Saturday, December 13

So so mooi

Moenie vir een oomblik dink ek het genoeg see gesien nie. As julle dit nog nie agtergekom het nie, ek is mal oor die see en na die Kaap Agulhas besoek ry ons verder na 'n dorpie met die naam van Arniston ook bekend as Waenhuiskrans. Hierdie dorp is al twee eeue oud en kyk hoe pragtig is dit. Ons besluit om na die "grot" waar die naam vandaan kom, te gaan kyk. Hulle se 'n ossewa kon omgedraai het in die grot. Die twee meisies stap vinnig vooruit. Die seuns is bietjie meer versigtig en staan na van die ander grotte en kyk en natuurlik is James ook opsoek na klippies vir Leane. Op 'n stadium raak Elriza en Nelmari bietjie "bang" want die water stoot op, maar ons ouer tannies loop aan en kyk net ons beloning ..... Dis so mooi mens kan nie genoeg kry van die uitsig nie. Ma en dogter rus en gee kos vir die steekvliee terwyl my drie "rustige" kinders nie tot ruste kom nie. Die vakansiehuisies lyk omtrent almal so. Die ou pastorie op die dorp. Hierdie is die ou huisies waar van die inwoners nog bly. Middagete is by die Arniston hotelwaar Willilam 'n "pint prawns" eet. ('n Bierbeker vol prawns) En dis ons uitsig terwyl ons eet.

11 comments:

Desia said...

Ag, dankie weer dat ek so kon saamtoer Sandra! Ons was in 1997 in Waenhuis en omgewing toe my skoonouers nog 'n deelhuis daar gehad het. Dit lyk nog steeds pragtig daar. Is die vrou wat kerse maak nog op Bredasdorp? Ek kan nie nou die naam van haar kerse onthou nie, maar was nogals baie mooi.

Muriel said...

Hello julle!

Ek kan sommer sien julle hou nog lekker vakansie. Geniet dit!
x x

Anonymous said...

Sandra, dit bring nou baie heimwee terug, ek het een aand, jare gelede in een van daardie huisies oornag... Aijaijai...

Nimsi se Blog said...

Duisende dankies Sandra, hierdie vakansie saam met julle is salf vir my siel! Hier sal ek kan bly!
Geniet.
Nimsi

Anonymous said...

Hallo hallo
Ek weet nie hoe se mens "ek is geel en groen van jaloesie"!!!!!!!

Julle moet dit geniet dit lyk stunning daar, hugs en kisses vir die res van die "familie"

Lovies Heleen

Anonymous said...

Hallo hallo
Ek weet nie hoe se mens "ek is geel en groen van jaloesie"!!!!!!!

Julle moet dit geniet dit lyk stunning daar, hugs en kisses vir die res van die "familie"

Lovies Heleen

Thea said...

Desia, die plek se naam is Kapula Candles.

Die see se kleure is pragtig! Ons het laas jaar toe ons in Gansbaai vir 'n paar dae was, die omgewing daar rond verken. Mooi wêreld!!

Sandra said...

Desia dis een van die plekke wat nog baie dieselfde as jare terug lyk. Ons het nie lank op Bredasdorp gekuier nie, maar ek het sommer geweet Thea sal 'n antwoord he :-)

Muriel ons geniet, dankie dat jy kom inloer het.

Pikkie ek's jaloers, sou ook in een van daai huisies wou oorbly

Sandra said...

Nimsie ek sal beslis ook hier kan bly.

Heleen kry ek 'n foto van 'n geel en groen jy? :-) Lekker om van jou te hoor.

Thea die water was lekker rustig vir die suidste punt gewees en ek stem die kleure is pragtig

Charmaine said...

Ai hoe lekker kuier ek nou sommer weer van vooraf by al die lekker plekke. Ek hou vreeslik baie van Waenhuiskrans en hou van die naam. Ek is nie 'n seemens soveel soos 'n rotsmens nie...maar die see is mooi mooi mooi...

Sandra said...

Die see en rotse op Waenhuiskraal is 'n mooi kombinasie en die een kan nie sonder die ander een wees nie. Wag tot ek jou die ander see foto's wys