Monday, July 20

Kan julle dit lees?

Ek's nie verskriklik mal oor om getag te word nie, want my blogleserskring is maar klein en wie bly dan nog oor om getag te word. Maar ek's nuuskierig om te sien of iemand iets van my skrif kan ontsyfer, so hier kom my huiswerk boendoe. Ek skryf regtig netjieser wanneer ek iets "ampteliks" of 'n kaartjie moet doen, maar hierdie sal my kinders my skrabbel skrif noem. Gee ek hulle 'n inkopielys moet julle die kommentaar hoor, so ek het nie baie vertroue in my skrif nie.Die vyf mense wat ek tag en die redes daarvoor - net ingeval julle nie die skrif kan lees nie:
- Charmaine, hoe dan anders. Hierdie maat sal nie geskip kan word nie :-)
- Desia, ek's nuuskierig om te sien hoe 'n raakvatter skryf :-)
- Mariette, ek het 'n prentjie hoe ek dink jou skrif lyk, wys 'n bietjie
- Miekie, hoe skryf 'n organiseerder?
- Thea ek kan nie wag om te sien hoe jy 'n handskrif prentjie kan opkikker nie :-)
Ek sien mens kan hier meer lees oor jou tipe handskrif.
Mooi dag!

11 comments:

Mariette. said...

Hmmm Sandra? hoe sal dit wees? Baie rond?- lol!:-)
Dit is reg sal dit oor 2dae plaas!
lekker dag!

Lucy said...

Nee wat, Sandra, niks fout met jou handskrif nie. Netjies, maklik leesbaar. Wat's fout daarmee? ;-)

Dankie vir die saamspeel!

Sandra said...

Nogal nie Mariette :-). Ek sien uit om te sien of ek reg is.

Ek dog jy gaan dit vir my uitle Boendoe? Dink nie dit kan teveel beteken nie :-).

mariette said...

He he net 'n grappie!
Terloops jy skryf baie mooi sieg se dit lyk net soos wat sy ma se handskrif gelyk het.

Thea said...

Netjiese handskrif Sandra!

LOL!! Ek het omtrent gedink dat die rook staan wat om te doen met hierdie tag maar op die ou einde het ek dit eintlik geniet en dit het my sommer gehelp om die aand om te kry (die liefie is uitstedig vir werk).

Sandra said...

Dan is dit amptelik 'n "ma" handskrif Mariette :-).

Ek het sommer geweet jy gaan iets spesiaals hiermee doen Thea - dis baie mooi!

retha said...

Miskien moet die kinders dan wag tot hul ook ma's is dan sal hul dit kan ontsyfer.
Vir my lyk dit ook netjies. Beslis soos iemand wat weet hoe on dinge te doen.

Charmaine said...

Ek stem saam maat... 'n interessante goed georganiseerde handskrif...en ek lees dit maklik...Ons kinders tik... hulle kan nie saampraat nie

Desia said...

Mooi en leesbare handskrif Sandra; ek is nou skaam dat ek myne geplaas het, lyk niks so mooi soos julle s'n nie.

Sandra said...

Retha ek dink nie hulle wou die goed op die lysie koop nie :-)

My kinders het al 3 nie skrif op skool geneem nie - ek's ook nie seker of dit my gehelp het nie.

Dankie dat jy saamgespeel het Desia - ek hoop jy kry jou lysie vandag afgehandel ;-)

Zee said...

Hi Sandra, ek hou van jou handskrif, ek wil ook altyd aanmekaar skryf soos ons maar op skool geleer is, maar jinne, dit vat vir my te lank, want dan probeer ek maar die sagte en harde strokes doen :)