Tuesday, July 28

Kinders word weer klein

Daar is nog 32 skoolvakansiedae oor en nog steeds geen ysie in die huis nie. Moet se dis ietwat koeler in my studeerkamer. Met die waaier en "portable ac" aan, kry ek darem nou 'n kamertemperatuur van 30. Oor die humiditeit se ek niks. Mens kan dink jy kan alles doen en weet van alles maar 'n Arabier wat nie geld wil uitgee nie, sit jou ore aan. So wag, wag ons .... dis nou tensy enigiemand my wil nooi om te kom kuier!?

Die pad tussen Pretoria en Johannesburg was lank en ek onthou twee klein seuntjies agter in die bussie, elkeen met sy walkman en boekie besig om te luister na Storieman. Of in die bed reg vir die aand met die bandspeler aan besig om te luister na Storieman. Later het Nelmari ook bygekom en saam geluister. Ek weet nie hoeveel van julle se kinders het daarna geluister of wie self daarmee grootgeword het nie, maar Storieman was spesiaal en die bandjies wat nog nie deurgeluister was nie saam met die boekies is mooi weggebere vir die kleinkinders eendag.

Page1

Nooit gedink aan bandspelers wat dalkies nie meer gaan "in" wees nie - totdat ek raaklees dat daar ‘n beperkte Storieman reeks op CD beskikbaar is. Die kopiereg op die reeks het verval en daar sal nie weer ‘n reeks op enige manier gedruk word nie. Wat ‘n verlies, maar groot vreugde omdat ek darem nog ‘n CD-reeks in die hande kon kry! Daar is nie eers meer ‘n volle stel in Engels of Afrikaans van die boekies beskikbaar nie, maar gelukkig het ek nog die ou stel iewers in ‘n boks en sal so die hele reeks van 30 in Afrikaans en ‘n halwe reeks in Engels kan he. Maar ek het die volle reeks CD's.

Page2

Die reeks het ons kinders ‘n bietjie van alles geleer. Daar was die ou bekende verhale soos Van Hunks en Sy Pyp, heldeverhale, Tommie en sy Orkes waar die kinders van instrumente geleer het, leer van liedjies in ‘n ander taal en dan ook die groot treffer Gobbelina die Swart Kat. Onthou julle?

DSC_0019

Die kinders het baie van die stories onthou met die deurblaai en luister. Party van ons, sal nie name noem nie, het selfs opgevang om Storieman op die CD in die motor te luister.


DSC_0020

My stertjie waai omdat ek nou weer ‘n reeks het en sien uit daarna om die kleintjies wat kom kuier en miskien later die kleinkinders – voordat die tegnologie weer verander – te laat luister na die stories.

22 comments:

Lucy said...

Jaloers is ek nou.

My twee oudstes het ook met Storieman grootgeword. Ek het nie gedink ek sal weer 'n bybie he nie, en het dit weggegee. :-(

Dit was regtig iets besonders.

Sandra said...

Kan jy dit nie gaan terug vra nie? :-). Seker Pieter sou die stories baie geniet het.

Nimsi se Blog said...

Hoe LEKKER dink ek nou terug aan die genotvolle "uurtjies" wat ek en Marius saam met die Storieman deurgebring het...
Ek kan regtig nie onthou wat van Marius se reeks geword het nie, moontlik ook aangegee vir n ander kind...

Pa-van-die-bandiet-seun said...

Nou ja, wys jou net hoe reg die' "ouma" is vir daai kleinkinders!

Tot Storieman is al opgelyn, reg vir die volgende geslag. Hoop net my #2 seun se hare is darem al ietwat langer, nie 'n wonder die man kry so koud daar in Bloem nie.

Sandra said...

Nimsi jy sal daai reeks moet soek vir die kleinkinders - dis nou 'n collectors item!

Storieman, Liewe Heksie, Heidi en al daai reekse is reg vir die kleinkinders. Ek dink William se hare is nie uit eie keuse so kort nie.

Anonymous said...

Gits, waar het jy die CD's gevind Sandra. Ek het nou mos 'n kleinseun wat dit sal geniet.

Marietjie

Ronelle said...

Sandra, ek nooi jou om die koue saam met my te kom geniet!! Kom kuier!!

Die naweek was ons Oudtshoorn toe en soggens 09h30 was dit 2grade(het foto geneem as bewys!! ja ja ek sal die foto's aanstuur!!)
En die Swartberge was vol sneeu...

In my motorhuis is 'n hele houer vol van al my kinders se kinder storieboeke. Reg vir my kleinkinders!!

Sandra said...

Marietjie laat my jou epos adres kry dan stuur ek vir jou die inligting.

Dankie vir die uitnodiging Ronelle ek's baie lus en neem dit aan. En dankie vir die foto's hulle is pragtig, sal hulle op die familieblog sit.

As die boeke en alles reg is, wat's die probleem, ek sal vir Monique moet laat weet.

Jan and Miekie said...

Oe Sandra! ((( )))! My kinders het ook met Storieman grootgeword en die hele reeks is veilig weggebere - maar natuurlik is die bandjies nie vir vandag se tegnologie beskikbaar nie. Ek wil bittergraag die C.D's kry - waar Vriendin, waar? My kleinkinders is nog klein, maar hulle groei sou vinnig en gaan die stories kort voor lank geniet.

