Friday, February 6

Die ongeluk ....

Dis 'n week later en ons begin so stadigaand herstel van al die kranklikhede en skete wat ons tydens die ongeluk opgedoen het EN ons kan terugkyk en sien hoe Vader ons deur alles beskerm het en die regte mense op ons pad gestuur het. Julle wou hoor van die ongeluk, so hier kom die laaaaang verduideliking.

Dis altyd lekker om die rede in iets slegs te sien ... So 'n week voor die ongeluk stamp iemand my klein motortjie terwyl dit doodstil, minding its own business voor die huis staan. Dis lelik genoeg dat dit vir 'n week moet ingaan vir regmaak en ek's maar moeilik oor die ongerief. Dit vat langer as vir ewig en ek moet Eddie se motor gebruik om vir Tania en Werner by die lughawe te gaan haal baie baie vroeg in die oggend. 'n Groot blessing sou ek later sien. Ek sien op na die langpad alleen en die aand voor die tyd se Charmaine sy sal saamgaan en ek's baie dankbaar. Dis so mistig dat mens skaars voor jou kan sien en baie van die motors ry met hulle hazzards wat dit moeilik maak om te sien of hulle stilstaan of ry. Net uit Abu Dhabi, vertel ek nog dat mens liewers nie in die stadige baan moet ry waar die trokke is nie toe Charmaine my waarsku daars iets in die pad (die tweede baan). Ek rem en die remme skop wonderlik in. Ek moet besluit reguit of uitswaai en met voertuie langs my is reguit die enigste uitweg. Die pad is nat en die feit dat die groot trok doodstil staan maak dat ek redelik stadig teen hom vasgly. So stadig dat die lugsakke nie eers oopgaan nie, maar die skade is groot. Ons eerste "engel" is die taxi bestuurder wat die motor aan my linkerkant was en hy's onmiddelik by om te sien of ons lewe en ons uit die motor te kry. Dankie Pappa dat ons met die groot motor gery het want met die kleintjie was ons onder die trok in.

So tussen almal wat arabies praat dat mens geen idee het wat gese word, stop 'n ou op 'n motorfiets wat later vertaal tussen die polisie en ons en ook die taxibestuurder wat sy deel bydra om te probeer vertel dis nie ons skuld nie. Terloops ek word as die skuldige party aangewys omdat ek van agter gekom het en daar is geen manier wat ek 'n kans kan kry om te bewys dit was nie. Vir amper twee uur staan ons langs die pad, wit geskrik en dankbaar om te lewe terwyl ons wag vir polisies, voertuig om die motor weg te neem ens. Die taxibestuurder belowe hy sal vir ons wag en ons dan vat waarnatoe ons wil gaan.

Die storie is nog lank want daarna is ons lughawe toe, en die vliegtuig kan eers land 5 uur later weens die mis. Gaan nie die hele storie verder vertel nie, behalwe dat ons groot dankie se vir Vader dat Hy die taxibestuurder sonder naam en Denis & Lene gestuur het om ons by te staan. Selfs die insleepdienste en motorhandelaars was wonderlik en alles het seepglad verloop. Hoeveel die skade aan die voertuig is, sal ons volgende week weet. Ek en Charmaine het erge verkoue van buite in die mis staan, ons is vol blou kolle en skete, ligamente wat seergekry het, voete wat geswel is, ens. maar ons lewe en daaroor is ons diep dankbaar!

Update: Die motor is afgeskryf so nou begin aksie motor soek.

16 comments:

Thea said...

Ugh Sandra... ek het sommer so 'n narigheid voel opstoot toe ek hier lees!! Dit kon soveel anders uitgedraai het! Soos jy ook self sê, kan ek ook maar net die Here se hand van beskerming raaksien wat Hy oor julle gehou het.

Ek hoop julle voel sommer gou weer beter!!

Charmaine said...

