Thursday, July 9

Totsiens is nooit lekker nie

Klompie jare terug nadat die besluit geneem is om 'n bietjie hier in Abu Dhabi te kom bly, het ons slegs met 17 bokse gekom. Elke kind kon twee bokse "eie" goed bring, en die res was foto's, boeke en klere. My twee goed was my CD's en twee van my katkinders. Vir klompie jare het ek met Siamese katte geteel en ek het besluit om twee van die wyfies saam te bring. Die derde een is na Charmaine toe.

a

Om die twee by my en rondom my te he in daardie eerste klomp moeilike maande in 'n vreemde land met 'n vreemde kultuur, waar Eddie werk toe en die kinders skool toe gegaan het in die dag was 'n groot blessing. Baloe my cuddle kat wat soos die regte Baloe beer in Jungle boek was, lekker mollig met 'n wonderlike geaardheid. So 'n jaar terug is kanker in haar longe ontdek en moes ek haar aan die slaap laat sit omdat sy baie gesukkel het om asem te haal.

Page1

Begeera wat die tipiese Begeera in Jungle boek was het haar maatjie gemis en vir baie lank nog gereeld Baloe se halfde van die kos gelos - het skielik Baloe se plekkie as 'n cuddle kat en ounooi orals volg kat ingeneem. Daar om vir Nelmari drukkies te gee, saam met ounooi bybelstudie te doen en selfs te help blog. So 'n paar maande terug is sy gediagnoseer met 'n ooraktiewe skildkliere - nie sommer net ooraktief nie, maar so hoog dat dit nie eers op die masjien registreer nie.

Page2

Alhoewel ek heeltemal bereid was om 'n bietjie van daardie ooraktiewe kliere vir my te neem, was dit nie moontlik nie en met 4 skildkliere pille 'n dag, 'n kat wat permanent honger is en uitteer by die minuut was dit ook hierdie week tyd om daardie groot besluit te neem ..

Natuurlik kan ek nog lang stories oor haar skryf, maar skielik het dit baie moeilik geword om die blog te voltooi.

Ons gaan jou mis Begeera.

16 comments:

retha said...

Jammer, is al wat ek kan se!

Charmaine said...

Ai maatjie ek weet hoe erg moeilik dit vir jou was en ek gaan haar baie mis. Sy was baie besonders en ons sal haar onthou. Ek onthou nog hoe sy nog in Suid Afrika op my skoot kom klim het met haar swanger lyfie...

Sandra said...

Dankie Retha

Ja maat, jy het een van haar eerste babatjies nog gekoop - die klomp wat sy die kraamboks in die kas wou he

Thea said...

Ek's ook jammer!! Mens raak só geheg aan jou diere. (((Sandra)))

Nelmari said...

The house feels very empty without her...she use to wait at the front door for us to come home from school and it looked like she counted if we were all there :)

You never forget a cat like her and we will all miss her.

Anonymous said...

Ag, jammer om dit te hoor, Sandra.
(((Sandra)))

Desire Fourie said...

Dis ongelooflik hoe ons 4-voetige vriende so deel van ons families word en diep in ons harte kruip. Jammer om te hoor, maar dit help soms om daaroor te skryf ... soos nou net gedoen het. Mooi bly.

Mariette said...

vreeslik jammer daaroor!

Pa-en-seun-in-die-verte said...

Ons moet ons maar daarmee troos dat sy gewag het dat al die kindertjies weer onlangs saam by die huis was. Bye Bageera!

Sandra said...

Dankie Thea, ek weet jy weet hoe dit voel!

Sy was al een wat jou kon "beheer" het toe jy klein was sussie.

Dankie boendoe!

Die trane kom nog maklik Desire.

Dankie Mariette!

Wat se James daaroor Eddie?

Muriel said...

Jammer ((((Sandra))))
Sterkte
x x

Jan and Miekie said...

Sterkte Sandra! Ons is ook amper daar met Farao. Afskeid is beslis nie lekker nie. Dink aan jou! Ek het ook jare gelede Siamese geteel. Hulle is darem baie spesiaal.

Ronelle said...

Ai Sandra, ek weet jou katkinders is jou groot liefde...
Onthou dit van al die jare af...

Sterkte nig x

DJ's little one said...

Ons sal altyd vir Bageera onthou Tannie, en ek is seker Tannie kan baie koppies tee by my ma drink vir bietjie troos. Riza

James said...

Ou Bageera... Ja ek dink nie AD gaan dieselfde wees sonder haar moan en meow nie. Net so baie memories van my ou maaitjie...

Sandra said...

Dankie Muriel

Dis verseker nie maklik nie Miekie en mens moet dit maar vir die diere doen.

Dankie Ronelle!

Elriza jy weet mos jou ma ondersteun goed met trane :-)

Sy het darem met jou geraas as jy saans laat inkom seun. Ek het geweet ek kan slaap, Begeera sal die praatwerk doen :-)