Friday, July 24

Sal sjokolade ooit weer dieselfde wees?

Almal weet dat die kameel die dier van die UAE en ander Arabiese lande is, so dis niks snaaks om kameelmelk tussen die ander melk op die winkelrakke te sien nie.

Kameelmelk 003

Toe kameelmelkskommel sy verskyning maak moes mens begin mooi kyk wat jy neem wanneer jy melkprodukte wil koop. Was ook groot pret om die kinders dit te laat proe hier en selfs vir kuiermense te voer hier. Nou het die mense dit nog 'n stappie verder gevoer. Einde verlede jaar was daar 'n opskrif "Camals, ships of the desert, are now sailing onto desserts as well". Sjokolademakers (wat's die regte naam) het twee jaar gewerk aan hierdie sjokolade wat op die internasionale mark kan meeding. Jip, kameelmelk sjokolade!

camel_01_4

Al die bestanddele kom van die Camelicious plaas - 'n plaas met 3000 kamele en die enigste plaas wat gewaarborgde kwaliteit kameelmelk verkoop word hier. Die sjokolades kom in verskillende geure met dadels (kan mens dit nou geraai het), neute, lemoen, donkersjokolade (sal dit nou die swart kamele wees :-)) en volroom kameelmelk. Daar is ook die praline reeks waar die sjokolade gevul is met nougat, koffieroom en pistachio. Hulle se dat kameelmelk baie gesonder is as koeimelk. Dit 'n 5x meer vitamiene C, minder vet en uitstekende produk vir diabete.

camel_04_4

Maar moenie dink dat die sjokolade beskikbaar gaan wees vir elke Jan Rap en maat nie - ooo nee in 'n maand van nou af word die eerste sjokolades in die mark geloots en sal dit te koop wees by die winkel by die plaas en van die luukse hotelle. Een van die malls in Dubai sal ook 'n winkel he en hulle beplan een winkel in elke emirate. Uitvoer na Japan, Europa, ander Arabiese lande en selfs Amerika is in die pyplyn. Omdat dit 'n eksklusiewe produk is, sal dit in geen supermarkte beskikbaar wees nie.

Of ek dit ooit sal proe? Ek weet nie, maar dat ek dit vir mense sal gee om te proe, dis waar!

6 comments:

Mariette said...

Dit lyk baie lekker.
Kom ons hoop dat 'greed' oorneem en hulle dit tog aan ons jan rappies gaan beskikbaar maak....

Ons drink ook van tyd tot tyd die kameel melk. maar, meer vir die snaaksegeid daarvan.

lekker naweek

Thea said...

Ek het bietjie gaan naslaan Sandra en ek sien dat kameelmelk geskik is vir mense wat laktose intoleransie en diabetes het.

Of hulle sjokolade gaan kan kers vashou by die Belge en die Switsers s'n?? Ek twyfel... Dit sal nietemin interessant wees om te proe hoe dit smaak!

Sandra said...

Ons kan mos maar by een van die dure winkels gaan koop sou ons wil proe Mariette :-)

Volgende keer bring ek vir jou een ok Thea :-)

Charmaine said...

Ek weet ek sal die een wees wat moet proe ne maat.. maar dis reg, ek sal. Dalk moet ek oorslaan na kameelmelk. Soos aan alles sal mens seker ook aan die smaak gewoond kan raak. Maar aan die ander kant wat maak mens dan as jy nie meer koeimelk wil drink nie en jy is in Suid Afrika?

Nimsi se Blog said...

Vra ek ook Charmaine...
Ai Sandra, ek word slim hier by jou jong!
Willie vra of die sjokolade ook geskik is vir diabete?

Sandra said...

Hoe het jy geraai maat, natuurlik sal jy dit moet proe. Wat die kameelmelk in SA betref is ek seker dat hulle dit gaan begin uitvoer.

Hi Nimsi. Volgens die mense is dit geskik vir diabete. Ons sal volgende keer vir julle almal 'n proe kameel meot bring :-)