Friday, February 13

Liefde is .....

Een van Eddie se stopplekke op sy onlangse besoek in Suid-Afrika was ook 'n troue en hierdie keer op Stanford daar net anderkant Hermanus. Ek het gedink dat Valentynsdag 'n goeie dag is om bietjie vir julle die foto's van Anja en Alexander se troue te wys. Die bruid is duidelik baie opgewonde oor die dag wat voorle en glad nie op haar senuwees tydens die voorbereiding nie. Die troue het onder 'n ou groot boom plaasgevind met die mooiste uitsig. Hier tussen die houers met proteas gaan die bruid "ingestap" kom. Die mense sit en wag terwyl die orkes speel. Die bruid oppad aan die arm van haar pa Hermias en lyk sy opgewonde of nie? Die seremonie - agter elkeen se stoel het 'n houertjie met "roos-blare" gehang waarmee die paar later gestrooi sou word. Die eerste soen as mnr en mev du Plessis. Die bruid en bruidegom word "gestrooi". Die onthaal is ook op die plaas gehou en alles is reg vir die gaste. Ons beste wense vir julle twee Anja en Alexander .....
Aan almal van julle wat hier lees, he 'n Wonderlike Valentynsdag en onthou die grootste liefdesgeskenk is aan ons almal gegee.
God het die wereld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal he (Joh 3:16)

11 comments:

Anonymous said...

Ek het vir my Valentine Rooi rose en Wit lellies gegee, al moes ek dit self in die pot loop ringskik.

Wat het julle gekry?

Muriel said...

Mmmm Eddie dis romanties. Ek hoop ek gaan ook so baie bederf word.
Gelukkige Valentynsdag Eddie en Sandra!

Geniet jou pragtige "rooi rose en wit lelies" ((Sandra))!!!

Wat 'n besonderse en romantiese troue! Ek is mal daaroor! En ek het lanklaas so opgewonde bruid gesien!!! whahahaha Daar is geen teken van senuwees nie.

Dis 'n pragtige plaas. Sandra is dit die see wat ek in die agtergrond op die foto's sien?

My beste wense ook aan Anja en Alexander!

Yannis & Zanke - Lotman Twins said...

Hier is nog nie geskenkies uit geruil nie. Dit is nou maar een ding van Dubai, party weke het ons 'n 2 dag naweek en ander weke net een. Hierdie week is 'n 1 dag naweek, dus is die Pa van die huis net na 6 vanoggend werk toe :-(

Baie dankie vir hierdie pragtige foto's. Dit is voorwaar 'n sprokie troue!! So informeel dog elegant!

Anja & Alexander: Mag julle 'n wonderlike huwelik hê en 'n geseënde toekoms saam. Onthou dat julle mekaar as vriende ontmoet het, koester daai vriendskap!

Anonymous said...

Hi Anja se troue was beautiful 'n spesiale dag vir spesiale mense. Dankie dat Tannie gedeel het. En gelukkige valenteinsdag aan julle almal. Liefde Elriza

Anonymous said...

Dis die see Muriel jy's reg. Die dorp is net annderkant of soos die oumense sal se neffens Hermanus.

Een van die dae gaan die tweeling vir jou ontbyt maak vir Valentynsdag Beatrix

Dankie Elriza. Een van die dae hou ons nog 'n troue :-)

Dorette said...

Gelukkige Valentynsdag aan julle! Hoop die dag was deurdrenk met liefde en spesiale oomblikke. :-)

Baie geluk aan die bruidspaar! Dis wonderlik om getroud te wees, en as die journey so begin, kan dit net nog beter raak!

Jan and Miekie said...

Wat 'n pragtige troue! Stem saam met Dorette: as dit so mooi begin, kan dit net beter gaan vorentoe. Baie geluk en baie sterkte en seen! Die huwelik is beslis die moeite werd!

Sandra said...

Dankie Dorette ek sien julle het ook 'n wonderlike dag gehad.

Dis baie waar Miekie

Anonymous said...

Dit was 'n pragtige troue! Die bruid het baie mooi gelyk :)

Charmaine said...

Unieke troue en so mooi bruid... so vrolik en vol lewe. Mag dit julle hele huwelikslewe vorentoe vergestald Anja en Alexander

Desire Fourie said...

Sjoe, eks mal oor die troue. So anders en spesiaal. Die paartjie onder daardie interessante stamme van 'n boom moes ongelooflike karaktervolle fotos gemaak het. Die half informele, gemaklike styl laat dit lyk asof dit 'n lekker Kuier troue was. Mag die paartjie vir ewig gelukkig in mekaar se arms wees.