Monday, December 15

Dis lekker by die see en ons huisie

Mens het baie gunstelinge, maar seker een van my top 5's vir eetplekke is Ons Huisie in Bloubergstrand. Die berg gee my sy mooiste prentjie.Bly Laurika daar vra William en toe ons lag vertel hy sy sing mos dat sy 'n huisie by die see het en sy sing van Bloubergstrand. Ons kuiermense is na 3 kort daggies oppad terug en natuurlik moet ons net daaruitkom. Net na die slag van Blouberg het die meeste van die plase en grond destyds in 1806 aan 'n ene Frederick Stadler behoort en die vermoede is dat die huisie sy eerste huis was. Daar is geen amptelike datum van die huis nie, maar in 1853 het die bekende kunstenaar Thomas Bowler 'n potloodskets van die huisie gemaak. Op daardie stadium het Hendrik Stadler, Frederick se seun in die huisie gebly. Frederick en sy 3 seuns was vissermanne wat Bloubergstrand op die kaart gesit het! Die Boonzaaier familie het ook 'n groot rol in die huisie se geskiedenis gespeel en die huidige eienaar het probeer om die huisie te restoreer dat mens nog die "ou" geskiedenis kan sien, voel en ruik. Die restaurant het heerlike tradisionele kossoorte op sy spyskaart en ons sit so onder die bokkoms :-)Ons het die lekker vis en ander kosse geniet en dan se ek niks van die mieliebrood, blikbrood en roosterbrood wat ook saam gedien word. Na 'n lekker ete moes daar eers langs die see gestap word. William, Nelmari en Elriza kom teruggestap dat ons kan lughawe toe. Min het ons geweet dat hulle vlug al die oggend om 07:00 gevlieg het :-). Ons was bly want ons kon Ons Huisie ook inwerk!

12 comments:

Anonymous said...

Vlug verpas, nou hoekom is ek nie verbaas nie!

retha said...

O gaats, wat doen hul toe?
Ons ken die plek daar! Beslis een van die mooiste strande en eet plekke.

Mariette. said...

Dit lyk heerlik! en dit lyk asof die weer ook lekker saam gespeel het.
o,koek- wat sien ek van 'n verpaste vlug? julle so lekker gekuier dat jul gewens het die tyd staan stil? Toemaar ons ken die gevoel!!!
groetetjies

mariki said...

Geluk by die ongeluk!

mariki said...

Hmmm...moes eerder gesĂȘ het: geluk omrede van die ongeluk!

eilandkind/islandchild said...

aaah, jy is alweer in SA! Wens dit was ek.
Geseende Kersfees vir julle Sandra.

Sandra said...

Hoekom is jy nie verbaas nie?

Retha hulle het toe ipv die eerste vlug van die dag die laaste een gekry --- ook maar net net.

Ons sou 'n ete uitgemis het as hulle betyds vir die vlug 12 uur vroeer was Mariette :-)

Sandra said...

Net soos jy daar se Mariki :-)

Dankie Eilandkind, geseende Kersfees vir julle op julle mooi eiland ook.

Muriel said...

Ek is bly hulle het die vlug verpas, kyk nou net watse lekker dag het julle gehad!

Sandra said...

Muriel hulle kuiertjie was so kort en as hulle nog vroeer moes vlieg sou ons niks kon doen nie, so alles het goed uitgewerk :-)

Charmaine said...

Ja ouens... alles my fout... se ek met 'n rooi gesig en warm ore, maar ek is ook bly ons het nie 7 uur die oggend gevlieg nie. Dit was 'n duur fout, maar die moeite werd, oor en oor.

Sandra said...

Ek stem saam maat, dit was 'n baie nice fout :-)