So 'n paar weke terug is 'n nuwe beeldhouwerk wat reg voor die Diwan van die Kroonprins van Abu Dhabi staan onthul en ek het gedink dis ook 'n goeie boodskap vir 2009.
Hierdie "werk" bestaan uit 9 individuele brons letters wat saam die woord "Tolerance" uitspel.
Die kunstenaar is Guy Ferrer van Frankryk. Die beeld is vir die mense van Abu Dhabi -
almal wat hier bly, werk en besoek geskenk deur die kroonprins van Abu Dhabi.
Hy het ook gese dat vroeer jare was die land gefokus om 'n goeie infrastruktuur, brue, vervoer en gebou daar gestel te kry en
nou dat die land ontwikkel wil hulle seker maak dat mense die middelpunt is van wat hulle doen.
Die gedagte aan die beelhouwerk het reeds in 2004 ontstaan en die kunstenaar se sy werk simboliseer die waarde van "harmony, peace and love."
Hulle beplan ook om rondom 'n parkie te maak sodat mense daar kan piekniek hou en ook die beelde geniet.
Met alles wat nou in die wereld en die Midde Ooste aangaan dink ek 'n bietjie "tolerence" van mekaar kan 'n groot verskil maak.
So kom ons verdra mekaar, of ons nou anders lyk, dink of doen in hierdie nuwe jaar
en kyk net watter verskil dit kan maak.
'n Baie Voorspoedige 2009 vir almal van julle!
Hierdie "werk" bestaan uit 9 individuele brons letters wat saam die woord "Tolerance" uitspel.