Tuesday, February 10

Tyd staan 'n bietjie stil

Daar is so 'n algehele "stilte" in die blogwereld, of altans die deel waar ek beweeg en ek weet dis nie omdat daar niks gebeur nie. Die jaar het net met 'n spoed begin soos nog nooit tevore nie en ons het al die wysheid en krag nodig om dinge in die regte verhouding te doen want ons kan baie maklik weghardloop saam met die jaar. Ons moet ook stilraak en rustig wees te midde van die gejaag rondom ons ... maar die tyd ....! Ek dink aan 'n voorbeeld wat Tania genoem het tydens die werkswinkel dat daar a168 ure in 'n week is waarvan kinders 70 uur slaap, 67 werk, speel en eet, 30 uur skoolgaan en dan 1 uur Sondae by die kerk is. Hoe lyk ons ure nadat dit ingedeel word en hoeveel tyd, ure, minute spandeer ons by die een wat vir ons rustigheid en vrede gee? Vertel bietjie?
Ek het die afgelope dag eers kans gekry om die kinderblog op datum te bring met Tania en Werner se besoek en as julle wil gaan loer na die pret tydens die werkswinkel gaan kyk gerus hier. Vandag dan die laaste foto's vir hulle van die besoek. Die laaste dag is dan ook in Dubai deurgebring omdat dit naby die lughawe is en omdat ek nie weer 4 uur in die mis die pad wou aandurf nie. Dubai is bekend vir al sy indrukwekkende malls, maar ek het my gunstelinge en ons kyk of drie daarvan in 'n oggend ingewerk kan word. Tania pas 'n kameelhoed in IBN Battuta mall aan. 'n Laaste bietjie inkopies moet nog gedoen word vir die kinders en hier kyk pa en ma na juweliersware .... Werner was deurentyd 'n goeie shopper en het mooi met sy hande agter sy rug geloop. Ietsie bekends en van die huis al is dit dan ook in 'n ander taal. Woollies raak al soos Mrs Balls en jelly tots, iets eie. Al het ek al baie van die mall vertel bly dit darem 'n indrukkende een. Die twee stap deur een van die "lande" en is skoon verdwerg tussen die teels en mosiakwerke. Dan koop ons iets en hierdie is spesiaal vir jou maat, balletjies roomys! Ek wonder wat beteken daardie glimlag op Werner se gesig. En in Andulesia sit hulle op die leeu fontein en roomysballetjies eet. Ons verlaat die mall deur China baie tevrede want die inkopies is afgehandel en die lysie afgetik. 'n Vinnige draai in Venesia by die Mercato mall is ons volgende stop. Middagete by die Madinat Jumeirah mall by 'n restaurant van die huis af. Mens moet darem by die bekende Dubai baken ook afgeneem word. En met die tyd wat uithardloop word daar vir oulaas in die winkels gesnuffel vir nog 'n geskenkie of drie. Ek is seker die kinders het baie vrae en julle baie stories gehad!

9 comments:

Anonymous said...

Sien julle ouens nou hoekom ek gister gepraat het van "Tour Guide Barbie"!

As sy aangestel is/word om die land se toerisme te bestuur sal ek moet trek na 'n stiller plek, anders word ek doodgetrap deur al die duisende ekstra besoekers.

Nou moet ek nog net ekstra sterk misligte op al ons rygoed aanbring, net ingeval.

Nimsi se Blog said...

Hallo Sandra.
Ek sal skoon vergeet van tyd in so n mall...
Ek moet regtig met Charmaine saamstem, jy het inderdaad jou roeping gemis...

Nimsi

Thea said...

Man-wat-weet, ek het gelukkig gehoor jou vrou shop nie graag nie, sy neem net die "shoppers" wat wil shop winkels toe! LOL!!

Sandra, as alles volgens plan verloop gaan ek en Flip Vrydag by Dassiesfontein tussen die hoendertjies middagete geniet!! Sal aan jou dink as ons daar is!

Anonymous said...

Ek sal my toergroepe "eksklusief" maak en nie met massas werk nie - so geen rede om te kommer nie.

Nou wanneer kom jy dat ek jou die malls kan wys Nimsi. Ek wag natuurlik nog vir Thea en Muriel ook.

Thea so reg ek shop glad nie :-). Jy moet Dassiesfontein geniet en vir ons kom vertel hoe jy dit ervaar het. Moet nou net nie die hoenderpastei bestel nie hoor!

mariki said...

Lekker rondlope, hierdie!

Sandra said...

Dis altyd vir my lekker om mense die "dorp" te wys Mariki

Muriel said...

Ek stem, Sandra is die beste toergids waarvoor mens kan vra.

Man ek ken hierdie dorpie nou al so goed, as ek daar land, gaan dit feeste wees, want ek weet presies wat ek met die oog wil sien! Verseker hierdie mall met die lande, kamele natuurlik heel eerste! Daardie pragtige paleis en oe daardie groot Moskee is verseker tweede op die lys en ek sal hom 2 keer wil besoek, elke hoekie en kantjie gaan ek snuffel!!
Ek het ook 'n baie oulike Antieke winkeltjie in hierdie inskrywing gesien!!! Kyk daar heelvoor staan my ketel!!!
Ek wil by daardie vleis restaurant gaan eet. Ek beter nou ophou, my Teddie sal nooit genoeg geld bymekaar kry vir wat ek alles beplan nie!!!

Dankie vir die deel van die Schultz besoek, ek is seker hulle het dit baie geniet!
x x

Charmaine said...

Ek mis lekker uit op al die dinge wat op die blogs aangaan en soos almal is ek in overdrive en hol ek myself partykeer van agter in... wat gaan aan die jaar!?!? en ja, ek kon nou nie balletjies roomys saam eet nie, maar jy het dit darem oor die foon met my gedeel en ek waardeer hoor...
liefde vir jou maat!

Sandra said...

Sien jou inkopielys is al beplan en ek kan net vir Teddie die budget solank stuur :-) Muriel.

Ek hoor jou eintlik as ek een van die roomys-balletjie verkopers sien - min wat so opgewonde daaroor raak as jy.