Monday, February 2

Die besoekers werk en werk en werk

Op spesiale versoek, net om vir die klomp Schultzies daar in Somerset te wys dat mamma en pappa wel so 'n bietjie gewerk het op die werktrip nog so 'n klompie foto's. Vrydagoggend baie vroeg (6 vm) vat ons die pad Dubai toe om met die kinders daar te kuier. Natuurlik ry ons nou met 'n kleiner motor aangesien sekere mense die grootte afgeskryf het en ons besoekers is wonderlik want die mis is nog erger en ons kan nie eers die vulstasie langs die pad sien om vir hulle te stop vir koffie en ontbyt nie. Tania en Werner is wonderlik en sommer dadelik het hulle die kinders se aandag en luister, geniet en speel hulle saam aan die lessie om ons kinders "soldate vir Christus" te maak. Ons moet direk van die Dubai diens in die motor spring (die wat kan) en Sharjah toe ry vir die volgende diens en die duiwel is listig, Charmaine se motor is morsdood. Wonderlike mense bied aan om aan Sharjah toe te neem en later die Jazzie te bring en ons kom net so 'n bietjie laat daar aan. Weereens 'n mooi groepie kinders wat die aanbieding geniet en luister hoe God vir ons sonde gesterf het. Met 'n kersie vertel hulle ook hoe Hy na drie dae weer opgestaan het en die kinders luister groot oog. Eindelik kry hulle darem ook kos toe ons saam met die dominee en sy vrou by TGI Fridays gaan kuier. Maar die rus is nie vir lank nie want Abu Dhabi se kinders wag. Altesaam ses wat uur op die pad (in die motor) en ons sien daar is niks rus voor die aanddiens nie. Die Abu Dhabi kerk gebruik die golfklubhuis vir kerk en ons kry darem kansie om die sandbaan vir hulle te wys. Dis al rus wat Tania kry. Werner verkyk hom na die sandbaan. Kyk bietjie hier vir meer oor die golfbaan.Die rus is kort en Abu Dhabi se kinders kry beurt om na hulle wonderlike boodskap te luister. Eintlik 15 uur later is hulle by die huis vir 'n kort nag voordat ons die volgende dag weer die pad Dubai toe vat. Hierdie keer is dit die volwasse groepleiers se beurt vir 'n werkswinkel. Van al die besoeke en lesse sal daar volledig op die kindergroepblog "verslag" gelewer word binne die volgende week. Ek hoef nie te se dat na toe dae van lang ure op die pad en werk met kinders en volwassenes die klompie van ons lekker moeg die pad terug gevat het Abu Dhabi toe nie. En soos julle drie daar in Somerset kan sien .... die twee was opgebruik .... maar dis nog nie klaar nie .... en daarvan vertel ek Woensdag.

12 comments:

Muriel said...

Baie geluk met jou verjaarsdag (((vriendin))) ons hoop jy gaan lekker bederf word vandag en mag die jaar vir jou net mooi dinge inhou!
Liefde
Sheikh Teddy en die Sheikha
x x x

Julle was besig! Dankie vir die deel!!

Desia said...

Sandra, jy kan gerus 'n Afrikaanse gidsboek skryf oor alles daar! Sneeu?
Ek het weer eens lekker hier gekuier en weer iets geleer ook.
EN Gelukkig verjaarsdag! Mag dit 'n wonderlike jaar vol van alles wat goed is wees.
(Ek sien ek begin nou al meer anglisisties skryf oral; "gelukkig verjaarsdag?" ipv "baie geluk met jou verjaarsdag")

Ninette said...

Geluk met jou verjaarsdag, Sandra. Geniet die dag baie.

Anonymous said...

Sandra,
baie geluk met jou verjaarsdag!!

Hoop jy het 'n lekker bederfdag..!!

Liefde
Hennik & Ronelle

Mariette. said...

En vir 'n 3de keer Baaaaie geluk met jou verjaarsdag. Ek het nou vir jou oral 'n boodskappie gelos

geniet dit

liefies

Anonymous said...

Absolute wonderlike werk wat hulle doen. Sterkte!

Thea said...

Baie geluk met jou verjaarsdag Sandra! Hoop jy't 'n wonderlike dag en mag die nuwe lewensjaar vir jou ook net wonderlike dinge inhou!

Liefde

Thea
xx

mariki said...

Mag jy die Here se genade in die nuwe lewensjaar ervaar, en sommer ook hoog opskop!

retha said...

Dan se ek ook geluk met die verjaardag. Teen die tyd is dit seker naby aan verby wir jou. Hoop dit wat n aangename dag vir jou.

Nimsi se Blog said...

Hello Sandra, liewer laat as nooit, baie geluk met jou geboortedag, mag jy waarlik God se seen ervaar in die nuwe lewensjaar! Dit is donderdag my en tweelingsus se beurt, ons feb meisie bly maar bo!
Nimsi
xx

Desire Fourie said...

Dis absoluut wonderlik dat twee sulke spesiale mense soos Tania and Werner ook daar in die woestynland 'n verskil kan maak. Alle sterkte en voorspoed vir hulle. Hoop Charmaine se wiele is weer aan die rol. Groete

Sandra said...

Baie dankie ALMAL vir die verjaarsdagwense. Liefde