Saturday, February 21

In en om die huis

Die afgelope week was 'n goeie een van twee van die Holloway kinders. Die derde een daar in Bloemfontein is doodstil en die twee by die huis wil graag spesiaal met hom deel wat met hulle hierdie week gebeur het. William jy beter van jou laat hoor! James het uiteintlik na sy studies en vakansie in SA hier in Abu Dhabi kom kuier om werk te soek. Maar hier kan mens nie sommer net niks doen nie, en ek het hom vinnig nader getrek vir die rol van "Sjef JP" in ons Kindergroep wat op die oomblik besig is met Vrugte van die Gees. Loer bietjie hier. Hier wys hy vir die kinders die liefdes "ster" in die middel van 'n appel.


Die goeie nuus is ook na 'n 7 min onderhoud by sy ou skool, American Internasional School of Abu Dhabi het hulle vir hom 'n goeie aanbod gemaak, en begin hy 1 Maart daar in die PE departement werk. Ek's baie trots op hom dat hy die werk gekry het op sy eie kwalifikasies en repetasie by die skool en nie met "wasta" nie. Die man het besluit om sy behuisingsgeld te gebruik om sy Meester en ook 'n onderwysdiploma te doen terwyl hy werk en sal dus tot tyd en wyl by ons "plak". Dit beteken dat daar ernstig skoon gemaak en weggepak word aan al die seuns se ou goed sodat hy kan nesskop. Wiliam hy kom toe gister op hierdie 9 remotes van speletjies af en blykbaar is dit net die wat nie werk nie. Nou sien ek sommer waar baie van die sakgeld ingegaan het.Nelmari het die heel week wedstryde gespeel en die naweek ook 'n toernooi. Die wedstryde in die week het hulle almal gewen en hoe dan anders met so 'n "pom-pom" ondersteuningsgroep :-). Ons ou tannies het die werk maar sit-sit gedoen. Die naweek se toernooi was teen die sterkste spanne in die UAE nl. ACS (American Community School) die aardsvyand in Abu Dhabi, DAA (Dubai Academy) die aartsvyand in Dubai en UAS (Universal American School ) die skool wat Nelmari verlede jaar van die baan gespeel het. En raai wie wen al drie .... Jip die Lions!!! GO LIONS. Die ACS is die eerste keer deur enige dogterspan van ons skool geklop, DAA is in die doodsnikke geklop en UAS is geklop nadat ons 'n agterstand van 15 punte moes inhaal. Mooi so meisies julle het uitstekend gespeel. Nou wag ons vir ISAC en die toernooi in Oman! GO LIONS!

13 comments:

Anonymous said...

Go James!Go James! The only thing is there is some strange mushroom growing on your head.

Well i know one reason why you won, it must be the new kits, im sure they could not keep there eyes off it. But great job sis, will hopefully send a pic of our uni team soon.

Anonymous said...

Ai ou Jamesie! Jy lyk darem so oulik in jou sjef hoedjie!! Dink jy kan maar vir my ook kos maak, al is dit net vrugte slaai.

Anonymous said...

Aaaaaaaaaaaah, in plaas van 'n antwoord van net een van my kinders in Bloemfontein is daar toe sommer 'n antwoord van al twee, mooi werk!

Ja William, die Sjef is iets om te aanskou my seun en ja Leane', jy ken vir Tannie Sandra, as dit lyk of jy stilsit en rus kry jy 'n werk!

Ek bly maar diep in my Lazyboy stoel sit, dan kyk sy my mis.

Baie trots op my oudste, vanaand "vier" die manne die prestasie by die perdewedrenne, net sodat Ma more fotos daarvan kan opsit.

Nou nog net uitwerk wie gaan betaal!

Charmaine said...

Dis alles wonderlike nuus. Baie geluk James en mooi so Nelmari en ja, sommer dankie ook James dat jy so oulike sjef is :-)

Yannis & Zanke - Lotman Twins said...

Baie geluk James. Geniet die kido's sommer baie!! Mens kan net pret hĂȘ as mens met kinders werk, een van my groot drome :-)

Baie geluk Nelmari!!

Sien julle Vrydag!

Geniet die res van die week.

Sandra said...

Ons kan nie wag om jou foto's te sien nie seun. Ek dink nie die gifappeltjie klere is baie mooi nie.

Ons sal moet sien of hy kan vrugteslaai maak Leane!

Ek dog nog heeltyd dis die kat wat onder die kombers op die lazy boy wegsteek.

Die sjef oefen mooi aan sy woorde maat.

Sien uit om daai kleingoed vas te hou Vrydag Beatrix!

Anonymous said...

James

Baie bly vir jou!!

Luv u
LalieXX

Anonymous said...

Baie dankie almal

Ja, ek dink dit gaan 'n interesante jaar wees.

Na twee weke is ek nou besig om gewoont te raak on die sjef rol so dit gaan al heel makliker. :)

Anonymous said...

Baie geluk James ... en sterkte met die nuwe werk!

Muriel said...

Baie geluk James en Nelmari!

En die chef hoedjie pas James baie mooi! ;)

Lekker week almal!
x x

Thea said...

Baie geluk en baie voorspoed met jou aanstelling James!

Sandra gebruik jy die sjef darem in jou kombuis ook? ;-)

Geluk met julle prestasies ook Nelmari!

Desire Fourie said...

So bly James het 'n goeie aanbod gekry. Dit bewys net weer, dat studietyd nooit vermorste tyd is nie. Mal oor die wulpse pom pom girls en dis alleen genoeg bewys vir die sukses van die Lions. Hou so aan brul Lions! Mooi bly.

Sandra said...

Dankie Lalie en Paula!

Seun die sjef is nog vir 3 weke in die kombuis!

Muriel ek dink nie die sjef is so mal oor die hoedjie nie.

Thea die sjef word nie noodwendig in die kombuis vir kosmaak gebruik nie :-).

Ons is net so dankbaar dat hy iets gekry het wat hy wou gehad het Desire. En die Lions het nog 'n klomp wedstryde gewen - miskien is dit om rede die ondersteuningsspan :-).