Die hitte begin so stadig aan optel en oor drie weke is dit lentedag in hierdie dorp. Vanjaar het ons seker die langste en koudste winter in ons 10+ jaar hier beleef en vandag het die temp metertjie 33 geslaan - heerlilke amper lente weer :-). 

So orals word daar nou blomme geplant sodat alles mooi kleurvol kan wees. Hierdie foto's is vandag oppad mall toe geneem.
Maar dit was nie altyd so nie, want al is hier die mooiste fonteine, is dit 'n woestyn! Die ou sheikh het 'n groot rol gespeel in die "groen maak" van Abu Dhabi toe daar vroeg hy in bewind gekom het, begin is met die aanplant van bome orals.
Maar dis nie net vir plant en laat staan nie, want elke blom of boom wat hier geplant word, kry sy eie persoonlike sproeiertjie wat sorg vir water regdeur die jaar. Eers word die grond bewerk, dan kom die besproeiingstelsel en dan die boom, struik of blom.
En indien nodig word hulle lekker warm gehou en beskerm sodat hulle mooi groot en sterk kan groei. Ek sal moet jok as ek in al my tyd hier meer as 'n handvol dooie bome gesien het. Ek dink regtig ek het nog net 'n gat gesien waar een uitgehaal is.
Op hierdie spesifieke strandjie moes ons sonder skaduwee toe die boompies klein was, en later lekker skaduwee toe hulle groter geword het. Nou is al die bome en struike baie groot. Kyk bietjie hier wat het William in 2007 by die dieselfde strandjie se bome aangevang.
Maar vir al die groenigheid en besproeiing is water nodig en Abu Dhabi wat 90% woestyn is, het nie juis natuurlike waterbronne nie. En weet julle wat nog? Met die warm weer wat ons hier kry, het die UAE die hoogste "water consumption per capita" in die wereld in 2006 gehad, en die aanvraag word net meer en meer.
En water is nie goedkoop hier nie! So waar kom dit vandaan? Die meeste van die water wat ons elke dag gebruik kom van seewater wat deur 'n streng proses van ontsouting en ontsuiwering gaan.
Vir die bome, blomme en fonteine word water gebruik wat vir die tweede keer hergebruik en deur 'n suiweringsproses gaan. Die slim mense se met die geweldige groei in die UAE sal die land slegs 24 uur water he as een van daardie aanlegte moet stilstaan. Daar word ook water so 60 myl van die kus in die Liwa woestyn gepomp sodat die woestyn as watertenk dien om eendag as dit nodig is, die water weer te kan uitpomp vir gebruik.
Maar dit was nie altyd so nie, want al is hier die mooiste fonteine, is dit 'n woestyn! Die ou sheikh het 'n groot rol gespeel in die "groen maak" van Abu Dhabi toe daar vroeg hy in bewind gekom het, begin is met die aanplant van bome orals.
Maar dis nie net vir plant en laat staan nie, want elke blom of boom wat hier geplant word, kry sy eie persoonlike sproeiertjie wat sorg vir water regdeur die jaar. Eers word die grond bewerk, dan kom die besproeiingstelsel en dan die boom, struik of blom.
En indien nodig word hulle lekker warm gehou en beskerm sodat hulle mooi groot en sterk kan groei. Ek sal moet jok as ek in al my tyd hier meer as 'n handvol dooie bome gesien het. Ek dink regtig ek het nog net 'n gat gesien waar een uitgehaal is.
Op hierdie spesifieke strandjie moes ons sonder skaduwee toe die boompies klein was, en later lekker skaduwee toe hulle groter geword het. Nou is al die bome en struike baie groot. Kyk bietjie hier wat het William in 2007 by die dieselfde strandjie se bome aangevang.
Maar vir al die groenigheid en besproeiing is water nodig en Abu Dhabi wat 90% woestyn is, het nie juis natuurlike waterbronne nie. En weet julle wat nog? Met die warm weer wat ons hier kry, het die UAE die hoogste "water consumption per capita" in die wereld in 2006 gehad, en die aanvraag word net meer en meer.
En water is nie goedkoop hier nie! So waar kom dit vandaan? Die meeste van die water wat ons elke dag gebruik kom van seewater wat deur 'n streng proses van ontsouting en ontsuiwering gaan.
Vir die bome, blomme en fonteine word water gebruik wat vir die tweede keer hergebruik en deur 'n suiweringsproses gaan. Die slim mense se met die geweldige groei in die UAE sal die land slegs 24 uur water he as een van daardie aanlegte moet stilstaan. Daar word ook water so 60 myl van die kus in die Liwa woestyn gepomp sodat die woestyn as watertenk dien om eendag as dit nodig is, die water weer te kan uitpomp vir gebruik.Maar niks keer hulle om nog steeds aan te plant, fonteine te he en parke aan te le nie. Die doel van die omgewingsdepartement is in hulle woorde : "creating an oasis in the desert" en hulle het beslis in hulle doel geslaag.