Showing posts with label outlet mall. Show all posts
Showing posts with label outlet mall. Show all posts

Tuesday, July 7

Word mens ooit groot?

Wanneer is mens groot, regtig groot? Ek praat nou nie van vet-groot nie. Om groot te wees bring darem baie verantwoordelikhede en probleme en baie keer is dit lekker om sommer net weer jonk/klein/kinf te wees.


Na ons nag in die hittige water is daar malls wat aangepak moet word en terwyl ons rustig wag vir die winkels om oop te gaan, "entertain" Charmaine en Elriza ons. Ongelukkig is William se foon video kwaliteit nie so goed nie, maar julle behoort die prentjie te kry. Haar nuwe IPhone het ook 'n saamsing en hier demonstreer sy dit.

Page1_2

Vir Elriza is die Festival City mall 'n eerste keer en sy is ook al een wat die hitte aandurf om te gaan kyk na die waterkanaal waar mens met die bootjies kan ry tussen die winkels.


Page2_0

En na ontbyt begin die sports want die kinders (ouderdomme 16, 21 & 24) het net vir Toys R Us in die oog. Dit vat nie lank vir ons om ook aan te steek nie. Die kinders gaan terug op memory lane en herken die prinsesse aan die rokkies wat hang.

Page4_0

Party van ons wil ietsie koop, ander wil net kyk en luister wat die nuwe speelgoed op die mark doen terwyl van ons alles net so beloer.

Page5

Die grootste hit onder die meisies is toe hulle by die Barbie en My Pony rakke en huisies kom. So soek hulle die poppe wat hulle gehad het en wat hulle graag weer wil he, ens. ens. Ek hoef nie te se dat Elriza met haar My Pony van baie jare terug die winkel uitgestap het kamstig as 'n geskenk. Gister staan die ponie in die badkamer wat die hare moet gedoen word -- wie speel nou eintlik hiermee?

Page6

Met die tyd wat ons vir die hele mall beplan het gespandeer in die speelgoedwinkel, doen ons vinnig die res van die sentrum, koop 'n bietije en gaan kuier ook by die Outlet mall vir nog inkopies en middagete. Die kinders voel hulle is nog nie halfpad klaar nie terwyl ons moeg geloop is, dus moet ons vinnig hierdie week voordat hulle terug SA toe weer 'n paar moet kom besoek.

Tuesday, March 17

Wat kry mens in die woestyn?

Onthou julle daai advertensie van die man op die melkplaaas wat elke keer as sy vrou melk vra met die bakkie dorp te ry om melk te gaan koop ... net omdat hy 'n nuwe bakkie het? Ek dink dit was toyota of iets. Ons het nou so 'n situasie by die huis en die rede??!??! Danksy die feit dat ek sy vorige 4x4 afgeskryf het, kon hy vir hom 'n heeltemal nuwe speelding gaan koop. En nou hoef ek net te se ek het foto's van iets nodig en hulle spring in die motor om 'n mall te besoek. En dit van 'n man wat 'n mall in 5 min flat kan loop en altyd dink die res van die wereld is daar so hy wil liewers nie ook daar wees nie. En as mens nog oor die duine soontoe kan ry is dit nog te beter. Die misie hierdie week was die Outlet mall in Dubai. Oppad en dit lyk regtig nog soos die ou UAE wat ons leer ken het 11 jaar terug. Weg van die glans van al die malls waarvan ek al vertel het en die blink is hierdie een in die woestyn. Kyk net daar sit hy. Die mall van nader. Nog iemand wat die nuwe wiele geniet ... die foto is spesiaal vir jou William. Kom ons kyk bietjie wat is binne 'n woestyn-mall. Dit is uit en uit 'n "brand" winkelsentrum, amper soos die fabriekswinkels by die huis, net baie meer fancy. Hier word perels verkoop en die ou is besig om 'n string-te-string (is dit hoe mens dit se) op 'n klient se versoek. James aan die besluit watter winkel en hy het klaar 'n pakkie in die hand. En dan ontdek hy goud ....... 'n sportwinkel wat klomp nr 13's het!! Dis iets wat die seuns nog altyd mee gesukkel het hier - om hulle nr skoen te kry. En nou die keuses, wat moet ek vat?! William ek weet jy sou graag hier wou wees - sal jou maar Junie/Julie moet neem. Dan loop James 'n bekende raak en kyk net in watter wiele stel sy belang. Hierdie volgende foto's is spesiaal vir jou Leane. 'n Harley-fiets?! Wat volgende ... Sue die ding het nie a/c nie, jy sal warmmmmm kry!
Charmaine ons sal hier moet uitkom, daar is skoene en goed wat gekoop moet word vir daai Engeland trippie!!!