Sunday, February 8

Hoeveel kan ons sien in een dag

Al veilig terug in SA en die tasse uitgepak is die twee kuiergaste, maar hier is nog 'n paar van die foto's van julle laaste dag in Abu Dhabi. Ronelle dis amper soos jou vinnige toere :-).Natuurlik is die duikweg 'n moet veral as mens 'n idee wil he hoe die ouens oor fyn detail voel. Alle prente teen die mure is met mosiakteels gedoen. Die "ou" lesers sal weet dat 'n haredans-foto 'n moet is en Tania stel ons nie teleur nie en het die regte "houding" vir die foto. Aan die einde van die duikweg is een van die vele watervalle iin Abu Dhabi en die twee sit mooi vir 'n foto. 'n Lang dag wat voorle en mens moet ietsie in die maag kry en ons gaan ontbyt by iets bekends, of is dit nie? Wat sal Werner wys? Ja dis Mugg & Bean maar mens verstaan nie heeltemal wat om van hierdie spyskaart te bestel nie. Nog 'n moed is die groot moskee... Hieroor het ek al 'n klomp keer geblog en julle kan bietjie meer lees hier. Julle moet verstaan dat dit so 'n amazing plek is dat mens elke keer net nog en nog foto's wil neem, maar ek sal my beteuel. By die vrouebadkamer waar alles van marmer gemaak is was Tania haar hande. Dis waar die vroue hulle hande en voete was voor bidtyd. By die ingang van die badkameres is daar sulke fonteine met die mooiste mosaikprente. Werner by een van die prente by die hoofingang en in sy hand 'n stuk marmer wat nou deel van die bourommel is. Die binnekant van die hoofingang en die twee lyk eintlik klein teen alles wat so enorme groot is. Die twee in die binnekant van die moskee. Ons probeer nog gou 'n kameelrit inkry maar vang die ou ongelukkig tydens middagete. Maar hy's nice en laat toe dat Tania sy nek vryf. Werner "pose" in een van die tradisionele tente by die Heritage Village. Miskien is hy net moeg. Dan kry die twee kans om 'n bietjie te sit op van die tradisionele banke ook. Ek wonder wat word hier bespreek. Die vlag is so groot dat al is dit nie deel van die Heritage Village nie, kan mens dit duidelik sien van binne. So 'n effens koel luggie wat waai in Abu Dhabi vandag. Dit was dan ook my verjaarsdag bedrywighede en dit was lekker om orals in die dorp te kuier. Die aand het ons by Benihana gaan eet, maar ek's seker julle wil nie nog foto's daarvan sien nie :-)

12 comments:

Anonymous said...

Ek aanvaar die besoekers gaan vir 'n week moet slaap na die besoek, lyk my al wat my vrou nie kon inpas nie was 'n besoek aan een van ons baie eilande!

Dankie vir julle besoek en harde werk ouens, wys net wat kan gebeur uit 'n vinnige "boeke afhaal vir die vrou" stoppie in SSW.

Muriel said...

Sjoe Tour Guide Barbie, jy het hulle alles gaan wys wat mooi is! Ek is seker hulle het dit gate uit geniet!

Hierdie moskee is asemrowend mooi en ek sal nooit genoeg foto's daarvan kan sien nie!

Mooi bly
x x

retha said...

Ja, dit is Pretoria.

Ek is elke keer verstom om te sien dat n mens nie eintlik kan sien dit is n woestyn waar jul bly nie. En die fontein is so skoon!

Anonymous said...

Sandra, wanneer ek kom kuier wil ek ook daardie moskee gaan besoek...

Werner se 'pose' lyk amper soos Hennik se 'pose' tussen die blomme by Fairview!

Anonymous said...

Jongie dit lyk asof julle waarlik lekker gekuier het.
Ons was self nog nie in die moskee nie ry elke dag daar verby en wonder wat daar aan gaan.

lekker week vir julle.

Anonymous said...

Ek het maar my vooroordele oor die Arabiere, maar hulle blyk 'n fyn en beskaafde lotjie te wees. Alles is so keurig. Of is dit maar net wat 'n oorvloed geld doen?

Nimsi se Blog said...

Hallo Sandra,
moet saam met muriel stem, ek sal nooit genoeg kan kry van die mooi foto's en feite op hierdie blog nie.
Baie dankie!
Nimsi

Charmaine said...

Jy kan maar 'n besigheid oopmaak maat. Ek vertel jou dit. Jy sal sakke vol geld maak.

Dorette said...

Hi! Is baie bly julle is veilig na die ongeluk! (En baie sterkte met Operasie Kar Soek) Julle het werklik 'n pragtige dorp!

Desia said...

Mens kan net dankie se vir die Here se bestiering met die ongeluk, hoe Hy alles ten goede laat meewerk.

Hou maar gerus aan met die foto's en beskrywings, dit maak my regtig lus om eendag self alles te gaan bekyk; daar is so baie te sien en lyk my alles word in oortreffende trap gedoen.

Sandra said...

Daar is darem nog baie wat hulle kon gesien het Eddie. As dit nie vir die internet was nie het ons nie eers van julle ouens geweet nie!

Jy begin darem seker ook al die dorp ken Muriel?! :-)


Hier is so baie fonteine Retha ek wil nog 'n blog daaroor doen.

Ronelle jy kom en dan wys ek jou daai moskee. Jy's reg die twee se pose is baie dieselfde, die een het net die blom gehad :-)

Mariette wanneer gaan julle loer wat binne aan gaan?!

Sandra said...

Ek's nie altyd mal oor hulle nie Boendoe maar mens moet ook binne die kopdoeke sien dat daar verskillende groepe is. Party kan mens meer verdra as ander. En ja geld speel 'n rol want hulle kan die bestes kry om die werk en planne in werking te kry.

Nimsi bly jy kuier lekker hier en dat ek nie teveel feite deurgee nie.

Maat kry vir my daai snr vennoot met die geld dan maak ek besigheid oop :-)

Dankie Dorette. Ons tydelike dorpie is 'n mooi plek ja.

Desia jy sal moet kom kyk. Ek sal weer graag daar julle koue wereld wil kom beloer.