Friday, December 5

Terug op memory lane

Ons besluit om bietjie in die rigting van Wellington te ry om 'n pakkie te gaan aflaai, maar eers is dit ontbyt op die bergpas. Ons almal se kos lyk heel normaal, maar James se french toast is iets waarvan 'n foto geneem moet word. Rene het eers 'n vergadering en ons gaan loer gou by die ou Hawekwa terrein waar ons klompe kampe gehad het. Natuurlik was die seuns nog klein. James het sy eerste kamp hier op die ouderdom van 3 maande gedoen en die seuns is verstom hoe "klein" die terrein nou lyk ...Dis nou 'n gevaarlike plek want orals is bordjies wat jou waarsku "Pasop vir die slange". Die twee dinge wat hulle die beste onthou is die kosry :-) hier waar hulle nou staan en hierdie plekkie. Ok Annie, Charmaine, Eddie en enige oud Hawekwa-kampers, waarna staan James hier en kyk en wat onthou julle van die spesifieke plekkie? Ons gaan laai daarna die pakkie by my niggie Rene af en die kinders is gefasineer deur die groot ou boom. Regte "Robinsons family" boomhuis boom. Daar word lekker gekuier en gelag en die seuns hoor staaltjies van lang lang terug (nie dat Rene so oud is nie, sy onthou net goed). Nelmari en haar ouma luister aandagtig. As julle weer in Wellington kom, moet julle tog by die Deli 'n draai gaan maak vir lekker eet en drinkgoed. Lekker moeg van die langrit braai die seuns vir ons en ek moet 'n foto neem want dis die eerste keer dat ek hulle braaivleis eet. Die weer speel so lekker saam en ons geniet ons gate uit.\

10 comments:

Nimsi se Blog said...

Hoelyk die manne dan nou so half benoud daar by die braai-vuurtjie?
Nimsi

Anonymous said...

Ai, die toubrug en moddergat bruggie by Hawekwa......en ja, die man met sy baadjie en bootsies is nou baie groter!

Oor die res bly ek liewer stil, oordat my bek dik is.

Katte en hond word darem gevoer.

Anonymous said...

William het net gestaan in die foto om te lyk of hy braai, eintlik was dit my werk. Ek was net benoud dat hy sal lol met die vleis. :)

mariki said...

Lekker tog, Sandra, "making memories on Memory Lane."

Jan and Miekie said...

Ek voel vandag te oes om te werk en haal dus eers gou-gou blognuus in. Het jou posts baie geniet. Dit lyk asof julle 'n baie lekker tyd in S.A. het. Dit is lekker om weer terug te gaan na plekke van 'n mens se kindertyd ne. Al die herhinneringe aan kampe! Die braaivleis lyk te lekker.

Jan and Miekie said...
This comment has been removed by the author.
Anonymous said...

James, ek hou van die georganiseerd geit van die vleis, so mooi in n ry, kan dink jy wou nie he William moet naby dit kom nie. Sandra ek dink ek het n video van Corli op n toubrug of oor n moddergat, is nou baie nuuskierig sal moet vannaand kyk as ek klaar gewerk het.
Annie
Toemaar Eddie, elke dag het net 24 uur !!!!!

jackieo said...

Ai Sandra - lyk so lekker daar by al die ou bekende plekke - my hart trek met 'n punt terug huistoe en hierdie woestyn wereld besef ek is maar net nie so mooi soos ons eie land nie. Met baie heiwee lees ek elke dag jou blog hier in my kamertjie in Dubai - geniet en se groete vir almal

Anonymous said...

Nimsi dalk is die manne "bang" vir die ma :-)

G@tvol man bly die diere kry darem kos - jy kan vir hulle braai ook

O skuus seun benoud en nie bang nie

Mariki ja die onthou's is baie lekker

Anonymous said...

Miekie dit is lekker om te hoor as die kinders opgewonde raak oor goedjies wat mens lank terug gedink het was net sommer so. Wys jou net alles is eendag herinneringe

Annie jy weet mos van James en orden :-). En jy's reg daar moet 'n stukkie wees waar Corli vir lewe en dood aan 'n paal vashou oor die moddergat :-)

Ons land is mooi Sue! Sal vir jou nog foto's wys dat jy kan kwyl. Sterkte vir die Dubai kamertjie.