Thursday, February 12

Die klein gemmer

Einde verlede jaar toe ons moes kies tussen die straatkat-baba's was Dawn die laaste keuse, maar sy het haarself pens en pootjies in ons huis ingewurm en klop ons onsself op die skouer oor "die regte keuse". Nelmari se "Ma jy moet foto's van Dawn opsit", en na Kathy se kat-mail vanoggend is dit sulke tyd. Reeds as 'n babakatjie het ons gesien sy is anders want watter baba-katjie sal nie weghardloop as 'n klein baba-mensie haar rondjaag nie? Sy het so mooi met Jenny gespeel en saam geslaap. Ons het haar 'n bietjie vroeer van haar ma geneem omdat ons bang was sy verdwyn in die drom- en straatwereld en word seergemaak deur al die groot mannetjies katte. Dit het beteken dat sy net wou slaap as sy aan my vinger kon suig. Toe was dit nog die pinkie.En baie gou was haar allerbeste speelding "Barney". Soos enige kleintjie het sy haar moeg gespeel met Barney en dan agterna was hy sommer haar slaapmaatjie. Maar sy word groot en die twee gewoontes word nie afgeskud nie. Nog steeds moet "mens-ma" se vinger gedrink word voor slaaptyd. Sy werk deur al vyf voordat sy elke keer rustig raak as sy by die duim uitkom.


Hier probeer Nelmari haar pla maar sy los nie die duim nie want dis slaaptyd.


En dan begin die duim sy werk doen en klein Dawn maak haar ogies toe. En moenie probeer om dit uit te trek nie.
Nou kan hoor en sien vergaan, sy't haar woelige bydra gemaak en gaan nou slaap


En Barney is nog steeds haar gunsteling speelgoed. Daar is 'n klein een en 'n grote en die kleintjie mag nerens anders as in my bed wees nie. Wanneer ons haar soek, laat ons Barney sing en sy kom hom gou-gou haal en bring hom bed toe.Barney word saam met al haar speelgoedjies in die hoekie gebere en uitgehaal om mee te speel wanneer sy so voel. (Sien selfs van die kersversierings het hulle plekkie in die hoekie gekry). Ek's nie sommer enige straatkat nie .... dink julle nie ook soos my mens-ma dat ek oulik is nie?

14 comments:

mariki said...

Sy is 'n geliefde kieterkat, dis nou maar klaar.

Maar verbeel ek my....of lyk sy effens Arabies...?

Desire Fourie said...

Dawn is te dierbaar, lyk na 'n regte sagte siel. Maar dis duidelik dat sy gedy met al die bederf. Mooi bly.

Muriel said...

Ag moeder Dawn is so cute en baie slim!!!

Sy het dadelik my hart gesteel!

Anonymous said...

Oulike kieter en sy't so fyn gevreetjie! Lyk sommer soos 'n kat uit die Ooste ;-)

Anonymous said...

Mariki ek dink sy het 'n effense Arabiese look ja.

Desire sy draai ons om haar poot.

Sy's 'n sagte siel Muriel.

Kaalvoet sy's opreg Midde Ooste ja!

Anonymous said...

Ek wonder wat Barney van die hele storie dink . . .

Te cute vir woorde!

Desia said...

Ag moederliefde! Wat is 'n huis sonder 'n kat of twee, en julle s'n is absoluut, letterlik, dierbaar.

Sandra said...

Krista ek sou dink Barney sou heel in sy skik gewees het dat hy dieselfde invloed op katkinders as op menskinders het :-)

Ek het nog altyd gese straatkatte is nie dieselfde as my siamese nie, maar met hierdie een sluk ek daai woorde Desia, sy is 'n regte (s)kattebol.

Mariette. said...

Dit is so sweet!!
Ek voel sommer al daardie skurwe kat tongetjie as sy jou vingers so suig. -moeder kind dit is te kosbaar!

Charmaine said...

Dis 'n baie besondere dierbare katding die een maatjie en ek sien hoe sy in jou hart ingekruip het.

Sandra said...

Sy lek nie regtig met daai tongetjie as sy so suig nie Mariette sy suig ernstig.

Sy het maat

Spear The Almighty said...

Ag Cute. Ek het 2 jaar terug enetjie opgetel in Hamdan straat. Sy was so klein en half dood van die honger. Dit het ons so AED 3,000 gekos om haar gesond te kry maar dit was die meoite werd.

Sandra said...

Ja die veearts koste in hierdie land is iets afgrysliks maar ek stem saam dis so die moeite werd om die goetertjies gesond te he.

eilandkind/islandchild said...

ai, dis nou oulik.