Sunday, July 26

Ek moes lag

As daar nou een ding is waarop ek baie trots is, is dit die feit dat ons drie kinders na 11 jaar in die buiteland steeds ons taal Afrikaans vlot kan praat en al bly ons nie in SA nie, en sal hulle miskien nie as volwassenes daar bly nie, is dit hulle "huis" en hulle "plek". Ek kon dalkies nie die kinders beinvloed om groot te word en vir die Stormers te skree nie, maar verseker is die Cheethas darem nie 'n te slegte tweede keuse nie :-).

Tydens hulle skoolloopbaan hier in die UAE was Engels hul eerste taal en vir 'n groot deel daarvan Arabies hul tweede taal. Later het dit af geskuif met Frans / Spaans in die tweede plek. Maar by die huis was dit Afrikaans en net Afrikaans.

So baie mense luister na "goeie raad" om met hulle kinders 'n ander taal te praat om dit so maklik vir hulle in die skool te maak en dan binne 'n kort tydjie kan die kinders glad nie meer Afrikaans praat en of verstaan nie. Dis snert want Nelmari was nooit in haar lewe in 'n skool in SA nie en het hier in Kindergarten begin skoolgaan met Engels en Arabies vanaf dag 1. Dit kon nie maklik wees nie, want mens moet nog in 'n nuwe land ook aanpas, maar hulle het dit gedoen. Ek dink mense onderskat hulle kinders met die aanleer van 'n taal as hulle klein is. Ek kry wel van tyd tot tyd Engelse sms maar wanneer ons praat, praat ons ons taal en wanneer hulle met iemand in Engels moet praat skakel hulle maklik oor en klink dan net soos verbrande Amerikaners :-). Inteendeel die mense is gewoonlik verstom dat "die" Amerikaners binne 'n sekond kan oorskakel na 'n taal wat hulle geen hothaar kan uitmaak nie.

Met die jare het Nelmari haarself ook leer skryf en lees in Afrikaans, die seuns het darem 'n bietjie skoolagtergrond gehad. Daar word baie gevra "ma wat beteken daai woord" as dit 'n nuwe woord vir haar is, maar nooit is/was daar 'n behoefte om liewers met ons Engels te praat nie.

Lang storie as agtergrond - maar hierdie week het ons so gelag vir Nelmari met die taal dat ek dit net op rekord moet kry .......

Sy's oa 'n goeie kok en probeer graag iets nuuts. Natuurlik is die Afrikaanse resepteboeke nie altyd maklik nie en daarom het ek vir haar 'n Engelse Kook en Geniet gekoop. Maar die van julle wat een het, weet dat die resepte in vergelyking met Wenresepte km lank is. En sy doen alles tot op die letter van die resep. As dit se bv. heel hoender se moet ek nie durf waag hoenderborsies koop nie. So wil sy 'n hoenderpastei maak en so vol selfvertroue dat sy eers die gaste nooi vir ete. (Ek sou eers wou kyk sal dit reg uitkom). Ek help net 'n bietjie in die kombuis en dan is sy op haar eie. Met die lekker reuke van onder weet ek iets is reg en dan kom sy uitasem die trappe op en baie "ontsteld".

"Ma, die resep se prik die boom .... wat beteken dit want ek het nie 'n freaking boom in die bak nie" .... Moes eers versigtig loer om te sien of ek mag lag, maar sy het darem later die grap of situasie net so geniet.

Die hoenderpastei was heerlik sussie en ongelukkig het die foto's nie wonderlik gekom nie, jy sal maar net nog een moet maak dat ons foto's kan neem!


18 comments:

Charmaine said...

Die pastei was heerlik Nelamri. Met of sonder 'n freaking boom :-) Ek het sooo lekker gelag vir die een. Jy is baie oulik om uit Afrikaanse boeke te kook.

Jan and Miekie said...

Hi Sandra
Ek het lanklaas blogs gelees en moes nou eers opvang! Ek wil graag saamspeel met die handskrif ding en sal dit sou gou as moontlik probeer doen - probleem is, ek het nie 'n scanner nie, en ek weet ook nie wie een het nie. Ek dreig al jare om een te kry na ons s'n opgepak het... Sal kyk wat ek kan doen. Ek is nogals gevlei dat jy dink ek is 'n organiseerder! Was ek maar!
Oor die hoenderpastei - ek ken daai resep en maak dit al jare. Baie lekker. Stem ook vir die heel hoender eerder as hoenderborsie, Nelmarie. Het lekker gelag vir die taalverwarring. Jou gewaarwordinge oor taalaanleer is baie insiggewend - lekker gelees!

Sandra said...

Ons kan bly wees sy het saamgelag maat anders was ons in die moeilikheid, jy weet mos :-).

Jy kan maar 'n foto ook neem van die handskrif Miekie :-).

