Wednesday, December 17

Ons groet Onrus en die Smithe

Na al die heerlike dae langs die kus, kla ek glad nie toe die laaste dag aanbreek en dit effens koeler en bewolk is nie. Dis mos lekker om warm aangetrek langs die strand te stap ook, of altans vir party van ons. William "skimboard" (mens spreek dit in Engels uit) dat hy spiere seermaak wat hy wat fiks is nie eers van geweet het nie. Daai manne op die agtergrond kan ook nie glo wat hulle sien nie. Maar na heelwat valle, kry hy dit reg om die bord te bemeester en geniet hy die koeler en rustige water. Ek sou graag wou se dat ons nie gaan uiteet het nie, maar mens moet mos eet, julle doen ook en ons kuier vir oulaas saam met die Smithe. Die kinders vertel dat hulle genoeg gevis het en nou vleis soek, dus is ons Cattle Baron toe. Die aand word oom Jan se eerste liggies wat James help aansit het, amptelik aangeskakel. Daar word met 'n kritiese oog na die liggies en die leemtes gekyk wat sou opvul. Ek wonder hoe dit nou lyk met die klein kindes wat die week daar gaan opdaag. Oom Jan se hy wil sien hoe jou kersliggies ook lyk Eddie. Ons kry ook kans om bietjie kopstukke te gesels en hier is oom Jan, William en Nelmari aan die kuier. James kry ook sy beurt en hy vertel dat hy nou amptelik gehoor het hy's sy honeursjaar ook deur. Gou-gou word die sjampanje, kaas, mossels en beskuitjies gehaal en ons vier fees. Baie geluk seun en dankie Oom Jan en tanne Nell vir die lekker kuier.

12 comments:

Muriel said...

Daardie skimboard storie lyk lekker!

Die liggies lyk vir my pragtig, ek gaan ook vandag my liggies aanskakel!
Maar die jaar het ek nie groot gegaan nie!

Ek kan sien julle het die vakansie baie geniet!

Welkom terug!

mariki said...

Wat 'n wonderlike tydjie het julle tog gehad.

En geluk aan die Honneursman -- harde werk word beloon, né.

Thea said...

Nou kan julle weer hou vir 'n ruk Sandra! Te oordeel na al die mooi foto's en vertellings, lyk dit of julle 'n fantastiese vakansie gehad het! Was seker maar moeilik om weer terug te gaan?!

Baie, baie geluk James en ek wens jou alles wat mooi is toe vir die toekoms!

Sandra said...

Muriel daardie board werk met die spiere want vir 'n ou wat fiks is, het William taamlik moeilik trappe geklim na die eerste dag.

Dit was wonderlik Mariki en ons was so geseen met goeie weer.

Nie vir te lank nie Thea, mens mis SA mos gou weer, maar dis altyd lekker om huis toe te kom en nie meer uit 'n tas te lewe nie. Sal nog die Weskus foto's wys.

Charmaine said...

Baie geluk James. Mag jou pad altyd so gelyk loop. Ons glo dat die regte werk ook nou op jou pad sal kom.

retha said...

Ja, soms is dit goed wanneer self a lekker tyd op n einde is.
Jou kuier het my opnuut laat dink dit is tyd vit ons om see toe te gaan.

En geluk met daar die student se slaag. Harde werk agter die blad daar!

Sandra said...

Dankie maat, ek glo ook die regte werk sal opdaag.

Julle moet die see ook baie geniet Retha

Desire Fourie said...

Baie geluk Sandra met jou seun se honeursgraad. Jy mag maar met bree trotse skouers rondloop. Dit lyk asof julle nog baie lekker in die Kaap kuier. Geniet dit.

Anonymous said...

My eerste besoek! Jinne hoe verlang ek nou na Onrust. Dit is mos my woonplek! Dankie die "kiekies" het sommer my koue Ierland laat hitte kry.

Anonymous said...

Desire die vakansietjie is nou amptelik verby, maar ek het nog so 'n bietjie foto's om te wys - dit was baie lekker

Welkom hier Rustig! Onrus is nou ook ons woonplek in SA. Ons beplan 'n Ierland besoek vlg Mei en ek hoop dis dan darem bietjie warmer daar.

Anonymous said...

Hallo julle
Bly om te sien dat julle nog elke sekonde van die vakansie geniet. Baie baie geluk James ons is sommer baie trots op jou
Lovies
Heleen

Anonymous said...

Baie dankie Heleen!