Wednesday, December 31

Verdraagsaamheid in 2009

So 'n paar weke terug is 'n nuwe beeldhouwerk wat reg voor die Diwan van die Kroonprins van Abu Dhabi staan onthul en ek het gedink dis ook 'n goeie boodskap vir 2009.Hierdie "werk" bestaan uit 9 individuele brons letters wat saam die woord "Tolerance" uitspel. Die kunstenaar is Guy Ferrer van Frankryk. Die beeld is vir die mense van Abu Dhabi - almal wat hier bly, werk en besoek geskenk deur die kroonprins van Abu Dhabi. Hy het ook gese dat vroeer jare was die land gefokus om 'n goeie infrastruktuur, brue, vervoer en gebou daar gestel te kry en nou dat die land ontwikkel wil hulle seker maak dat mense die middelpunt is van wat hulle doen. Die gedagte aan die beelhouwerk het reeds in 2004 ontstaan en die kunstenaar se sy werk simboliseer die waarde van "harmony, peace and love." Hulle beplan ook om rondom 'n parkie te maak sodat mense daar kan piekniek hou en ook die beelde geniet. Met alles wat nou in die wereld en die Midde Ooste aangaan dink ek 'n bietjie "tolerence" van mekaar kan 'n groot verskil maak. So kom ons verdra mekaar, of ons nou anders lyk, dink of doen in hierdie nuwe jaar en kyk net watter verskil dit kan maak. 'n Baie Voorspoedige 2009 vir almal van julle!

15 comments:

Muriel said...

Hello Sandra

"Tolerance" dit kan so groot verskil maak.

Voorspoedige Nuwejaar vol geluk en liefde vir jou, Man van die blog en die kinders.

♪♫ Vlieg hoog!

Liefde
x x

Ns: Dankie vir al die moeite wat jy doen met jou inskrywings. Ek weet nou al so baie van julle 2de land en die Kaap he he

Thea said...

Dis nou 'n baie goeie boodskap vir die nuwe jaar. Ek sal graag daaraan wil werk om meer verdraagsaam te wees hierdie jaar. In 'n land waar daar soveel verskillende kulture saamleef is dit nie altyd maklik nie, maar dis nie onmoontlik nie! Mens moet net hard werk daaraan!

Dis 'n mooi gebaar van die kroonprins om erkenning te gee aan die inwoners/bewoners en besoekers aan sy land!

Sandra said...

Dankie Muriel! Hoop julle het ook 'n wonderlike 2009. Jy was darem vroeg op vanoggend, ek's beindruk :-).

Ek dink om verdraagsaam te wees gun mens elke ou ook sy eie plekkie in die son. Ek weet as ek vanoggend in die motor klim sal ek sterk moet wees met die verkeer anders is verdraagsaamhehid sommer dadelik by die deur uit, maar mens kan net probeer kan mens nie.

Charmaine said...

Dis uitstekende beelde maat. Gewonder vir watter besondere geleentheid jy die fotos bere. As boodskap vir die jaar 2009 is dit perfek. Mooi nuwe jaar!!!

Desia said...

Weer eens lekker hier getoer en geleer. Mag 2009 vir julle ook baie geseend wees.
Nog 'n Nuwejaarsvoorneme vir my hier gevind ook: verdraagsaamheid:
Ek was altyd vreeslik verdraagsaam met alles en almal, maar nou die afgelope jaar of so, sukkel ek - ek het al gewonder of dit hormone(peri-menopouse) is?!
Ek kan sommer so skielik omgesukkeld raak met mense (wat ongeskik is, slegte diens lewer, luister na my aksent en nie na wat ek se nie, swak bestuur (kar), kougom kou as hulle met my praat, ens, ens) waar ek vroeer heel geduldig was. (En dis net die klein jakkalsies)Harde werk le vir my voor in 2009!

retha said...

Dit is vir my verstommend om so gereels te sien hoedat die 'heathens and seekers' meer 'GODLY' leef as wat ek dit onder die sien wat 'profess to be children of the living GOD'

(jammer vir al die rooi taal hier)

Miskien le my onverdraagsaamheid teenoor die heiliges.

Sandra said...

Maat ek sal dit veral moet toepas in die verkeer vanjaar :-). Hoop julle dag was lekker!

Desia ek voel weer dat ek meer verdraagsaam is noudat ek ouer is :-). Wat my wel heeltemal daarvan laat vergeet is as iemand vals is en hulle voordoen wat hulle nie is nie. Sal daaraan moet werk ook.

Sandra said...

Retha hierdie ouens doen baie goed ook in ander lande waarvan mens nie eers hoor nie.

Nimsi se Blog said...

Baie dankie vir hierdie besonderse inskrywing. Dankie dat jy al hierdie wonderlike dinge met al ons ou mensies deel. Inderdaad, verdraagsaamheid is iets waaraan ek beslis kan werk! n Mooi jaar vir jou en jou gesin ook Sandra!
Groete
Nimsie

Sandra said...

Dankie Nimsi 'n mooi jaar vir jou en jou gesin ook

Suzaan said...

'n Baie voorspoedige 2009 en mag al julle drome waar word in die jaar. Dankie dat jy ook so 'n getroue leser van my blog is!

Overberg groete

Sandra said...

Dankie Suzaan, ek kuier lekker op jou blog.

Anonymous said...

Wat 'n mooi gebaar van die kroonprins! En 'n beautiful boodskap vir die nuwe jaar.

Yannis & Zanke - Lotman Twins said...

Dit is voorwaar spesiaal. Ons het die middag nadat ons by Tannie-hulle gekuier het hier verby gery. Maar die fotograwe wat saam met ons in die motor was, was te moeg gewees om nog foto's te neem :-)

Baie dankie vir die mooi beskrywing van die betekenis van hierdie uitbeelding!

Mag 2009 'n Geseënde jaar vir die Holloway's wees.

Groete

Desire Fourie said...

Wat 'n interessante beeldhou uitstalling met nog 'n positiewe boodskap op die koop toe. Verdraagsaamheid is definitief iets wat ieder en 'n elk van ons kan probeer om meer toe te pas. Alles wat mooi is vir 2009. Groete uit SA