Thursday, July 16

So vir oulaas

Vir die wat gereeld hier lees weet my blog is hoofsaaklik 'n "foto-dagboek" van wat ons hier in die vreemde doen. Julle sou ook gelees het van die plekkies wat ek en die kinders die laaste paar dae besoek het. Charmaine se Elriza is alreeds terug huis toe en William vlieg vanaand, dus moet ek so bietjie die laaste paar goed begin vasvat in die inskrywing. Ook sommer vir my rekord vir wanneer ek nie meer in hierdie hittige plek is nie en tans voel dit vir my sommer om die draai.

Page7_0

Na die heerlike besoek aan die akwarium en waterorrel was dit tyd vir koffie drink want almal was lekker warm en moeg. Kyk net daai oulike teepot waarin die tee bedien word.

Page6_1

Ons mag dalk moeg by die mall gewees het maar terug by die blyplek het hulle tweede asem gevang. Die "kinders" speel met hulle speelgoed wat hulle by die akwarium gekry het en later gee Elriza en Charmaine 'n diere-vertoning.

Page4_1

Die volgende dag is my gunsteling mall in Dubai, Ibn Battuta, aan die beurt. Ek het al honderd keer oor dit geblog so net 'n paar klein foto'tjies van ons ontbyt restaurant. Dink julle nie dis 'n mooi plek om ontbyt te geniet nie?

Page3_1

Die winkel is nog stil en die kinders maak seker dat daar by elke winkel met 'n rooi "sale" bordjie ingeloop word. Die slegte ding van hierdie mall is dat mens nooit voel jy shop nie, mens voel dit net aan jou voete en die sakke in jou hande.

Page1_2

Nie lank nie of die kinders loop in een van die gangetjies af agter die speelgoedwinkel aan. Hulle het van daai spieels waar mens anders lyk en hulle spandeer bietjie tyd daar. Elriza vryf die koei en Nelmari soek onmiddelik die Leeu vir die skool-Lions op.

Page2_1

William stel nie baie belang in die speelgoed nie en praat liewers met Tessa in SA. Die meisies kuier by die kameel en kameelperde.

img021

Net om bietjie gewoond te raak aan die koue met die teruggaan het William ook gaan snowboard. Jy moet die koue geniet seun en ek weet jy gaan gou-gou wens vir 'n bietjie van hierdie hitte.

17 comments:

Thea said...

Waar is die video van die diere-vertoning Sandra? Ek wonder wat die "diere" vir mekaar te sĂȘ gehad het!
:-)

Die interieur is lieflik van die ontbytplekkie!

Ek hou van Nelmari se nuwe korter haarstyl - dit pas haar! En William... sterkte met Bloemfontein se koue wat vir jou wag!!

Sandra said...

Ai Thea hoe het jy geweet ek het 'n video daarvan :-)

Thea said...

Sandra, ek ken jou ook al teen die tyd! :-) Gaan ons dit te siene kry?

Anonymous said...

Ek is net elke keer verbaas oor hoe modern en luuks die plekke daar is.

Is jy net moeg vir die 'hell hole' of gaan julle dalk regtig weg?

Sandra said...

Mens kan altyd 'n plan maak om dit te wys Thea :-).

Boendoe dis modern en luuks maar nie sonder probleme soos enige ander land.

Ons is al vir weke sonder AC in die hitte en dis besig om my onder te kry en te laat dink aan weg ja.

Ronelle said...

Wanneer jy nie meer in daai hittige plek is gaan ons darem lekker kuiers inhaal in die Kaap..

Ek was juis gister by Hermanus en toe Dassiesfontein - natuurlik!
;-)

Jan and Miekie said...

Dankie vir jou interessante joernaal! Jy verbreed my horisonne! Wat is dit van weggaan? Rerig?

Sandra said...

Verseker Ronelle dan hoef mens dit nie meer in 'n dag of 3 af te jaag nie.

Miekie as ons aircon het en ek dalkies vir 'n dag of 4 iewers kan vakansie in koue voel ek dalkies beter ;-)

Nelmari said...

I agree. I think we should go some where cold for a few days :D

Desia said...

Wel, julle is welkom hier by ons in Winnipeg Manitoba, waar dit veronderstel is om midsomer te wees. Is maar aan die koel kant, 14C vanoggend en darem 16C nou! Nie dat ek te veel omgee nie, maar mens wil darem kan kla oor hoe vreeslik warm dit is, een keer 'n jaar, anders is dinge nie normaal nie!
Hoeveel irriterende goggas het julle daar? Met die hitte seker nie te erg muskiete nie? Ek dink Manitoba is omtrent die muskiethoofstad van die wereld, een van baie tipes insekte wat ons ook hier in die somer pla, mens sou dink die goed sal nie die winters oorleef nie, maar kom somer is hulle terug in swerms!

Anonymous said...

Ek is absoluut mal oor jou blok ontwerp! Hoe kry jy jou fotos so geblok?

Anonymous said...

Ek wil jou nie nog meer depressed maak nie, maar kan ek jou maar tag?

http://bashinginnieboendoes.wordpress.com/2009/07/16/griffel-geheime/

Sonder AC?? Innige simpatie. Regtig.

Charmaine said...

Dankie maat vir die baie groot bederf tydens Riza se kuier. Dit was lekker om te werk deur die dag en dan die middag aand saam met julle te kuier en "konsert" te hou..

Nimsi se Blog said...

(((Sandra)))
Sterkte met die hitte! En en dink aan jou en Charmaine met die kinders wat "huistoe" is.

Sandra said...

Ek stem sussie :-)

Desia om bietjie daar na die koue te kom klink lekker maar ek dink die visa vereistes vir Canada is seker is ysliks.

Dankie Paula ek gebruik die Wondershare programme. Hulle is so verbruikersvriendelik en vir my wat lief is om foto's te gebruik maak dit dit makliker. Natuurlik ook vir die oopmaak en lees.

Sandra said...

Boendoe ek sal werk van die "tag" maak - het gedink tag het 'n stille dood gesterf.

Julle "konserte" was goed maat :-)

Dankie Nimsi, so goed om van jou te hoor! Sterkte daardie kant ook.

retha said...

As ek so na die 'uitstappie' geleenthede kyk kan ek sien mens se bank rekening is die enigste wat dit sal sien as inkopies.