Saturday, December 20

'n Plek van Rus

As mens op 'n ou kaart gaan loer, sal die vroegste kaart wat in 1693 geteken deur ene Pierre Mortiere sien dat die dorpie wat nou as Paternoster bekend is, bekend was as "St Martins Bay". Wat vir my besonders van die naam Paternoster is, is dat dit "Onse Vader" meen. En dis 'n plek waar mens Ons Vader se hand in alles kan sien met sy uitgestrekte wit strande, en absolute eenvoud. Ek hoor dat ek vroeer nie in die Weskus wou bly nie, maar as ek nou die ontwikkeling by al die plekke en Onrus sien, voel ek dit was een van my groot foute om so oor 'n plek soos Paternoster te voel. Met ons laaste studie wat oor Rus gaan, is dit 'n plek waar mens regtig Rus kan ervaar. Reeds vroeg met die opstaan het ons geweet hierdie plek is anders ... hoe dan anders want terwyl ek koffie op die balkon sit en drink is dit my uitsig en nie net een nie, maar sommer 'n paar walvisse wat in die baai speel. Die kinders sit dadelik af strand toe waar 'n lekker groot ou hond vriende maak en met hulle speel. Hy word sommer "aangeneem" vir die vakansie en dit pla hom min. Hy volg hulle terug huis toe en speel alte lekker saam. Selfs as hy 'n rustyd neem, doen hy dit langs hulle of sommer binne die huis se deur.


Ek hoef nie te se dat Nelmari heeltemal gevoel het sy's in 'n hondehemel nie veral toe nog 'n maat Bonzo kom saamspeel.

Ons het gereel dat hulle op 'n kayak-safari gaan, maar hulle laat weet die wind op die see en die seestrome te erg en die twee sit maar in die bootjie voor die huis ... nie dat hulle enige plek hiermee sal kan gaan nie.


William geniet die water waar hy nog beter as op Onrus kan skimboard en demonstreer vir ons hoe mens dit doen .......


en natuurlik hoe mens dit nie doen nie.

Die kinders is onmiddelik weskus-bekeerlinge en se dis waar hulle wil bly en ek kry hulle glad nie weg sodat ons die ander dorpies ook kan verken nie. Maar ons kry darem vinnig kans om deur die dorpie te ry en William koop net erwe met sy verbeelding. Mall gewys is die winkel en 'n klein supermark al wat in die dorp is. "Oep ve Koep" se die bordjie en ek vra waar is die brood wat hulle adverteer hulle het. "Net 'n oomblik" se die eienaar, "ek gaan haal gou een uit die oond"! Wat wil mens meer he, die naaste dorp met groot winkekls is 13 km ver in noodgeval. Sommer so langs die huis word 'n tent afdak met vlae staangemaak vir 'n see-troue is dit nie mooi nie? Die hawe is net so rustig en slegs wanneer die vistermanne terugkom met hulle vangs vir die dag, word daar ernstig beweeg. Ek lees een van Uys Krige se aanhalings teen die muur by die Paternoster hotel wat nog net so lyk soos toe ek baie jare as kind daar naby gekamp het ... (dis nou die hotel en nie die aanhaling nie)

"Ken jy die see. Meneer ken jy die see? Hy lyk nou soos jou voorstoep blinkgeskuur en kalm soos min dinge hier benee, maar, hy's gevaarliker as vlam of voor. Dan se jy nog, Meneer, die vis is daar."

10 comments:

Thea said...

Paternoster het nou maar absoluut net 'n bekoring van sy eie!!

Ek kan sommer sien op die foto's die kinders was uit hulle velle!

Gaan ons darem foto's van die troue ook sien? Ek's baie nuuskierig!

Anonymous said...

Thea ek wag net om te sien wanneer ek van die amptelike foto's kry, anders wys ek myne maar.

Charmaine said...

Ons land het sulke ongelooflike wonderlike plekke. Wonder hoe lank dit sal wees voor Paternoster ook tottoeristeplek ontwikkel word en sy natuurlike bekoring verloor. William jy is meestal goed met die skimbord:-)

Anonymous said...

Maat dit lyk asof hulle baie streng bouregulasies ens op die oomblik toepas so hopelik het hulle gesien wat gebeur met Langebaan en sal te veel ontwikkeling keer. Daar is bitter min indien enige bou/ontwikkeling op die oomblik daar aan die gang

Thea said...

Dis reg Sandra!

Onthou jy ek het jou vertel van die B & B waar ons tuis gegaan het laas jaar toe ons daar was. Die eienares se man het blykbaar die nuwe uitbreiding se huise ontwerp en daar mag glo ook nie 'n ander boustyl gebruik word nie. Verder weet ek nie meer nie maar ek hoop ook daar word nie verdere ontwikkelings daar toegelaat nie.

Jan and Miekie said...

Bly om te hoor hulle bou minder - die plek het al ongelooflik baie verander sedert ons in die 90tigs daar was. Ontwikkeling is seker goed vir die plaaslike bevolking? Of is dit?

Nimsi se Blog said...

Hello Sandra, kom vang gou op hier op jou blog, my rekenaar was "siek" so ernstig dat ek heelwat agter geraak het. Ja ek sal ook altyd aan Patenoster dink as die mooiste plekkie! Baie Geluk aan James met sy uitslae! Jy is waarlik so geseend met drie sulke pragtige kinders!
Nimsi

Anonymous said...

Ek was nog nooit self daar nie, maar jy het Paternoster aan my verkoop. Beslis een van die plekkies wat ek 'eendag' sal wil sien.

Sandra, as ons nie weer gesels voor die tyd nie, 'n baie geseende Kersfees vir jou en jou gesin.

Sandra said...

Ek hou van die boustyl en alles so mooi en wit langs die strand. Ek hoop ook hulle hou die dorpie net so.

Miekie ek dink hulle maak 'n bietjie geld deur huisies uit te verhuur en dit beteken ook hulle moet hulle huisies in 'n baie goeie toestand hou wat alles baie goed is vir die dorp

Sandra said...

Nimsie lekker om weer van jou te hoor en geluk met daai bederf geskenk! Daar is so baie mense wat al op Paternoster was en verlief geraak het op die plek.

Boendoe jy sal van die plek hou. Anderste tipe plante ook vir jou om "uit te haal" :-). 'n Geseende Kersfees ook vir jou en jou gesin.