfs soentjies en drukkies gee. Dit se baie van 'n klein katjie se karakter as sy dit toelaat sonder om naeltjies te wys.
Page3

En sommer gou-gou het Ferby en Christiaan lekker gespeel. Christiaan het huistoe tyd mooi gese hy neem nou die klein katjie maar ons kan vir haar kom kuier en mag hy haar speelding en kombersie saamneem. Ons was seker dat daar lekker by die huis gespeel sou word sodra Ferby haar nuwe tuiste gewoond is.
Ons hoop dat julle twee sommer lekker maatjies gaan word Christiaan en dat daardie toe neus en ogies gou-gou gaan beter wees.

7 comments:

Charmaine said...

Baie geluk met die pragtige nuwe kleinding in julle huis. Ek hoop saam met julle dat Christiaan nie te erg allergies gaan wees nie. Geniet haar!!

Desire Fourie said...

Ag hete, eks so bly Ferby het 'n mensbasie gekry. Die twee maake 'n gedugte spannetjie. Mooi bly

Mariette. said...

Ai die tweetjies geniet mekaar. Dit gaan al baie beter met die oogies en neusie, dit was net die eerste aand so gewees.

Ek sal met my volgende blog bietjie van hulle pret saam wys en mee deel.

Dankie Sandra en Nelmari vir die nuwe vreugdetjie in ons seunie se lewetjie.

Sandra said...

Ek dink daai twee gaan mekaar opspeel maat.

Ons is net so bly Desire. Daai tweetjies het baie mooi met mekaar gewerk.

Bly dit gaan beter met die ogies en neusie Mariette en sien uit daarna om die foto's te sien. Ek's so bly ons kon vir Ferby 'n goeie huis kry :-)

rita said...

Man daai ogies en gesiggie vertel alles. Ek dink Christiaan en Jaco gaan lekker speel met die katjie. Dit is lekker om te sien hoe opgewonde 'n kind kan wees. Met liefde hulle tannie wat hulle baie liefhet

Jan and Miekie said...

Pragtige fotos - so bly alles het goed uitgewerk vir die katjie. Ek sien hy gaan BAIE liefde kry.. en gee. Troeteldiere bly darem baie spesiaal. Ons beplan self uitbreiding aan ons dieretuin.

Sandra said...

Rita dis so goed as 'n kleintjie weet hoe om met 'n klein diertjie te werk en klein Christiaan doen dit so goed.

Ek's net so bly die katjie het so 'n goeie huis en maatjie gekry Miekie. Wat gaan julle nog bykry?