Wednesday, December 3

Die Hammans kom kuier by Onrus

Dit was nou lekker om so saam met my sus Marie en haar familie by Onrus op te daag. Daar is gekuier en gesels en gelag asof ons mekaar die anderdag gesien het. Met 'n tipiese Kaapse dag wou die kinders nie swem nie, en het maar op die dek gekuier en pyltjies gestuur. William het 'n baie rustige houding en probeer allerhande toertjies uitvoer. "Klein" Jaco is so naby aan die bord, hy kan maklik bulls gooi. James lyk maar moedeloos met die klomp of is dit omdat hy die son uit ouma se oe moet hou? Nelmari het self 'n aksie vir haarself en die vrouespan (Marie en Nelmari) in hulle woorde ... skop gat :-). Nou vir Marie ken julle na haar "Noot-vir-noot" vertonings in September en weer stel sy nie teleur nie. (Sy blyk baie lief vir die kamera en "perform" te wees).





Maar vir haar is dit nie eers speel nie .... daar word eers opgewarm....





En dan word daar gegooi met die nodige ondersteuning en performance. Die seuns kan maar net staan en lag. Sy raak darem moeg ook en besluit om telling te hou en die spanne aan te moedig.Middagete is regte vis en chips vars van Onrus se viswinkel, en almal kuier lekker. Einde van die dag en ek probeer die nefies en niggie afneem, maar daar word so gekgeskeer dat ek dit nie regtig regkry nie ... ek het maar net gedreig... die troue kom en ek en my kamera gaan daar wees!

11 comments:

Anonymous said...

Hoe lus is ek nie nou vir vis en chips nie!!!!

Ag, dit lyk of julle lekker vakansie hou. Geniet dit!

mariki said...

Ek ruik die see!

Anonymous said...

Geniet die vakansie...tenminste weet ek hoe dit daar lyk en kan ek jou 'picture' in jou huis!!!
Annie

Muriel said...

Dit lyk lekker! Marie hou dinge lewendig daar by julle! he he

Geniet dit!

Mariette. said...

Lekker!! dit lyk en klink na vet pret!!

lekker kuier!!

Anonymous said...

Kwyl, kwyl, kwyl, kwyl nog 'n kwyl, kwyl, kwyl, kwyl, 'n lang kwyl, kwyl, kwyl, kwyl en nog 'n kwyl!

Thea said...

Lekkerte!!! Ek wil ook by die see wees!! *snik* *snik*

Nimsi se Blog said...

Wat n pragtige groepie jongmense!Ek kan sien julle geniet dit terdee.Aan die ou in Abu Dhabi... "shame tog man" sterkte.
Geniet!
Nimsi

Anonymous said...

Geskenkie vir jou!!!!

Anonymous said...

Boendoe dis lekker fish & chips jong - met sulke sout en asyn op

Mariki ja die see is een van die lekker reuke van huis.


Ek's nuuskierig om te weet watter prentjie jy sien Annie :-)

Eddie moenie die kwyl op die stoel mors nie

Anonymous said...

Thea moenie huil nie, kom kuier saam.

Muriel ja Marie hou van so voor die kamera perform al se sy sy weet nie daarvan nie :-)

Dankie Mariette jou beurt kom :-)

Nimsie die kinders is propvol vreugde en miere ja!

Pikkie baie dankie!