Monday, December 1

Eerste paar ure van die vakansie

Die vakansie het begin!!! Charmaine vlieg dieselfde tyd as ons (sy is net gelukkig om langer te bly) en ek besef dat met Nelmari en Charmaine saam, ek ietsie sal moet doen om hulle "besig" en "uit die kwaad" te hou. So maak ek vir hulle elkeen 'n aktiwiteits pakkie met lekkergoed en goedjies om hulle besig te hou ... alles met feetjies. Hier is Charmaine dadelik besig om in te kleur. (Dit was eintlik gedoen om wakker te bly want ons vlug was eers 02:40 in die oggend). Maar die moegheid hou net tot op Johannesburg lughawe waar ons vir Elriza, Muriel en Thea kry en toe word daar gekuier en vrae oor en weer gevra dat die stof so staan. En dan is dit vroee Kersfees en ons deel geskenkies uit ... Dit lyk omtrent soos onder 'n Kersfeesboom by die tafel. Dankie julle vir die pragtige geskenke vir my en Nelmari. Dit was lekker om saam met julle te kuier!!!

9 comments:

Muriel said...

Ek is mal oor daardie aktiwiteits pakkies! whahaha

Dit was 'n heerlike kuier, ek het my gate uit geniet! Was baie lekker om jou ook weer te sien!

Weereens dankie vir ons mooi geskenke!!!

Geniet die res van die vakansie en die troue!!!

mariki said...

Geniet elke oomblik, en kuier veilig!

Thea said...

Die aktiwiteitspakkies... LOL!! Ek neem aan die lekker sweeties wat Charmaine vir ons uitgedeel het, was ook deel van die pakkie.

Dit was 'n heerlike oggend en ek's bly ons het ontmoet Sandra! Ek hoop daar sal weer sulke geleenthede wees!! Julle ore het seker al baie getuit soos ek hier vir almal vertel van ons lekker kuiertjie en my pragtige geskenke wys!

Geniet die tydjie verder!! Sien uit om verder te hoor wat julle alles doen! ;-)

Mariette. said...

Dit lyk of jul beslis lekker gekuier het.

geniet die res van jul kuiertjies!
groete

Anonymous said...

Ek moet nou eers dit se. Ek het so bietjie gaan opvang op die blogs en lekker oral gekuier. maar toe sien ek mos toe nou iets anders....
Ek sien toe redelik meer as gewoonlik kiekkies van jou. Dit is mos nou nie 'n alle daagse ding nie. jou leesers moet dink dit is amper kersfees!!!

Ha ha ha - ek speel net. dit is lekker om jou ook so dan en wan op 'n ou fototjie te sien.

lekker kuier

Desia said...

Geniet die kuier!

Sandra said...

Muriel volgende keer bring ek vir jou ook 'n aktiwiteitspakkie sodat Daan 'n bietjie kan rus :-)

Dankie Mariki ons geniet!

Ja Thea dit se nou nie veel as sy die lekkertjies wat ek spesiaal vir hulle gegee het uitdeel nie ne? Ons sal beslis weer kuier en dankie vir jou vir die pragtige geskenke vir my en Nelmari.

Sandra said...

Dankie Mariette, dis nou my beurt na jou beurt ne :-)

Dis gevaarlik as daar teveel foto's van my opkom, ek sal ernstig daaraan moet aandag gee - dankie dat jy gese het :-)

Dankie Desia, geniet ook die eerste Kersfees saam met julle kleinkind!

Desire Fourie said...

Daar is niks so lekker as om ou vriende weer te sien na 'n lang droogte nie. Geniet julle tydjie in SA.