Wat die taal betref het ek net soveel kinders gesien wat heeltemal verengels het. Ondanks die feit dat ek met die kinders slegs Afrikaans gepraat het, was al drie van hulle se slaagsyfer in Engels in die 90%. Ons het hier selfs Engelse SAfrikaners wat voel hul kinders leer hier meer Afrikaans deur dit te praat en leef, as wat hulle in die skole by die huis geleer het.

Lucy said...

Dis nou toevallig dat jy hieroor skryf, Sandra. My twee oudstes se pa was 'n Skot, en ons het net Engels in die huis gepraat tot hulle uiteindelik na Afrikaanse skole toe is. Hulle is ewe gemaklik in beide tale.

Maar, jinne, hierdie klein Pieter van my! Hy word groot in 'n stoere boerehuis, maar die kind praat net Ingels. En nie sommer hierjy Ingels nie. As ek bv. vir hom 'dankie' se, sal hy my soos 'n klein jintelman antwoord: 'You're welcome.' Waar hy daaraan kom, gaan my verstand te bowe. Hy WIL graag Afrikaans praat - ouboet praat mos Afrikaans! - maar sy woordeskat is vreeslik beperk. Nou begin dit tyd word om te besluit in watter taal hy onderrig moet word. He? Rerig Engels?

Muriel said...

Hi Sandra

Ek het nou so lekker hier by jou gekuier, dit was soos tydskrif lees!

Ek is nou so lus vir hoenderpastei - met of sonder die boom....

Sandra said...

Boendoe ons onderskat ons kinders en hulle vermoe om tale aan te leer. Engelse onderrig is seker nie sleg nie want dit is 'n wereldtaal, maar as jy en ander met hom bly Afrikaans praat, sal hy dit nie verleer nie, ek het dit met Nelmari gesien.

Goed om jou weer hier te sien Muriel. Na die inskrywing het ek besef daar is meer as een betekenis aan "boom" en hoe verduidelik ek dan nou weer hierdie verskynsel in ons taal aan Nelmari? :-).

Mooi dag

Nimsi se Blog said...

My een buurman hier in die gebou praat 6 tale vlot: Afrikaans - Engels - Xhosa - Frans - Duits en Portugees... glo nie daar is juis iemand wat van hom kan skinder sonder dat hy dit weet nie!
Maak maar weer n pastei, en dan wys jy vir ons die "geprikte boom" en eindresultaat asseblief Nelmari.

Pa-van-die-oulike-dogter said...

My skat, jou hoenderpastei was sommer baie lekker en soos jy sou gesien het, het jou pa sommer ook al die nagereg "gepolish". Jy kan maar weer die boom prik hoor!

Sandra said...

Nimsi jy sal dit nie glo nie maar om in Afrikaans hier te skinder is baie gevaarlik - hier is so baie SAfrikaners hulle verstaan jou. Daarom wil die Engelse SAfrikaners Afrikaans praat dat hulle vriende nie kan verstaan nie :-). Ek stem saam Nelmari sal net weer 'n pastei moet maak.

Ons het nogal nie gewonder wat van die vlaskywe geword het nie Eddie.

william said...

she has always been one to follow instructions. But those books are always in such old afrikaans. So boom or no boom good job sis

Sonja said...

Jy het pragtige kinders en dit is wonderlik dat hulle soveel tale kan praat! Dit is n groot voordeel vir hulle!

James said...

Ek dink die taal en spelling het so bietjie die middelste kind gemis, en as dit William was wat die resep gelees het sou daar regtig boom in gewees het. Jy sal maar volgende week vir my hoender moet maak sussie.

Nelmari said...

Lol James...very true

I'm sure with you back I will have to make it again. I'm glad I could give everyone a laugh :P

Sandra said...

William nou wat is "ou" Afrikaans presies?

Welkom Sonja en dankie, ek dink ook hulle is oulik .... partykeer :-).

Dis waar James, William sou probeer boom in sit het :-)

Hierdie keer sal ons foto's neem sussie. Dis altyd goed as mens vir jouself kan lag ook.

Anonymous said...

Julle het my nou so honger vir daardie hoenderige boom pastei. Wat van jy plaas die reseppie op jou blog, Sandra.

Marietjie

Sandra said...

Volgende keer as sy hom maak staan ek reg met die kamera en resep Marietjie!

Desire Fourie said...

Ai ek het nou lekker gelag. Ek het ook 40 jaar terug met die Kook en Geniet leer kook en dis nog steeds so te se die enigste kookboek wat ek gebruik. So bly om te hoor dat die kinders nog trots hul tuistaal magtig is.

Mooi bly en lekker naweek vir julle.

Sandra said...

In vandag se wereld waar almal omtrent reisigers is en in ander lande bly is dit belangrik om mens se wortels te onthou Desire en vir my is Afrikaans deel daarvan. Lekker om weer van jou te hoor.