Drie jaar terug op 10 Februarie het 15 persone in Dubai die eerste Afrikaanse diens van die Afrikaanse Gemeente in die UAE bygewoon en vandag is daar groot verjaarsdagpartytjie gehou. Die bedieningspunte van die gemeente is Dubai, Al Ain, Abu Dhabi, Sharjah (een Afr en een Engels) en vandag trek ons in Sharjah saam. Ons moes geweet het hier kom 'n ding wat oppad stop ons by die Adnoc (soos Ultra City by die huis) vir 'n koffie en jy hoor orals net Afrikaans. Buitekant staan die motors en die mense begin al klaar oor en weer kuier voordat ons nog naby Sharjah is.
Ons moes geweet het hier kom 'n ding wat oppad stop ons by die Adnoc (soos Ultra City by die huis) vir 'n koffie en jy hoor orals net Afrikaans. Buitekant staan die motors en die mense begin al klaar oor en weer kuier voordat ons nog naby Sharjah is.  Nou Sharjah is nie een van die maklikste Emirate om in te bestuur nie en wat sal ons sien toe ons die "dorp" binnery - hierdie man (wat terloops nie Afrikaans kan praat nie) met 'n bordjie wat die rigting aanwys. Hy's ene glimlag en geniet elke motor wat afdraai en vir hom waai.
Nou Sharjah is nie een van die maklikste Emirate om in te bestuur nie en wat sal ons sien toe ons die "dorp" binnery - hierdie man (wat terloops nie Afrikaans kan praat nie) met 'n bordjie wat die rigting aanwys. Hy's ene glimlag en geniet elke motor wat afdraai en vir hom waai.  Kyk bietjie wat staan op die bordjie en dit in 'n Moslem land! Dit gons soos die mense bekendes raakloop. Ek kry kans om met die oulike Lotman tweeling te kuier en hulle bietjie vas te hou en loop selfs familie raak! Ronelle die foto van Monique het ongelukkig bietjie geblurrrrrrrr.
Kyk bietjie wat staan op die bordjie en dit in 'n Moslem land! Dit gons soos die mense bekendes raakloop. Ek kry kans om met die oulike Lotman tweeling te kuier en hulle bietjie vas te hou en loop selfs familie raak! Ronelle die foto van Monique het ongelukkig bietjie geblurrrrrrrr.  Ons begin later as beplan maar dit vat 'n tydjie om al 600 mense rustig te kry. Ja kan julle glo ..... 600 Saffers by 'n kerkdiens in die UAE.
Ons begin later as beplan maar dit vat 'n tydjie om al 600 mense rustig te kry. Ja kan julle glo ..... 600 Saffers by 'n kerkdiens in die UAE. 
Ons begin met lofprysing en alhoewel ek nie 10% van die atmosfeer kon vasvat nie, luister net 'n bietjie hierna. (ns hierdie video lyk my wil nie oopmaak nie, sal dit weer oplaai - netwerk net soooo stadig nou) Ek's daarna betrokke by die kinders en ons het 'n wonderlike klomp kinders wat kom saam deelneem aan die versie-boeresport. Meer daaroor op die kindergroep blog later die week.
Ek's daarna betrokke by die kinders en ons het 'n wonderlike klomp kinders wat kom saam deelneem aan die versie-boeresport. Meer daaroor op die kindergroep blog later die week.  'n Mooi klompie tieners sing vir die kleintjies 'n liedjie (Nelmari in die middel). Ek sien uit daarna om hierdie klomp jongmense op ons jeugkamp later die maand te he.
'n Mooi klompie tieners sing vir die kleintjies 'n liedjie (Nelmari in die middel). Ek sien uit daarna om hierdie klomp jongmense op ons jeugkamp later die maand te he.  Terwyl die diens en speletjies aan die gang is, is daar 'n paar mense wat swoeg in die woestynsand om oor die spitbraai (daar was heelwat skape) en rooster (lekker tjops en boerewors) ogie hou.
