Tuesday, December 9

Peer en suurlemoen bome...

Die eerste dag kan nie verby wees voordat die Gautengers ook hulle voete in die water kry nie, maar die see is bietjie koud terwyl die son besig is om onder te gaan. So daar word liewers 'n ent langs die see gestap en toe bietjie gerus om na die see te sit en kyk en te rus want daar le 'n besige paar daggies voor. William en Nelmari geniet ook 'n stappie langs die see. Die volgende dag is "huis soek" dag maar nie voordat ons eers 'n middagete eet nie. Ons gaan na Dassiesfontein toe waar ek met 'n vorige kuier van vertel het hier. Elriza sien onmiddelik n klomp goedjies wat sy wil koop vir haar boeties by die huis. Dis pensionaris dag en gelukkig maak ek en Charmaine dit net om nie "afslag" te kry nie. Hulle bring die lekkerste warm gebakte brood en mens kan net nie nee se nie. Dan kom die kossie wat vandag wissel van waterblommetjiebredie, hoenderpastei, herderspastei, kerriehoender ens. 'n Groot bord groente vir die manne. Ons het genoeg gehad en moet die nagereg 'n skip gee besluit die twee. Die twee oumas is besig om 'n hond uit die bos te gesels. Net om te wys hoe vars die disse is, loop die hoenders sommer tussen die tafels rond. Een van die hane het sowaar by die tafels gebedel en nadat hulle klaar vir hom krummels gegee het, vreeslik aan die kraai gegaan toe daar niks meer oor is nie. Natuurlik is daar ook winkeltjies met allerhande goedjies wat mens wil aanpas en koop. Op hierdie stadium oorweeg die twee 'n ekstra handbagasie tas ... moenie vir my vra hoekom nie. Met die hande vol sakkies van brood tot blikborde is dit tyd om daai huis te gaan soek. Die helfde van die groep gaan terug strandhuis toe en ons draai eers by Genadedal in. Ek is seker dat Charmaine julle meer van die dorpie sal vertel ook, maar julle kan hier van my vorige besoek lees. Elriza en haar ouma sit onder die geskiedkundige peerboom en rus. Ek het hier vertel van Greyton en dis na aanleiding van die foto's wat Charmaine vir haar 'n huisie hier wou gaan soek. Elriza het egter ander planne met hierdie tuin en kapel. Die huisie wat hulle beindruk het se naam is Lemon Tree.Laat middag word afgesluit met lekker tee.

10 comments:

Anonymous said...

Jaloers!!

Charmaine said...

So baie lekker.... dankie weereens maat. En ja, ons sit die plan van huisie koop in Pa se inbox en wag vir Sy antwoord.. Ons gaan sommer baie gou weer in die Kaap kuier... ek weet

Anonymous said...

'n Toe bek is 'n heel bek!

"Lekker by die see" is die uitdrukking.

Jan and Miekie said...

Dis nog 5 maande voor ons see toe kan gaan! Gaan darem die naweek Vrystaat toe. (Intussen pas ek die twee kleinkinders op - 'n lekker verskoning om nie te werk nie!) Geniet elke oomblik van julle vakansie!

Anonymous said...

Dit lyk heerlik en ek gaan nie se dit lyk of jul dit geniet nie want mens kan sien jul geniet jul self gate uit.
-Shame ou 'cat whisperer' dis nog min daggies jy kan dit maar begin aftel- dan gaan jy nie meer so eensaam en aleen wees nie!!

DJ said...

;-) ek is nogals bly tannie het nie die foto van my bord kos hier op nie. liefde en groete. elriza

Nimsi se Blog said...

Dankie dat jy ons almal saam met jou op hierdie vakansie gevat het.
Die James kind van jou is darem maar n mooi seun jong!
Nimsi

Thea said...

Hoe lyk dit vir my Charmaine het Elriza mooi geleer oor die "shopping" ding? ;-)

Ai Sandra, hierdie Dassiesfontein sien ek nou net weer, is nou maar eenmaal 'n plek wat mens nie moet mis as jy in die Kaap is nie!

Geniet die laaste paar daggies van julle vakansie en Paternoster!!

Charmaine, ek hou vir jou duim vas vir 'n huisie op Greyton.

Anonymous said...

Ronelle jy het mos elke dag die Kaap :-)

Was lekker om 'n bietjie van die Kaap vir jou te wys maat

Wat van Luie?

Miekie jy moet die kleinkinders verskriklik geniet!

Anonymous said...

Mariette ek's seker jy tel ook alweer die daggies af

Elriza ek sal hom opsit spesiaal vir jou

Nimsie dis lekker dat julle so saam met my in die Kaap kuier

Thea ek dink soos ma soos dogter :-) en dan nog die invloed op my dogter ook