Monday, July 13

Arabiese water-orrel

Ons akwarium uitstappie moes afgesluit word met die water-orrel vertoning. Alhoewel ons baie gehoor het die ouens begin nie stiptelik nie, en dis nog te lig besluit ons om nog steeds 'n kans te waag.


a

Dit is sesuur in die aand en kyk die humiditeit/hitte op die foto terwyl ons wag vir die vertoning.

Page1_0

Ons sit so in die amper skaduwee van die Burj Dubai, op hierdie stadium nog die hoogste gebou ter wereld terwyl ons wag en ek verkyk my na al die uitbreidings rondom die mall.


Page2_0

Eers is daar net stoom terwyl die "orrel" opstart en dan begin die vertoning op maat van Arabiese musiek. Laat my dink aan die tye dat ons na die waterorrel by Centurion gaan kyk het terwyl ons by McRib eet :-).

Page3_0

Dis nie donker dat mens dit met 'n indrukwekkende ligvertoning sien nie, maar dis steeds iets baie besonders en ons geniet terwyl daar honderde foto's geneem word




Luister bietjie na die musiek saam met die vertoning.....

Page4_0


Die vertoning laat ons klomp ietwat vergeet van die hitte sover dit menslik moontlik is.

Page5_0

Hoe langer die vertoning hoe hoer word die water die lug in gespuit en hoe harder die musiek.



Dit neem net 'n paar minute en dan is alles verby en ons vlug vinnig binne die mall in vir koelte.

'n Paar van die geboue rondom die mall met die bruggie. Ons het nie in die hitte kans gesien om daar te gaan stap nie

12 comments:

Thea said...

Pragtige foto's Sandra! Ek's absoluut mal oor die Mall se boustyl en die turkooiskleurige water. Om my die humiditeit voor te stel is effens moeilik omdat ons dit nie hier ken nie. Ons gaan nooit in Desember na die KZN Suidkus toe nie a.g.v. die bedompigheid en hitte wat mens lam en tam maak. Ek stel my voor julle humiditeit is seker omtrent dieselfde net heelwat erger!

Mariette. said...

Dit lyk beslis anders in die dag daar as in die aand! In die aand is daar die betowerende liggies. en deur die dag die asemrowende mooi geboue met die turkoois kleurige water!

Dag of nag dit bly 'n mooi en lekker plek om na toe te gaan. Ek dink in die winter gaan dit net soveel beter wees.

lekker week

Anonymous said...

Sjoe. Vreeslik moderne plek. Al wat pla, is die hitte. ;-)

Ek kan dink dis erg om so in die hitte te sit en kyk na KOEL water, hiehiehie...

Sandra said...

Thea om die hitte en humiditeit hier te beskryf is moeilik want mens moet dit beleef anders klink dit ons oordryf :-).

Ek het ook gedink dit gaan nie mooi wees sonder die liggies in die aand nie Mariette, maar het dit baie geniet. Sal nie sommer die aandvertoning kan sien nie want ek probeer so min moontlik in Dubai rondhang gedurende die aande.

Die beste van alles is boendoe dat daai water ook baie warm is as mens dit voel.

retha said...

Kan sien daardie water het glad nie geruik soos by Centrion toe ons laas daar was nie.

Jou foto's maak my elke keer lus voel om daar te gaan kuier. Maar bedink my gou-gou as ek aan die hitte dink.

Die hoe gebou is dit kantore of kan mens daarin opgaan? Het jy al van darr baie hoog gekyk hoe lyk die omgewing?

Sandra said...

Nee Retha hierdie water is silwerskoon :-).

Die hitte is darem meer hanteerbaar in die winter, dis dan lekker SA somerweer.

Die hoe geboue is meestal blyplek en kantore en die heel hoogste een is 144 verdiepings - hulle se mens kan baie ver sien van bo af. Ek sal liewers nie wil gaan kyk nie.

Desia said...

Ek beaam wat Retha se, jou foto's maak mens baie lus om 'n draai daar te gaan gooi!

syiling peringatan malaysia said...

Nice to meet your blog, i'm rom Malaysia, visit my blog, thank you

Sandra said...

Desia nou hoekom kom kyk julle nie hoe dit hier lyk nie :-).

Thank you for the visit Syilling

Charmaine said...

Ja nee maat... 'n kort en kragtige vertoning. Baie mooi en indrukwekkend. Ek wonder of die vertonings langer sal wees as die winter kom en mens kan dit uithou buite.

Sandra said...

Miskien ja, wanneer is dit presies? :-)

Desire Fourie said...

O wow, jou fotos is weer soos gewoonlik stunning. Eks altyd mal gewees oor die waterorrel wat hulle by die meer in Centurion hier in SA gehad het. So ek kan net dink hoe mooi hierdie waterorrel moet wees.
Mooi bly.