Terwyl die diens en speletjies aan die gang is, is daar 'n paar mense wat swoeg in die woestynsand om oor die spitbraai (daar was heelwat skape) en rooster (lekker tjops en boerewors) ogie hou.  Die afdakkies en stoele van baie is al uitgepak en gereed vir die groot eet en kuier na die diens.
Die afdakkies en stoele van baie is al uitgepak en gereed vir die groot eet en kuier na die diens.  Ek het nie foto's van die kosrye en kos geneem nie, maar kan net se dat almal se borde lekker volgelaai was en daar is 'n hond uit 'n bos of is dit 'n kameel uit 'n duin uit gekuier. Die sandmense is ook terug van hulle vakansie en lyk hulle nie uitgerus nie?
Ek het nie foto's van die kosrye en kos geneem nie, maar kan net se dat almal se borde lekker volgelaai was en daar is 'n hond uit 'n bos of is dit 'n kameel uit 'n duin uit gekuier. Die sandmense is ook terug van hulle vakansie en lyk hulle nie uitgerus nie?
 
 
 Maar dit was nie altyd so nie, want al is hier die mooiste fonteine, is dit 'n woestyn! Die ou sheikh het 'n groot rol gespeel in die "groen maak" van Abu Dhabi toe daar vroeg hy in bewind gekom het, begin is met die aanplant van bome orals.
Maar dit was nie altyd so nie, want al is hier die mooiste fonteine, is dit 'n woestyn! Die ou sheikh het 'n groot rol gespeel in die "groen maak" van Abu Dhabi toe daar vroeg hy in bewind gekom het, begin is met die aanplant van bome orals. Maar dis nie net vir plant en laat staan nie, want elke blom of boom wat hier geplant word, kry sy eie persoonlike sproeiertjie wat sorg vir water regdeur die jaar. Eers word die grond bewerk, dan kom die besproeiingstelsel en dan die boom, struik of blom.
Maar dis nie net vir plant en laat staan nie, want elke blom of boom wat hier geplant word, kry sy eie persoonlike sproeiertjie wat sorg vir water regdeur die jaar. Eers word die grond bewerk, dan kom die besproeiingstelsel en dan die boom, struik of blom.  En indien nodig word hulle lekker warm gehou en beskerm sodat hulle mooi groot en sterk kan groei. Ek sal moet jok as ek in al my tyd hier meer as 'n handvol dooie bome gesien het. Ek dink regtig ek het nog net 'n gat gesien waar een uitgehaal is.
En indien nodig word hulle lekker warm gehou en beskerm sodat hulle mooi groot en sterk kan groei. Ek sal moet jok as ek in al my tyd hier meer as 'n handvol dooie bome gesien het. Ek dink regtig ek het nog net 'n gat gesien waar een uitgehaal is.  Op hierdie spesifieke strandjie moes ons sonder skaduwee toe die boompies klein was, en later lekker skaduwee toe hulle groter geword het. Nou is al die bome en struike baie groot.  Kyk bietjie
Op hierdie spesifieke strandjie moes ons sonder skaduwee toe die boompies klein was, en later lekker skaduwee toe hulle groter geword het. Nou is al die bome en struike baie groot.  Kyk bietjie  Maar vir al die groenigheid en besproeiing is water nodig en Abu Dhabi wat 90% woestyn is, het nie juis natuurlike waterbronne nie.  En weet julle wat nog?  Met die warm weer wat ons hier kry, het die UAE die hoogste "water consumption per capita" in die wereld in  2006 gehad, en die aanvraag word net meer en meer.
Maar vir al die groenigheid en besproeiing is water nodig en Abu Dhabi wat 90% woestyn is, het nie juis natuurlike waterbronne nie.  En weet julle wat nog?  Met die warm weer wat ons hier kry, het die UAE die hoogste "water consumption per capita" in die wereld in  2006 gehad, en die aanvraag word net meer en meer.   En water is nie goedkoop hier nie!  So waar kom dit vandaan? Die meeste van die water wat ons elke dag gebruik kom van seewater wat deur 'n streng proses van ontsouting en ontsuiwering gaan.