Jan and Miekie said...

Hiers my epos adres: miekiebreytenbach@yahoo.co.uk (Moenie my vra hoekom dit uk is nie, maar dit is.) Groete M

Sandra said...

Miekie die epossie met die inligting is gepos hoop jy kom reg.

James said...

Leane skree hier oor my skouer dat sy ook die stories onthou en ek onthou dit beslis. As mens nog van die stories in jou kop kan onthou dan dink ek beteken dit party van ons het dit te veel geluister!!!

retha said...

Ek ken glad nie vir Storieman nie. Miskien is ek te oud en my kind te jonk. Gelukkig kon ek darem die stories herken wat daar in die prentjie is.
Ek sal graag Heidi en Liewe Heksie wil he. Het jy dalk ook n adres vir dit, Sandra?

Charmaine said...

Ek het self heerlik sit en luister na al die stories al die pad tussen Dubai en Abu Dhabi en my verbeel my kinders sit om my en ons luister saam.... soos toe hulle klein was. Die stories is pragtig en die taal so mooi en suiwer.

Sandra said...

Dit beteken net die stories was goed seun :-)

Retha ek het Heidi en Liewe Heksie sommer by Kalahari.net bestel maar ek's seker sekere van die dvd plekke in SA sal dit ook verkoop

Het jy Gobeliena ook geluister maat :-)? Die pad moes baie korter gewees het met die stories.

Anonymous said...

My epos adres: wagner74@emirates.net.ae

Dankiesê

Marietjie

Desia said...

Ag Sandra, kan jy vir my ook die inligting ivm die Storieman CD's stuur asb? Ek het ons reeks 'n paar jaar gelede ook weggegee-nooit eens gedink aan kleinkinders nie! Miskien kan ek dit nou terugvra, ek dink die gelukkige onvangers van ons reeks is nou al almal in die skool.

Maar waar kry mens nou weer 'n kassetspeler in die hande? O wel, al kry ek dalk net die boekies terug en dalk 'n nuwe stel CD's.

Laas toe ons in SA was het ek 'n paar Heidi DVD's gekoop en al het die kinders vreeslik gespot, het hulle ewe lekker saamgekyk en gesing!
Wie onthou nog vir "Brakkenjan"? Dit was ook een van hul gunstelinge.
My epos adres: jolist@mts.net

Sandra said...

Marietjie hoop jy het my epos ontvang?!

Ek stuur vir jou ook Desia en ja ek onthou Brakkenjan baie goed, dit was een van James se gunstelinge!

Unknown said...

Hi Victor Loftie-Eaton hier... Ek was opsoek na die reeks op die internet en kry toe die webwerf... Ek wil baie graag die reeks vir ons nuwe byvoeging tot ons familie koop maar ek is befrees dat teen die tyd dat sy daarna sal luister en dit sal kan verstaan sal CD's ook die selfde pad as die kasette geloop het... Dit is vir my 'n baie hartseer saak want ek het groot geword met Storieman en het letterlik die bande stukkend geluister... Kan iemand nie die stories elektronies beskikbaar stel sodat mens die kan "download" nie???? Groot Seblief!!!!

Stellajo said...

Ek het vandag my Storieman Omnibus 1 & 2 ontvang hier in Australië, ek was baie omgekrap nadat ek dit vinnig deurgegaan het, my gunsteling storie Gobbelina is nie daarin nie.
Ek wou dit so graag vir my kinders speel.
Ek sal ook hou daarvan as iemand die ou boeke dalk kan scan en die bandjies op mp3 beskikbaar kan stel.
Ek vra ook GROOT ASSEBLIEF!!!!
My epos adres is joubert2j@iinet.net.au
Vriendelike groete

Unknown said...

Hi

Kan jy asb met my kontak maak ek het ook die reeks van 30 boeke en "Tapes". My probleem is ek sien dat ek een van die tapes nie meer het nie. Is dit moontelik om die cd's te 'copy' vir my of hulle na mp3 toe oor te dra en ek sal self hulle na cd toe skryf. Groot asb ek wil graag he my kinders moet na die stories luister soos ek gedoen het toe ek klein was. Email my gerus na fhaasbroek@gmail.com Dankie

Franco Haasbroek

Winnette said...

Dagsê, ek sien dis laaaaaank gelede se posts. Ek het ook die hele reeks toe gekoop in 2009, maar die cds is bitter swak... Ekt nie deur almal gewerk nie, was sommer teleurgesteld en gelos. Maar het vandag 2021, dit weer die boekies uitgegrawe.. Ek sal nou maar MOET elke cd luister. Ek wil net hoor is van jou cds ook swak? Ekt nog my kwitansie, ALS het my daaityd R1700 gekos!! My 2e kind begin nou leer lees, so nou grawe ek uit... Die reeks bestaan uit vele Afr, maar die wat onbeskikbaar in Afr was, het ek die Eng boeke gekry, en dan kan ek die res print wat hul op cd gelaai het... So darem het ek die hele reeks op skrif.. Sal maar daai cds moet luister, hopelik is dit nie ALS so bitterlik swak kwaliteit nie..