Monday, February 16

Is scrap Fun?

Ons vroue het weer begin met ons studie na die ongeluk en "toere" in die UAE en die onderwerp was Fun. Eerlik het ek nie veel gevoel na fun nie maar dan moet 'n mens gaan kyk wat is Fun en dankie tog Fun word nie bepaal deur mense en goed nie. Jy kry mos mense vir wie fun en pret te veel moeite is en in die proses mis mens uit op iets besonders. Maar mense kan ook deel wees van die fun en soos altyd het ons les 2 van die onderwerp, die praktiese scrap vir hope FUN in hoofletters gesorg. En hierdie keer "pik" ek op Heleen wat so mooi saamwerk vir die foto's.Om die les te scrap is glad nie maklik nie want watter papier is nou die regte kleur en wat is fun? Dit maak nie saak hoe mens daarna kyk nie .... op 'n afstand of van naby .... wat kies jy?!?!?! Nelmari weet wat sy wil doen en sy spring dadelik aan die werk en kry selfs tyd om koek tussen-in te eet. Het die flinke besluite iets met die ouderdom te doen wonder ek? Amelia is ook redelik seker van wat sy wil doen en knip en plak dat die spoeg so staan. Tussen-in kry ek 'n kyk of twee ook omdat ek van alles 'n foto wil neem ... maar mens wil dit mos verewig. Ek weet ek moet ook iets begin doen en die ligboks help. Dankie vir die raad om een te he Desire want sonder dit kan ons glad nie meer nie. En vervelig raak dit nie want ons kekkel en lag en luister selfs na 'n voorlesing deur Amelia. Weet nie hoeveel almal gehoor het nie, maar sy het in elk geval gelees. Ons mis vanaand vir Vanessa wat baie laat moes werk ... maar Heleen vat vanaand die koek met die maak van haar blad. Sy laat my dink aan 'n verkleurmannetjie want nie een foto het dieselfde kleur papier voor haar nie. Wat sal die hoofkleur wees .... pers? Miskien moet dit geel wees en sy kry nog tyd om vir Charmaine raad te gee oor kleur van alle dinge. Miskien moet ek net eers 'n teebreuk vat en weer dink wat ek regtig wil he.Wat van rooi .... dit is die kleur dink sy! Wat maak ek nou met die prentjies? Agggg nie ek sal dit maar by die huis moet klaar maak. En uiteindelik die pragtige, kleurvolle, FUN blad. Dit was al die dink en kopkrap die moeite werd Heleen!!! En hier is van die ander, voltooid of half-voltooid. As die lekker onderwerp moeilik was weet ek nie hoe gaan ons volgende week se les Freedom in Christ kan scrap nie. Enige voorstelle?

11 comments:

Muriel said...

Pragtige scrapblaaie!!!

Julle het soveel "fun" met die scrap tye, ek sien dit sommer!!! *grin*

Lekker week almal!!

x x

Anonymous said...

EK stem saam met Wippie! Dis almal baie mooi.

Anonymous said...

Pragtig!

Anonymous said...

Ons het. Gelukkig is Heleen te besig om blog te lees so ek kan lekker haar foto's wys

Dankie Kaalvoet en Paula ons oefen nog hard aan die scrap pogings

Anonymous said...

Surprise, ek maak darem altyd n ou tydjie om te lees, eeeeeen baie dankie vir my reeks foto's!! Aanhouer wen...... wil graag volgende keer net n paar kan sensor LOL
Dit is altyd groot pret om saam om daardie tafel te sit en kop te krap om idees te kry.
Almal se scrap lyk stunning
Heleen

retha said...

Oe, jul bladsy lyk so mooi!

Charmaine said...

Die scrapding is regtig een groot fees. Ons geniet mekaar baie. Julle blaaie is baie mooi meisies. Al die kopkrap werd Heleen :-)

Mariette. said...

Mens kan in julle pragtige werk sien julle gieniet dit!

Baie mooi julle almal!!

Anonymous said...

Jy's 'n celeb Heleen. Net jammer Vanessa was nie daar nie ;-)

Dankie Retha

Jy en Heleen sulke goeie storie-materiaal met die scrap maat.

Ons geniet dit baie Mariette. Wanneer kom woon jy dit een aand by

Desire Fourie said...

Ja nee, ek kan die rook hier vanaf Fourways ruik, soos die scrap breinselle in hulle boonste ratte rondkrap. Die uitlegte lyk baie interressant and eks bly om te sien dat soveel van die templates gebruik word en dat die ligboks ook pronk tussen julle. Hou so aan. Mooi bly.

Sandra said...

Desire ek het dan gedink dit raak makliker hoe meer mens scrap?