En water is nie goedkoop hier nie!  So waar kom dit vandaan? Die meeste van die water wat ons elke dag gebruik kom van seewater wat deur 'n streng proses van ontsouting en ontsuiwering gaan.    Vir die bome, blomme en fonteine word water gebruik wat vir die tweede keer hergebruik en deur 'n suiweringsproses gaan.  Die slim mense se met die geweldige groei in die UAE sal die land slegs 24 uur water he as een van daardie aanlegte moet stilstaan.  Daar word ook water so 60 myl van die kus in die Liwa woestyn gepomp sodat die woestyn as watertenk dien om eendag as dit nodig is, die water weer te kan uitpomp vir gebruik.
Vir die bome, blomme en fonteine word water gebruik wat vir die tweede keer hergebruik en deur 'n suiweringsproses gaan.  Die slim mense se met die geweldige groei in die UAE sal die land slegs 24 uur water he as een van daardie aanlegte moet stilstaan.  Daar word ook water so 60 myl van die kus in die Liwa woestyn gepomp sodat die woestyn as watertenk dien om eendag as dit nodig is, die water weer te kan uitpomp vir gebruik. En as mens dan eers begin grawe in die ou goed, weet mens nie waar om te begin wys nie. Nou dwaal ek al weer van die fontein af, maar ek moet julle dit ook wys - met die aanplantings om die dorp groen te kry was daar orals in die dorp sulke draadbome.
En as mens dan eers begin grawe in die ou goed, weet mens nie waar om te begin wys nie. Nou dwaal ek al weer van die fontein af, maar ek moet julle dit ook wys - met die aanplantings om die dorp groen te kry was daar orals in die dorp sulke draadbome.  Die raamwerk was van draad en dan was daar sulke gate in waar hulle dan blomhouertjies met blomme ingesit het en dit het gelyk soos 'n boom vol in blom. As 'n houer blomme dood gaan is dit net eenvoudig met 'n nuwe houertjie vervang en die boom was altyd mooi groen.
Die raamwerk was van draad en dan was daar sulke gate in waar hulle dan blomhouertjies met blomme ingesit het en dit het gelyk soos 'n boom vol in blom. As 'n houer blomme dood gaan is dit net eenvoudig met 'n nuwe houertjie vervang en die boom was altyd mooi groen.  Besoekers is gewoonlik die boom by die ou Breakwater gewys waar ons altyd net 'n foto moes neem. Terug by die fonteine. Behalwe vir die parke was van die mooiste fonteine langs die ou Cornish (dis nou al drie Cornishe terug).
Besoekers is gewoonlik die boom by die ou Breakwater gewys waar ons altyd net 'n foto moes neem. Terug by die fonteine. Behalwe vir die parke was van die mooiste fonteine langs die ou Cornish (dis nou al drie Cornishe terug).  Mens kon lang ente langs die see stap en orals was daar al die mooi fonteine. Seker die bekendste een en 'n groot baken was die Volcana Fontein wat 80 m hoog was. In die aand was dit verlig en het die water wat daar uitgekom het, gelyk soos 'n volkaan wat ontplot. Hierdie fontein was summier afgebreek toe hulle die nuwe Cornish gebou het.
Mens kon lang ente langs die see stap en orals was daar al die mooi fonteine. Seker die bekendste een en 'n groot baken was die Volcana Fontein wat 80 m hoog was. In die aand was dit verlig en het die water wat daar uitgekom het, gelyk soos 'n volkaan wat ontplot. Hierdie fontein was summier afgebreek toe hulle die nuwe Cornish gebou het.  Die kinders het dit altyd geniet om rondom die fontein te loop en op en af met die trappe te hardloop. (Hulle het nie gehou van die foto nemery nie - of altans een van hulle). Nou hardloop my gedagtes al weer.
