Thursday, December 11

Verste punt Suid

Ek was lanklaas verder op met die kus, so die volgende rit was spesiaal vir my en natuurlik om die besoekers nog 'n bietjie Kaap te wys. Die weer speel so mooi saam. Mens raak darem net nie moeg om so deur al die berge en plase te ry nie want elke liewe prentjie is op sy eie unieke manier mooi. Met 'n regte "teepot" (Charmaine) saam met ons, moet ons stop en terwyl ons soek vir 'n restaurant ry ons amper die plekke mis. Die lieflikste tuine, mooiste geskenkwinkel en mooiste toilette :-). Aan die begin is die kinders nie regtig geinteresseerd in ma met haar kamera nie. Nelmari gooi my 'n "ignore" en die seuns, wel hulle kuier met hulle meisies. Miskien vertel hulle vir hul hoe mooi die plekkie in Bredasdorp is. Maar alles verdwyn toe ons Kaap Agulhas binne ry. Hier is Nelmari en Elriza onmiddellik ooppad na die verste punt Suid van Afrika. Alhoewel ons baie hoor en "sien" dat die Indiese en Atlantiese Oseaan by Kaappunt bymekaar kom, vertel die "Hydrographic Organisation" dat hulle met berekeninge uitgewerk het dat dit eindelik 170 km verder by Kaap Agulhas gebeur. William reg om te probeer 'n voet in elke oseaan te he. Die Portugese vloot wat destyds gereeld verby die punt gevaar het, het dit L'Agulhas genoem wat "Cape of Needles" beteken. Die rede vir die onewe rotse langs die kus met hulle punte. Hier staan Charmaine en Elriza op een van die naalde. Nelmari sit ook haar voete vir die eerste keer op hierdie punt. Bekend as die kus met van die meeste skeepswrakke, kan mens dit eintlik nie glo nie .... dis so mooi! Die drie by die "monument" wat aandui die twee oseane kom hier bymekaar. Ek onthou 'n prentjie in my kop van twee seuntjies baie jare terug op 'n lekker winderige dag wat mekaar moes vashou vir so 'n foto. Hulle wou dit nie vandag doen nie .... miskien omdat die wind nie gewaai het nie. Hierdie deel is baie ongerep en daar is geen huise naby nie, wat wonderlik is. Die gebied is dan ook 'n bewarings gebied vir skilpaaie wat ons glad nie kon sien nie. Elriza het hard gesoek, maar gelukkig kon ons haar later op Onrus enetjie wys. Van daar is ons na die lugtoring wat die kus moet veilig hou in donker en stormweer. Hierdie lighuis se eerste steen is in 1848 gele en op 1 Maart 1849 vir die eerste keer gebruik. Hulle se destyds was die ligkrag 4500 "candlepower" en in 1936 word dit verhoog na 75 000 000 "candlepower". Nelmari staan by 'n gedeelte van 'n twin figurehead moontlik van die Franse skip "Marie Elise" wat op 6 Nov 1877 gesink het. In 1994 word die lugtoring as 'n museum verklaar en die kinders besluit om te gaan foto's neem van bo af. Dit lyk te steil vir ons junior seniorburgers en ons drink liewers 'n koeldrankie. Hier kan julle die suidste punt mooi sien. Lekker ongerep en 'n lekker gevoel om te weet dat omdat dit ook 'n natuurreservaat is, sal die mense nie hier kan bou nie. Nelmari en William kan nog glimlag al staan hulle bo in die lekker wind. Dit was so 'n lekker uitstappie maar nog is die dag nie klaar nie, ons moet nog na die volgende dorp toe, maar daaroor later.
Nota aan die Sloans - Ek maak al die blaadjies van die plekke vir julle bymekaar dat julle ook kan gaan kyk :-)

10 comments:

mariki said...

Duidelik was dit 'n baie interessante dag!

Nimsi se Blog said...

Ek kan nie wag vir elke dag se inskrywing en foto's nie... ek hou heerlik saam metjulle vakansie!
Nimsi

Thea said...

Ja ek moet saam met Nimsi stem, ek geniet hierdie "toer" deur die Kaap! Dankie Sandra!

Desire Fourie said...

Jou fotos is pragtig Sandra en die Kaap bly maar die mooiste Kaap. Kan nie glo die see is so mooi groen/blou nie. Geniet jou vakansie verder. Mooi bly.

Anonymous said...

Ek stem saam met die ander: jou foto's is pragtig en dis so lekker om saam met jou op vakansie te gaan. Geniet die saamwees!

Charmaine said...

Dit was regtig 'n baie spesiale wegdbreek die. Greg en Vicky, vang tips. :-) dankie maat en geniet jou tydjie in Paternoster.

Anonymous said...

Dit lyk wonderlik daar! My volgende vakansie gaan beslis daar aan die Suidpunt wees :)

retha said...

Daai torings is so hoog, my bene word lam net te dink om so ver op te gaan.

So mooi daar!

Sandra said...

O ja Marike dit was so lekker om al die plekke weer te sien.

Nimsie lekker om jou ook saam op vakansie te he :-)

Thea jy het mos op al hierdie plekkies al gekuier?

Desire daar is mooi na ons gekyk met wonderlike weer in die Kaap

Sandra said...

Dankie Boendoe dis lekker om die plekke weer deur die kinders se nou "grootmens" oe te sien.

Dankie maat en ek vertel julle binnekort van die Weskus

Paula die Kaap is darem mooi en 'n lekker vakansieplek

Retha dis 72 nou trappies hoog, ek het dit maar liewers nie aangedurf nie - daar was net 'n oggend beskikbaar en ek mag dalk die dag gevat het.