Ek is bly jy was nie alleen nie maat en ek bewonder regtig jou teenwoordigheid van gees om nie uit te swaai en in ander voertuie met passasiers vas te ry nie. Ons het regtig ervaar hoe Pa engele op ons pad gestuur het. Dit laat mens net verstom met 'n groot gevoel van dankbaarheid. Ons lywe sal weer regkom.

Anonymous said...

Sandra, ek het hoendervleis gekry toe ek jou storie lees. 'n Bestiering, voorwaar. En is dit nie wonderlik hoe wildvreemde mense op jou pad kom en soos engele is nie?

Hoop julle voel gou beter.

Nimsi se Blog said...

As ek sulke verhale soos hierdie hoor of lees kry ek altyd die behoefte om laaaag voor die groot God wat ons dien te buig. Hierdie is n wonderlike getuienis! Ek is so jammer oor die skade Sandra, maar wil saam met jou en Charmaiane dankie se dat julle gespaar is. Hoop julle word sommer gou gou beter en dat die skok vinnig vergete sal wees.
Mooi bly
Nimsi

Anonymous said...

Wel ek sal maar vir ou Mike Schutte namaak toe iemand, wat een van sy hoenders raakgery het, vir hom vra of dit wel sy hoender was!

"Nee" laat hoor Mike, "my hoenders is nie so plat nie!"

Is ook nie my ou karretjie daai nie, myne was glad voor sonder daai rimples en plooie!

Aardse goed, het darem nog my "kranklike" vroutjie en nou met nog 'n storie om eendag die kleinkinders te vertel!

Nou net die Taxi bestuurder opspoor en 'n ou beloning laat kry.

Muriel said...

Dis vreeslik, ek is so bly julle is gespaar en kan ook net op my knieë gaan en dankie sê!

Ek het nou so gegiggel vir die man van die vrou met die kneusings!! :D

Ek hoop julle voel gou beter (((Sandra))) en (((Charmaine)))!

Geniet die naweek!

Sandra said...

Dankie Thea. Ek dink die ou lywe kry nou eers kans om geskok te wees maar al klaar kon ons vertel hoe wonderlik Vader ons bewaar en beskerm het.

Dankie vir jou daarwees ook maat, alleen sou dit nog erger gewees het.

Ons is ampertjies weer 100% Boendoe en wens mens kan mooi dankie se vir al die engele wat gehelp het.

Sandra said...

Baie dankie Nimsi. Dis lekker om te kan getuig hoe Hy Sy hand oor ons gehou het.


Eddie jy sal maar nou sonder jou Mercury moet wees, maar dink net hoe lekker kan jy shop vir 'n nuwe motor.

Dankie vir die drukkies Muriel. Dit gaan darem nou elke dag bietjie meer beter.

mariki said...

Genade op genade, hierdie.

Moet sê, "Mike" se Kwiksilwer lyk sleg.

Anonymous said...

Hi ek is net baie dankbaar julle is ok!! Elriza

Anonymous said...

Sometimes you can just see things happen for a reason, the little bump on your car mom, it was well worth it if i think what could have happend if you where driving it instead. Ek is net bly julle is ok...

Yannis & Zanke - Lotman Twins said...

Ek kan nie glo julle was so rustig by die kerk daai Vrydag oggend nie!!

Hoop regtig alles gaan gou beter en dat julle almal (mens en motor) vinnig sal herstel.

Groetnis!

Sandra said...

Mariki dis waar, dis groot genade.

Ons is net so bly Elriza!

Dankie seun, ek weet net dat Vader ons baie beskerm het.

Beatrix ek's nie seker of dit rustig of skok was nie :-). Ons is aan die herstel en die motor sal maar aftree.

Desire Fourie said...

Dit is ook my oortuiging dat daar 'n rede vir alles is. Dink net as iemand nie jou motortjie gestamp het nie. Die Vader is altyd goed vir ons. Mooi bly.

Sandra said...

Baie goed Desire en ons is baie dankbaar.

eilandkind/islandchild said...

sjoe, pryd die Here dat julle okay is!