Die kinders het dit altyd geniet om rondom die fontein te loop en op en af met die trappe te hardloop. (Hulle het nie gehou van die foto nemery nie - of altans een van hulle). Nou hardloop my gedagtes al weer. 
 Terug fontein toe. Net oorkant die Hilton hotel was hierdie pragtige fontein wat vandag deel is van die hotel se klubfasiliteite. Daardie ronde gebou was die blyplek vir die oliemaatskappy se werkers, maar hulle is nou besig om dit ook af te breek vir iets nuuts en groter.
Terug fontein toe. Net oorkant die Hilton hotel was hierdie pragtige fontein wat vandag deel is van die hotel se klubfasiliteite. Daardie ronde gebou was die blyplek vir die oliemaatskappy se werkers, maar hulle is nou besig om dit ook af te breek vir iets nuuts en groter.  Een van die mooistes vir my was die perelfontein. Charmaine onthou jy daai eerste besoek en die foto's wat ons daar geneem het?  Daar is nou 'n perelfontein naby Marina Mall en ek's nie seker of dit dieselfde een is nie.
Een van die mooistes vir my was die perelfontein. Charmaine onthou jy daai eerste besoek en die foto's wat ons daar geneem het?  Daar is nou 'n perelfontein naby Marina Mall en ek's nie seker of dit dieselfde een is nie.   Hierdie koffiekan met klein koppietjies wat vol water gegooi word was ook altyd een van my gunstelinge.
Hierdie koffiekan met klein koppietjies wat vol water gegooi word was ook altyd een van my gunstelinge.   Dan aan die anderkant van die Cornish naby die Hilton was daar ook 'n groot park wat twee pragtige fontein gehad het.  Let wel gehad het!  Die een was 'n aardbol en daar is ook menige foto's geneem waar mense by Afrika staan.
Dan aan die anderkant van die Cornish naby die Hilton was daar ook 'n groot park wat twee pragtige fontein gehad het.  Let wel gehad het!  Die een was 'n aardbol en daar is ook menige foto's geneem waar mense by Afrika staan.   Die ander een was van dhow bote en pragtig.  Hierdie ou park word nou ontwikkel vir ek weet nog nie wat nie.
Die ander een was van dhow bote en pragtig.  Hierdie ou park word nou ontwikkel vir ek weet nog nie wat nie.   Hierdie roeiboot fontein was net so besonders.
Hierdie roeiboot fontein was net so besonders.   Enige oud-Abu Dhabiers wat wil raai waar hierdie fontein is.
Enige oud-Abu Dhabiers wat wil raai waar hierdie fontein is.   In die hoofstraat het 'n klomp "monumente" (of soos James gese het toe hy klein was, ornamente) waarvan hierdie fontein een is.
In die hoofstraat het 'n klomp "monumente" (of soos James gese het toe hy klein was, ornamente) waarvan hierdie fontein een is.   Die kinders bietjie ouer nou maar ook lank terug by die koffiekan.
Die kinders bietjie ouer nou maar ook lank terug by die koffiekan.   Een van die ander bekende bakens was die Valke-fontein.  Hierdie fontein is afgebreek sodat die belangrike gaste 'n reguit pad na die Emirates Palace Hotel kon kry.  In die aand was dit verskriklik mooi.  Selfs lank terug het ons moeilik gevoel ons is in 'n woestyn as mens so by al die water verby ry.  Vandag is daar selfs nog meer fontein en ek sal julle nog wys.
Een van die ander bekende bakens was die Valke-fontein.  Hierdie fontein is afgebreek sodat die belangrike gaste 'n reguit pad na die Emirates Palace Hotel kon kry.  In die aand was dit verskriklik mooi.  Selfs lank terug het ons moeilik gevoel ons is in 'n woestyn as mens so by al die water verby ry.  Vandag is daar selfs nog meer fontein en ek sal julle nog wys.