Verlede week het ons weer 'n kansie gehad om saam met Jenny te kuier en hier's 'n paar foto'tjies.
Die meisiekind word groter en langer by die dag en sy kan van 'n ernstige dogtetjie vinnig omskakel na een wat lekker kan lag vir Nelmari se pers pikkewyn.
My horingoud poppie - seker een van die voorlopers vir Barbie het haar gefasineer en sy het hard probeer en vreeslik gekonsentrer terwyl sy die kleertjies af en aan probeer kry het.
Ek en Charmaine het vir haar lekkergoed van ons UK toer gebring en sy kry nou eers kans om die Skotsman aan te durf. Dit was lekker..... en alles was swart. Wil nie weet hoe sy gaan lyk as sy vir groen "Nessie" eet nie.
'n Vorige keer wat sy vir Dawn vasgehou het, was Dawn nog baie klein en nou moet sy ernstig hou aan die gemmer. Dawn het met sagte pootjies die optellery maar verduur en so vir die klein meisiekind groot vreugde verskaf. Was lekker om weer saam met een van die Abu Dhabi "kleinkinders" te kuier en ook vir haar die geleentheid te gee om bietjie met een van die troeteldiere in die huis te speel.
Daar word groot bekers tee weggeslaan en ons eet baie lekker aan 'n "old granny's breakfast" (roereier met roosterbrood en konfyt).
Dan moet ons gaan juwele koop, want dogtertjies moet juwele he en ons rus 'n bietjie om op te tof. Hier is nou nie tuine wat feetjies in het nie, so ons leer van met feetjies speel met lekker felt feetjies wat mens aan kan trek. Emily veral was mal daaroor terwyl Jenny die juwele geniet het. 
Weereens dankie vir die mammas dat ons met hulle kon kuier. Ons het dit baie geniet!