Sunday, December 7

Ons kuier lekker

'n Lekker bonus gedurende die vakansie was 'n kort besoekie van tannie Bes, Charmaine en Elriza by ons. Dit het beteken ek het net 3 daggies om die "Kaap" aan hulle te probeer verkoop en eintlik is sy net hier op te "shop" en hierdie keer vir 'n ou eiendomtjie in een van die rustige dorpies. Ons het egter soveel moontlik probeer inkry en die eerste "afshow" van die Kaap was die kusroete (berg om) vanaf Gordonsbaai na Onrus. Ons eerste stop ... natuurlik is om te eet .... en omdat ons nog self nog nie daar was nie, is Sea World in Hermanus 'n goeie keuse. William vertel dat ons "ouer" mense nie die trappies op en af gaan maak nie, en ek moet erken dat mens nie teveel na die uitsig kyk terwyl jy die trappe aflklim nie. Jy konsentreer en maak berekeninge hoe jy na ete weer hier gaan op. Die jongmense het egter nog tyd om te glimlag terwyl hulle afkom. Die restaurant sit so onder die rotse met die see reg langs jou. Tannie Bessie loer vir die foto. James vat sy telefoon vir 'n "walkie". Ek vermoed Leane word ingelig oor waar ons is en wat ons doen. Elriza gaan ook nader om te kyk of sy nie walvisse kan sien nie ... en ek's bly ons kon hulle darem so twee wys wat in die baai gekuier het. Die kinders besig om kamstig vir my te "pose". En dan kom die kos en almal verkeer vreetsaam met die snoek, geelstert, viskerrie en calamari. Nelmari wen hierdie keer die prys vir die grootste bord --- met ietsie van alles in. (Gelukkig het sy en William darem gedeel). Hulle is moeg van die vroee vlug en lang rit maar ek dink op hierdie stadium is dit Kaap 1 - Ander 0. Gelukkig ontdek ons 'n makliker terugpad met minder moeilike trappies en sien dis eintlik die amptelike ingang. Wat sal 'n mall sonder Charmaine wees en in 'n shopping blitz verdwyn die moegheid en kan ons vinnig 'n paar pakkies bymekaar maak. Vicky hier's oulike klere vir die kinders ;-). Die kersie op die koek is 'n feetjie winkel !!! Nelmari en Charmaine bestudeer van die feetjies. En wat se hierdie gesig dink julle? Die klomp is moeg rondgeloop en wag vir die "ouer" tannies wat nog nie einde het nie. Nou moet daar nog voete in die water gesit word .... maar daarvan vertel ek volgende keer.

13 comments:

Anonymous said...

Snik, snik..................tjank, snik, snik!

Wat is die Afrikaans vir "Boggers"

Thea said...

Man-wat-nog-steeds-diere-voer - sit die diere in die kennels en bespreek 'n sitplek op die 1ste vlug SA toe! Só kan 'n mens nie "suffer" nie! ;-)

Sandra, dit lyk of julle 'n "whale of a time" het! Ek is pienk en pers en al die kleure van jaloesie!! LOL!!

Maar al is ek bietjie jaloers, is ek bly om te sien dat julle so lekker vakansie hou en by al die mooi en lekker plekkies kuier! Wat meer kan 'n mens van die lewe vra?!

Nimsi se Blog said...

Ek stem saam met Thea, kry daai man hier... so kan geen mens gelos word om te suffer nie!
Nimsi

DJ said...

dit was 'n lekker vakansie, so mooi dankie Tannie wardeer alles!

Jan and Miekie said...

Hoe water my mond nou!

Charmaine said...

Ja, dit is net so wonderlik soos dit lyk... en beter. Dankie maat vir al die lekker rondwys van die amazing plekke... ek is erg beindruk... so lekker geeet aan al die vis. En ek is nie 'n viseter nie. Die Kaap kan mens nogals verander... sien ek

Anonymous said...

Lag ek nou vir die arme-man-wat-die-diere-moet-voer!!!!

Sandra, jou foto's en stories vertel van 'n gehegte gesin. Dit gee 'n warm gevoel in die hart. Gaan julle Kersfees nog in SA wees? (Wat van die arme dieroppasser?)

Amazing dat jy nog tyd kry vir blogging as julle so besig is om te shop en te eet en te kuier en te ry...wag, ek's skoon moeg...

Dorette said...

Dit lyk te heerlik! Kan NIE wag vir my vakansie om te begin nie - dis moeilik om te werk as die helfte van die land al op die strand le!

Muriel said...

Dit lyk heerlik! Ek is ook met vakansie alhoewel nou nie by die see nie! Ek het hierdie jaar die rustigheid van die bos verkies!

Bly julle geniet die vakansie!

Sterkte aan man wat nogsteeds die diere voer! :)

Anonymous said...

Eddie jy moet nie so huil dat jy van die diere vergeet nie ... jou beurt kom.

Thea dis sal jy wees wat ek in "kleure" sal sien :-). Ons geniet die rondry verskriklik baie.

Nimsie wie gaan dan die diere oppas?

Was so lekker om julle hier te he Elriza

Anonymous said...

Miekie ons eet omtrent seekosse

Boendoe ons is Kersfees by die "huis" in die UAE. Mens blog maar al die foto's op een slag en schedule die publiseer tye. Hier maak die dorpe net voor sononder toe.


Waar gaan julle vakansie hou Dorette?

Muriel jy moet jou vakansie geniet!!! Lekker dat jy nog hier inloer.

Anonymous said...

Dankie vir hierdie heeerlike toer deur julle pragtige stukkie Kaap! Ek verlang darem nou 'n hond uit sy kos uit!!!

Sandmensie said...

Sandra ek spaar elke dirham wat ek sien rondlê, uitsteek, oorbly, kleingeld vir hierdie lekker vakansie wat kom, Pa sal die klere vir die kinders moet koop ek gaan al die vis opeet!!! Ons kannie meer wag nie!
Eddie.. Afrikaanse woord vir boggers is bliks...laters!!