Wednesday, February 4

Laaste besoekpunt

Ek weet ek het belowe om van die ongeluk te vertel, maar ons werk nog aan 'n plan om die foto's van die foon afgelaai te kry ... nie te goed met tegnologie nie. Intussen weet ek dat daar ouens is in die Kaap wat baie graag wil weet wat hier met hulle sendeling ouers in UAE gebeur ... so kom laat ek al die skinder stories vertel!

Na die besige naweek van besoeke was hulle amptelike "werk" ampertjies klaar ons moes nog net Al Ain besoek maar eers moes ons die Fille-pense-vul. Arme Tania is kleiner as die glas ystee wat hulle vir haar bring en dan bedien hulle nog ietsie kleins vir middagete ook. Die pad Al Ain toe is miskien nie vir julle nuut nie want ek het al hier daarvan vertel, maar hulle geniet die rooi duine van die emirate. Met al die ontwikkeling orals in die land, is dit van die naaste duine aan die pad wat mens maar kan kry. Eerste gaan ons gou-gou loer na die oase en as julle gedink het dis 'n palmboom met poeletjie water soos mens altyd in die strokies prente sien, moet julle maar weer kyk. Ek's mal daaroor om die oase te besoek en het al tot vervelens daaroor geblog. Indien dit vir julle nuut is, gaan loer bietjie hier. Die twee by die restaurant in die oase wat baie tradisioneel is --- en vir hierdie keer het ons niks geeet nie. Een van die klompie moskees wat in die oase is. Ons stop vir 'n foto van een van die "rusplekke" met bome en kanaal en dan sien Werner iets interessants is aan die gebeur so 'n entjie verder .... Die twee van hulle gaan ondersoek instel en hoor dat die nuwe palmboom aangeplant word. Kyk net hoe groot is die boom in vergelyking met hulle twee. Ons het ook bietjie tyd om vinnig by die berg op te ry. 'n Deel van die berg word al mooi groen met die vetplantjies wat hulle daar plant. As julle na die vorige inskrywings geloer het, sal julle sien dat die nuwe aanbouings op die paleis die plek amper verduppel. Moeilik om te dink dis reg bo-op 'n bergpiek gebou. By die hotel ook op die berg stop ons vir 'n lekker teetjie op 'n tradisionele manier. Wonder waarvoor lag hierdie drie .... Die Al Ain waterbron se kanale is amper droog met klompe aanbouings. Hier voel die twee gou die water se temperatuur. Dan is dit tyd om saam met die Suid-Afrikaanse kinders van Al Ain te sing en kuier. Werner en Tania sit sommer saam met die klompie op die grond en kuier. Die kinders geniet en praat lekker saam. As julle vandag op die kindergroepblog loer, sal julle die besoek aan Dubai in foto's kan sien hier. Die twee word afgeneen saam met Moses. Dankie julle twee van al ons kinders regoor die Emirate. Ons het julle aanbiedinge vreeslik geniet. Al is julle nou klaar, is daar nog 'n storie of twee om vertel te word van twee groot ekspedisies.

9 comments:

Yannis & Zanke - Lotman Twins said...

Nou het ek darem maar lekker saam met julle gekuier!! Baie dankie vir al die nuus.

Julle was omtrent besig hierdie naweek. Julle het nou behoorlik 'n vakansie nodig om al die rondry af te skud.

Baie dankie vir wat julle vir die kinders in die Emirate doen en beteken. Dit is voorwaar 'n groot seën dat daar soveel aandag aan ons kinders spandeer word sodat hulle ook geestelik kan groei en 'n persoonlike verhouding met Ons Hemelse Vader kan hê.

mariki said...

Dat die Here tog al die saadjies sal seën -- en so tussendeur bederf Hy Sy kinders met warm vriendskap en interessante belewenisse daar in die woestyn!

Charmaine said...

Dit was so voorreg om vir Tania en Werner hier te he. Ons bid vir ons kinders. Hulle is so kosbaar.

Sandra said...

Ons het omtrent 'n vakansie nodig Beatrix :-). Nou wag ons net vir die Lotman tweeling om by die kindergroep aan te sluit. Dan kan ek ook se ek was betrokke by twee generasies :-).

Ons bid ook dat daai saadjies wat die twee geplant het geseend sal wees Mariki.

Dit was lekker ne maat en die kinders het hulle so geniet!

Thea said...

Sandra, ek het nou sommer die vorige inskrywings ook gaan lees waarna jy verwys het. Het julle nou al uitgevind wat die "road surprises" is? :-)

Ek's mal oor die houtdeur van die restaurant!!

Ek glo Tania en Werner het die tydjie saam met die kinders van die UAE en jy en Charmaine vreeslik geniet en julle vir hulle ook!

Anonymous said...

Thea ek dink nou die oggend se ongeluk was een van daai "road surprises" waarvan hulle gepraat het :-).

Nimsi se Blog said...

Hello Sandra,
het n bietjie gesukkel met die internet die afgelope tyd en het nou eers kom opvang. Wonderlike werk wat die 2 daar by julle kom doen het. So dankbaar saam met jou en Charmaine dat die ongeluk nie ernstiger was nie.
Rustige naweek vir julle
Nimsi

Thea said...

Haai shame Sandra!! Dit was darem maar 'n aaklige verrassing!

Sandra said...

Dankie Nimsi. Ja die twee het wonderlike werk hier kom doen en ons almal het hulle so geniet.

Nie een van die bestes nie Thea :-)