Friday, February 27

Drie-jarige Fees!!

Drie jaar terug op 10 Februarie het 15 persone in Dubai die eerste Afrikaanse diens van die Afrikaanse Gemeente in die UAE bygewoon en vandag is daar groot verjaarsdagpartytjie gehou. Die bedieningspunte van die gemeente is Dubai, Al Ain, Abu Dhabi, Sharjah (een Afr en een Engels) en vandag trek ons in Sharjah saam.Ons moes geweet het hier kom 'n ding wat oppad stop ons by die Adnoc (soos Ultra City by die huis) vir 'n koffie en jy hoor orals net Afrikaans. Buitekant staan die motors en die mense begin al klaar oor en weer kuier voordat ons nog naby Sharjah is. Nou Sharjah is nie een van die maklikste Emirate om in te bestuur nie en wat sal ons sien toe ons die "dorp" binnery - hierdie man (wat terloops nie Afrikaans kan praat nie) met 'n bordjie wat die rigting aanwys. Hy's ene glimlag en geniet elke motor wat afdraai en vir hom waai. Kyk bietjie wat staan op die bordjie en dit in 'n Moslem land! Dit gons soos die mense bekendes raakloop. Ek kry kans om met die oulike Lotman tweeling te kuier en hulle bietjie vas te hou en loop selfs familie raak! Ronelle die foto van Monique het ongelukkig bietjie geblurrrrrrrr. Ons begin later as beplan maar dit vat 'n tydjie om al 600 mense rustig te kry. Ja kan julle glo ..... 600 Saffers by 'n kerkdiens in die UAE.



Ons begin met lofprysing en alhoewel ek nie 10% van die atmosfeer kon vasvat nie, luister net 'n bietjie hierna. (ns hierdie video lyk my wil nie oopmaak nie, sal dit weer oplaai - netwerk net soooo stadig nou)Ek's daarna betrokke by die kinders en ons het 'n wonderlike klomp kinders wat kom saam deelneem aan die versie-boeresport. Meer daaroor op die kindergroep blog later die week. 'n Mooi klompie tieners sing vir die kleintjies 'n liedjie (Nelmari in die middel). Ek sien uit daarna om hierdie klomp jongmense op ons jeugkamp later die maand te he. Terwyl die diens en speletjies aan die gang is, is daar 'n paar mense wat swoeg in die woestynsand om oor die spitbraai (daar was heelwat skape) en rooster (lekker tjops en boerewors) ogie hou. Die afdakkies en stoele van baie is al uitgepak en gereed vir die groot eet en kuier na die diens. Ek het nie foto's van die kosrye en kos geneem nie, maar kan net se dat almal se borde lekker volgelaai was en daar is 'n hond uit 'n bos of is dit 'n kameel uit 'n duin uit gekuier. Die sandmense is ook terug van hulle vakansie en lyk hulle nie uitgerus nie?

13 comments:

Anonymous said...

Weet nou nie van die kerk se verjaarsdag af nie, maar weet wel die Sandmense lyk vir my baie mooi uitgerus.

Onrus geniet ouens, kan ons maar die fotos kom kyk?

Yannis & Zanke - Lotman Twins said...

Ai toggie... ek het so gehoop Tannie het 'n paar foto'tjies van die tweeling in Tannie se artikel want ons kameras het mos alles met die groot trek by die huis gebly.

Sal maar plan moet maak om 'n foto sessie te hĂȘ met hulle 'uitrustings'.

Was lekker om julle almal weer te kon sien.

Groetnis.
xx

eilandkind/islandchild said...

Dis wonderlik Sandra, prys Sy naam.

Thea said...

600 mense... dis ongelooflik!!

Sandra said...

Skuus Beatrix, Nelmari het net twee foto's geneem en dis van waar ons ou tannies die kleingoed vashou en mens kan hulle amper nie sien nie.

Dit is eilandkind!

Dit was 'n lekker gevoel Thea!

Jan and Miekie said...

Wow! Wow! Wat 'n gemeenskap van die heiliges! Prys God vir soveel genade. Elkeen wat honger en dors het om dinge reg te kry met God sal gelukkig wees - julle lyk voorwaar gelukkig. Baie geluk "kerk" met die verjaarsdag!

mariki said...

Ek het hoendervleis....hoe getrou is ons God tog!!

Anonymous said...

Baie dankie Miekie en Mariki! Dit was 'n geseende dag.

Anonymous said...

Julle DS is nie dalk Gert Els nie?

Sandra said...

Dis hy ja Krista!

Anonymous said...

Ek het vanaf 1999 tot 2005 saam met hom gewerk!

Sandra said...

Die wereld is klein Krista. Nou het ek klomp vrae :-)

Anonymous said...

Vra maar . . . ;-)

Jy kan altyd vir my 'n email stuur . . .