Wednesday, July 22

Ander dinge ook by die fees

Soos ek reeds gese het is die doel van die dadelfees om oa die dadels van die land te bemark en die mense aan te moedig om dit wat eie is aan die land te bevorder en te bemark. Alhoewel die ouens op Farmtown die palmbome net as versierings gebruik :-), het hierdie ouens 'n gebruik vir die hele boom en nie net die dadels nie. In een van die tentsale was daar klomp stalletjies en alhoewel dit almal dieselfde gelyk het, het elkeen op sy manier gewys wat hulle met palmtakke, en blare ook kan maak. Van die interessante produkte was natuurlik mandjies, waaiers (vir watter hitte?), plekmatjies, stoele, staanders, sandale/pantoffels en huisies wat pophuise of voeltjie-huisies kan wees.

Page3_0


Natuurlik het ons "shopper" van die dorp seker gemaak sy koop 'n produk of drie. Maat beslis sal daai dadelbolletjies in klapper veilig wees by my. Daar was ook 'n kompetisie waar kinders/volwassenes skaalmodelle moes maak om tradisies van die land uit te beeld en hier het ons nogal 'n tydjie vertoef en gekyk.


Page2_0

Kyk tot die koffiekannetjies lyk soos regtes. Die foto onder regs beeld 'n skool uit waar die kinders die koran leer en kyk hoe mooi sit die poppe met die witrokke eenkant van die poppies met die swart. Nelmari het onmiddelik opgemerk dit lyk soos Aisa (hulle skool waar seuns en dogters nog steeds apart skoolgaan).


Page1_0

Hier beloer Charmaine en Nelmari van die uitstallings. Die uitstalling bo in die hoek was een wat die moderne en oudtydse deel met 'n brug in die middel uitbeeld. My storietjie is amper klaar maar ek moet gou vertel van die badkamer geriewe. In 'n tent in die woestyn kan dit nie te great wees nie. Na lang soektog kry ons een net om weggewys te word met die woorde "toilet finish". Met groot nood kan mens nie regtig dink nie, maar later het die lig aangegaan en ons het besef dat die watertenk leeg is en die toilette nie kan spoel nie.


Page4_0

Daar was ook 'n groot tent waar die kinders kon speel. Allesia het Nelmari lekker besig gehou op die springkasteel en daai klein Arabiertjie met sy tradisionele klere was te oulik. Die gewilde arabiese kinder tv karakters waarvan ek al vertel het, was ook daar om die stout arabiertjies te probeer besig hou.


Page1


Aangesteek deur my shoppersvriendin het ek vir my 'n regte weduwee-kruik gekoop wat water lekker kan koud hou. Kyk net die mooi skepbeker wat daarmee saamkom. Die dadels het ek vandag vir jou gekoop Ronelle, en ons sal dit vinnig by jou moet kry want Dawn hou ook daarvan :-).

11 comments:

Ronelle said...

yyiiippppeeeeee!!!!
ek kry dadel sjoks!!
BAIE opgewonde ;-)

Charmaine said...

Daardie mandjie wat ek gekoop het het sommer onmiddelik handig te pas gekom en my weduwee kruik is reeds vol water maar lek vir die eerste plek... :-) Dalk te poreus, maar ek sal 'n plan maak. Die water wat uit hom kom is heerlik koud. Op die oomblik gee ek net die plante water uit die kruik.

Anonymous said...

Die skepbeker is soooo mooi! Sandra, moenie haastig wees om terug te kom nie, missing aircons of te not. Julle het tog baie fun daar!

Sandra said...

Noe hoe kry ons dit by jou Ronelle?

Ja maat jou mandjie het my ook handig te pas gekom. Lyk daai kruik baie? Wonder of myne ook sal lek.

Dis nou wat mens 'n arabiese blikbeker noem Boendoe. Ek weet dis nou 'n moeilike tyd vir baie van julle met die geweld, sterkte daarvoor. Wanneer weet ek nie, maar teruggaan dit sal ons doen.

Charmaine said...

Ja dit lek maat...stadig maar defnitief. Ek het 'n bakkie onder hom gesit. Dalk sal dit minder lek as die klei lekker deurweek is van water en goed uitgeswel is...

Nelmari said...

Don't worry mom...just two more years and we can go back! :P
Then we will have to catch up with the family (especially someones cousin!)and I'm sure our bags will be full of dates.

Sandra said...

Mens moet dit mos met water seel is dit ni maat?

Van wie praat jy sussie? En hoekom sal ek wat nie van dadels hou nie so baie dadels terugneem?

Ronelle said...

Nelmarie praat van jou dadel-mal-niggie!!
Jy gaan vir my die dadels bring!!

Ronelle said...

Maar voor dan moet jy 'n niggie-reunie in Dubai/Abu Dhabi reel....

Sandra said...

Ooo ek sien Ronelle, ek sal volgende keer nog meer dadels bring wat jy kan wegsteek en skelmpies eet :-).

Wat die reunie betref mag die niggie een dalk moeiliker wees as om 120 mense gereel te kry, maar dit sal lekker wees!!

retha said...

Daardie foto met die twee vlae het my eers and die drie kleur herinner en toe laat dink aan Dingaan se kraal.
Die skaal modelle is baie mooi/goed gedoen.
As jul weggewys is a.g.v die water beteken dit jul hoef seker nie 'bak' te staan oral waar jul die fasiliteit wil gebruik nie.