Saturday, July 4

Nag avontuur oor die naweek

Al amper 'n jaar terug het ek vertel van 'n nuwe hotel wat in die "bankrot volgens SA tydskrifte" dorpie van Dubai oopgemaak word. Julle kan hier en hier loer. Om egter te kyk en om self deel te neem is twee verskillende dinge en dis duur, maar verlede week was daar 'n spesiale aanbod om die park in die aand te besoek. Ons het sommer besluit om dit 'n twee dae uitstappie te maak en oor te slaap want ons sou eers 12 uur in die aand klaarmaak.

Page1

In Dubai aangekom deur die "stilstrate vanwee almal wat landuit is" (dit het ons terloops lank geneem om deur die niks verkeer te kom) het ons eers gaan eet voordat ons 8 uur by die waterpark ingeklok het. Nodeloos om te se dat die kinders "groot" en "klein" baie opgewonde was oor die uitstappie.

Page2

Mense dis 8 uur in die aand en dis warm, baie baie warm. Ek weet dis moeilik om hierdie tipe warm in te dink maar met humiditeit wat amper hier aan 100% vat het ons maar gesuffer. Die brilglase en kamera lense stoom onmiddelik toe en mens sukkel om te sien en foto's te neem. Terwyl die kinders op die ritte gaan het ons twee ou tannies na die dolfyn vertoning gegaan. Was redelik onmoontlik om foto's te neem, maar miskien gee die dowwe prentjies darem 'n idee van die dolfynpoel en die daai strepe in die lug is die dolfyne wat spring :-).


Page1_1

Intussen het die kinders hulle gate uit geniet en was ons gelukkig om hulle een keer tussen 'n rit te vang om af te neem. Hulle het selfs van die slides wat deur die haaitenk gaan gedoen. Dis so vinnig mens sien nie eers die haaie nie se hulle. Ons van die kant af kon wel die haaie en tube sien.

Page3

Net so voor middernag is ons huistoe om die groot rush 12 uur te mis en kon so bietjie van die vuurwerk vertoning deur die gestoomde lens afneem.

Page1_0

Almal het eers rondom 2 tot rus gekom maar vroeg op die volgende dag vir nog 'n besige dag. William hou hom besig met musiek en Nelmari werk aan haar borduurwerk terwyl hulle vir ons wag en om te sien hoekom sekere mense onder 'n swart sak wegkruip, sal julle volgende keer weer moet kom lees :-).

11 comments:

Mariette said...

Awww dit klink en lyk te heerlik!
tot wanneer toe hou hierdie aanbod aan?
Mens kan sien die jonges het hulle geniet.

Sien uit na die vervolg....

Ronelle said...

Klink na groot pret.

Wie is die 2 tannies van wie jy praat??

Sandra said...

Mariette ek praat onder korreksie, maar ek dink dis nog vir Julie en selfs Augustus en dit is slegs Donderdagaande.

Wie dink jy is die twee tannies hmm? Dis mos Nelmari en Elriza.:-)

Desia said...

Ja-nee, geen bankrotskap daar te bespeur nie! Dis 'n heerlike uitstappie; nog 'n plek in die UAE op my lys om eendag te besoek.

Anonymous said...

Jy's reg, ek kan myself nie sulke hitte voorstel nie! Dalk maar beter om nou bietjie met koue voete te sukkel, of hoe? Dit lyk of dit 'n lekkerrrrr aandjie uit was!

Sandra said...

Desia soos orals is daar besighede wat swaartrek maar ek raak bietjie kwaad vir ons SA tydskrifte wat goed so verkeerd aanhaal en dit nie eers navolg nie.

Koue voete kan mens met lekker warm sokkies regmaak boendoe :-). Ons het sulke sokkies met 'n sakkie vir 'n "heatpad" waarvoor daar net mooi geen nut hier is nie! En dis sulke mooies :-)

Muriel said...

Sandra is dit een van die "ou tannies" onder daai swart sak?? (Dit lyk mos vir my of dit Riza kan wees) whahahaha .... kan nie wag om die res van die storie te lees nie.

Pragtige plek ek kan sien julle het dit baie geniet. Die laaste foto van Nelmari is baie mooi.

Ek kan nie lekker sien nie, (dolfyne vertoning) - dit lyk mos vir my amper soos Venesie, of die water tot teenaan die gebou loop?????

Sterkte met die hitte!
Liefde

Charmaine said...

Dit was voorwaar 'n lekker uitstappie, maar ouens dis goed as mens liewer gaan wanneer dit koeler is. Die twee ou tannies het maar lekker gesuffer...

Desire Fourie said...

Dit lyk na heerlike nagtelike uitstappe. Dit lyk asof Nelmari hare hare 'n bietjie korter gesny het ... dit lyk baie mooi ... en eks beindruk dat sy borduurwerk doen want dis mos nie meer 'n jongmens tydverdryf nie. Mooi bly

Sandra said...

Jip dis een van die tannies onder die swart sak Muriel :-). Jy;'s heeltemal reg met die dolfyne tenk, dit loop so van die sand teenaan die gebou en dis baie mooi - glad nie die normale dolfyne-poel nie.

As dit nie vir die badkamer was nie maat ....

Nelmari se hare is nou korter Desire jy's goed om dit raak te sien. Sy is nogal lief vir borduurwerk en sulke goed.

Pa-en-man-in-eie-tuisland said...

Bly om te sien julle het dit geniet, ek sal maar die beste van my omstandighede maak. Oudste seun het darem nou 'n taxi, so dit spaar hom/hulle die stap.

Sal fotos aanstuur!