Showing posts with label festival. Show all posts
Showing posts with label festival. Show all posts

Tuesday, July 7

Word mens ooit groot?

Wanneer is mens groot, regtig groot? Ek praat nou nie van vet-groot nie. Om groot te wees bring darem baie verantwoordelikhede en probleme en baie keer is dit lekker om sommer net weer jonk/klein/kinf te wees.


Na ons nag in die hittige water is daar malls wat aangepak moet word en terwyl ons rustig wag vir die winkels om oop te gaan, "entertain" Charmaine en Elriza ons. Ongelukkig is William se foon video kwaliteit nie so goed nie, maar julle behoort die prentjie te kry. Haar nuwe IPhone het ook 'n saamsing en hier demonstreer sy dit.

Page1_2

Vir Elriza is die Festival City mall 'n eerste keer en sy is ook al een wat die hitte aandurf om te gaan kyk na die waterkanaal waar mens met die bootjies kan ry tussen die winkels.


Page2_0

En na ontbyt begin die sports want die kinders (ouderdomme 16, 21 & 24) het net vir Toys R Us in die oog. Dit vat nie lank vir ons om ook aan te steek nie. Die kinders gaan terug op memory lane en herken die prinsesse aan die rokkies wat hang.

Page4_0

Party van ons wil ietsie koop, ander wil net kyk en luister wat die nuwe speelgoed op die mark doen terwyl van ons alles net so beloer.

Page5

Die grootste hit onder die meisies is toe hulle by die Barbie en My Pony rakke en huisies kom. So soek hulle die poppe wat hulle gehad het en wat hulle graag weer wil he, ens. ens. Ek hoef nie te se dat Elriza met haar My Pony van baie jare terug die winkel uitgestap het kamstig as 'n geskenk. Gister staan die ponie in die badkamer wat die hare moet gedoen word -- wie speel nou eintlik hiermee?

Page6

Met die tyd wat ons vir die hele mall beplan het gespandeer in die speelgoedwinkel, doen ons vinnig die res van die sentrum, koop 'n bietije en gaan kuier ook by die Outlet mall vir nog inkopies en middagete. Die kinders voel hulle is nog nie halfpad klaar nie terwyl ons moeg geloop is, dus moet ons vinnig hierdie week voordat hulle terug SA toe weer 'n paar moet kom besoek.

Tuesday, April 29

'n Eerste vir AISA

Ek moet nog ernstig dink wat die voordele van "een" skool maar "twee kante" is. Dis nie 'n nuwe ding nie, want die kinders is al tien jaar hier in die skool, en op vele geleenthede was dit vir ons moeilik om met die segregasie te deel. So kon Nelmari 'n jaar of so terug nie gaan kyk as die seuns 'n wedstryd speel of omgekeerd nie en selfs tydens haar konserte, kon haar boeties nie inkom om haar te sien optree nie. So toe die skool eintlik besluit om iets te reel waar ALMAL kan saamkuier, was dit 'n groot ding en niemand was seker hoe dit in die gemeenskap aanvaar sou word nie.

Daar is besluit op 'n fondsinsameling festival wat saam met die sokkertoernooi (gister se blog) sal val. Die fondse sal gaan vir die oprigting van 'n nuwe skool vir die "special needs children" in Abu Dhabi. Die kinders en onderwysers het regtig hulle hart in die beplanning gesit want baie sou afhang van die "eerste" saam-funksie. Donasies is van maatskappye gevra van ouers van kinders en voor die funksie was daar reeds Dh90 000 in donasies ontvang. Ja julle lees reg, R180 000 om die funksie te begin reel!!

Met die geld is oa tien "karnival" speletjies gehuur waarop die kinders sal kan ry/speel en al die geld wat gemaak word gaan vir liefdadigheid. Hier wag die bul geduldig op die karnival om te begin
Daar was ook speletjies vir die kleintjies. Dit was slegs 'n skoolfunksie en elke kind kon twee gaste bring wie se name vooraf op die lys moes wees. Dus kon niemand wat moeilikheid maak ingelaat word nie.
Een van ons plaaslike hotels die Beach Rotana het die kos geborg. Die tafels word gereed gemaak en almal wag vir die funksie....gaan dit werk?Toe die hekke oopmaak, was dit sommer gou-gou of die kinders stroom in. Ek verkoop speletjie kaartjies en binne die eerste uur moet ons van die geld begin wegvat want die kas word vol. Ons tel eers ....dhs16 000 (R32 000) en die aand is nog lank. Jinne die mense het nie 'n probleem om geld te spandeer nie.

Vir die middelgroep is hierdie stoeiers/boksers die gewildste en nogal snaaks. Die klere is ongemaklik en groot en as mens eers geval het kom jy nie maklik op nie. Die kinders staan tou om hieraan deel te neem.
Die seuns hou van die watersokker en party ouens speel sommer heelparty wedstryde. In die hitte is die water ook lekker.
Meisies en seuns geniet die klimmuur baie en dis die tou wat die tweede langste is by die festival.
Die kleintjies steek ook of probeer die leeu se stert aansteek en hulle geniet dit.
Hierdie ou wag vir iemand om die teiken raak te gou dat hy in die water kan val, maar partykeer het dit bitter lank gevat.


Maar loshande die gewildste was die bul en die toue was vir ewig lank. Hierdie dogter probeer haar bes om bo te bly.
Dis laat aand en ons tel sommer die geld op die grond. Ek weet nog nie wat die insamelingsbedrag was nie, maar dis baie. Wat ek wel weet is dat behalwe vir een of twee ouers wat "gekla" het oor die seuns en meisies saam, was die aand 'n reuse sukses en het die kinders dit vreeslik geniet. 'n Eerste vir AISA maar ek kan julle vertel dis nie 'n laaste nie. Geluk AISA studente en onderwysers, veral Brett (natuurlik 'n Suid-Afrikaner) vir 'n baie goeie funksie.