Friday, July 31

Sy word so groot

Verlede week het ons weer 'n kansie gehad om saam met Jenny te kuier en hier's 'n paar foto'tjies.

Page4

Die meisiekind word groter en langer by die dag en sy kan van 'n ernstige dogtetjie vinnig omskakel na een wat lekker kan lag vir Nelmari se pers pikkewyn.

Page3

My horingoud poppie - seker een van die voorlopers vir Barbie het haar gefasineer en sy het hard probeer en vreeslik gekonsentrer terwyl sy die kleertjies af en aan probeer kry het.

Page2

Ek en Charmaine het vir haar lekkergoed van ons UK toer gebring en sy kry nou eers kans om die Skotsman aan te durf. Dit was lekker..... en alles was swart. Wil nie weet hoe sy gaan lyk as sy vir groen "Nessie" eet nie.

Page1

'n Vorige keer wat sy vir Dawn vasgehou het, was Dawn nog baie klein en nou moet sy ernstig hou aan die gemmer. Dawn het met sagte pootjies die optellery maar verduur en so vir die klein meisiekind groot vreugde verskaf. Was lekker om weer saam met een van die Abu Dhabi "kleinkinders" te kuier en ook vir haar die geleentheid te gee om bietjie met een van die troeteldiere in die huis te speel.

5 comments:

Jan and Miekie said...

Wat 'n dierbare dogtertjie. En wat 'n oulike, gedienstige kat! Jy lyk na 'n lekker bederfouma! Dit lyk asof julle die kleinding baie geniet het.
(Ek gaan probeer om my epos in te vul vir die Storieman C.D's)

Charmaine said...

Sy is darem maar 'n oulike klein aspatat. Ek is so bly sy het die lekkers geniet...en jy is oulik om te onthou daarvan maat. Ek sou dit tien teen een vergeet het.

Sandra said...

Ons geniet dit altyd as die kleingoed kuier Miekie. Ek het jou epos geantwoord, hoop jy ontvang nou.

Hoe kan mens vergeet maat, dit loer my in die oe elke keer :-). Maar sy het dit geniet.

Nimsi se Blog said...

Sy is regtig n mooi ou meisietjie - die ouma ding van julle maak my steeds GROEN!

Sandra said...

Dis nog nie die ware Jakob nie Nimsi maar die oefen is ook lekker :-)