Friday, December 26

Kersfees by ons

Hier is sommer 'n paar foto'tjies van dinge wat rondom Ou Kersdag en Kersfees met die Holloways hier in die woestynland gebeur het. Die diere in die huis dra groot by om almal in 'n kersstemming te kry. Dawn haal alles van die boom af en almal kry boomgeskenkies van haar. Geskenkies is nie veilig nie en sy dood oor al die strikke en linte totdat sy haar eie een kry en toe moes julle die sports sien. Ons kuier vinnig met Jenny wie se verjaarsdag ons gemis het met ons vakansie en natuurlik moet sy haar geskenkie oopmaak voordat die Kerspresente kom. Sy het so groot geword en is nou vreeslik oulik. Ek hoor sy het nou ook 'n klavier wat sy speel en sing en op versoek het sy geen probleem om vir ons 'n liedjie te sing nie. Sal haar moet gaan afneem tydens een van haar "opvoerings". Tata ek gaan saam met Nelmari .... sy dood oor Nelmari en huil sommer toe Nelmari nie saam met hulle huistoe gaan nie. William wil met alle geweld een van die Lindt kersvaders met die goue klokkies he -- weet nie of hy gedink het dis 'n belegging nie, maar dit word baie vinnig in die monde bele. Geskenke oopmaak wys Nelmari dat sy nogsteeds die "baba" in die huis is. Ek wil daai ene he ..... Gelukkig het ons reeds die geskenkies uitgeruil die vorige aand, wat Kersoggend is die dorpie heeltemal weggesteek onder die mis. Eddie het hierdie foto's van hulle kantoorgebou se dak geneem. Vir die laaste paar jare eet ons ons Kersete by die Beach Hotel en soos gewoonlik is die besluit oor wat om te eet 'n groot ene. Nelmari en William kyk eers mooi voordat hulle begin. Die werkers (elfies) sing soos gewoonlik vir kersliedjies terwyl hulle tussen die mense deurstap - hulle sing baie mooi. Met Kersfees amper verby is die kerskouse leeg en besluit Didi, ons peethond, (want sy ma hou nog vakansie in SA) dis die beste plek om in te slaap! Ek hoop dat julle almal 'n heerlike dag saam met familie en/of vriende deurgebring het.

15 comments:

Jan and Miekie said...

Jou katfototjies maak my weer lus vir 'n katjie! (Maar hulle verdwyn hier op die plaas, so liewer nie!) Al die mis in woestynland? Is dit 'n algemene ding? Is vandag (26 Des) ook 'n vakansiedag daar?

Anonymous said...

Dit raak erg mistig in die "winter" hier in die woestyn Miekie. Gister wat Kersfees was, was 'n normale werkdag hier en vandag die 26 is naweek omdat dit Vrydag hulle Sondag is. Die maatskappye is darem baie toegeeflik en sal vir mense wat Kersfees wil vier, as 'n vakansiedag gee.

Charmaine said...

Hi maat,... so lekker om saam te kuier met julle. Daardie hotel eet is groot eet. Ons het op die dek gesit en uit blikborde geeet. Kan mens Didi nie dooddruk nie. dies 'n OULIKI foto. En klein Jenny wat so in 'n diva ontaard. Ons sal beslis 'n opvoering moet he. Wag vir my...

Thea said...

Ek het ook nou sommer lekker saam met julle gekuier! Ek het ook nie geweet dit kan so mistig raak in die woestyn nie!

Anonymous said...

Mens kan nie vir jou wag nie maat jy hou verewig vakansie.

Thea dis mis is partykeer so erg in die oggend dat die vliegtuie weggewys word en op ander plekke moet gaan land en wag vir die mis om weg te trek

Muriel said...

Ek kan sommer sien julle het lekker kersfees gehou!! My oog vang daai Lindt sjokelade! William ek hoop jy het hom geniet!!!

Hello Nelmari, ek sien die baba in die familie is lekker bederf gewees!! LOL

Ek het ook nie geweet van die mis nie. Baie mooi foto's! Dit lyk soos 'n dorp in die wolke!

Ek is bly dit gaan goed met die peetkinders! Die ma is seker so bly dat sy een van haar bloedjies (Didi) nog lewendig sien!!! Ek sien al hoe loop die trane van verlange. Sy hou nou regtig tot in ewigheid vakansie!!! whahahaha

Geluk met Jenny se verjaarsdag! Sy is soooo cute! Hoop ons gaan 'n video van die opvoering sien ;)

Voorspoed vir die nuwe jaar aan jou en jou gesin Sandra! Ook aan almal wat hier kuier en lees!

Liefde!

retha said...

Hoewel ek nie die enigste een is nie se ek ook; MIS, daar waar dit so warm is? Ek sal moet gaan lees oor die plek.

Seker oor jul daar in Arab wereld is dat jul nie n kersvader het nie maar n kerkat.

Sandra said...

Dankie Muriel. Het nogal aan jou gedink met die Lindt en ons het almal 'n stukkie gekry en dit was baie lekker :-). Die seuns sal saam met jou stem dat die baba in die huis bederf word!

Voorspoed vir 2009 vir jou en jou gesin ook Muriel!

Retha ek dink partykeer die mis is juis oor dat dit so warm is. Ons kerskat is baie woeliger as wat Santa met sy slee kan droom om te wees.

Anonymous said...

Net gekyk na die eetplek en onthou hoe ongemaklik ek was. half net so ongemaklik soos vandag na al die etery die laaste drie dae en die oorgeblewe poeding opgeeet. Dit was die laaste strooi.!!
Sien uit na ons vakansie volgende jaar, sal al die kos moet afwerk voor dan. Charmaine hoop jy het nog vakansie oor by Mei volgende jaar!!
Lief vir julle
Annie

Anonymous said...

Annie en met hulle Kersete het hulle nog meer kos. Die voordeel van uiteet is dat daar nie klomp ekstra kos in die yskas oorbly wat mens in die versoeking kan stel nie.

Ons sal ook maar moet oefen voor daai toer jong!

Charmaine said...

Maat dis net een wekie langer jongie... maar dankie vir die mooi kyk na die dierekinders en sommer almal se kinders... :-)

Muriel dit was omtrent lekker om die hondegesiggie te sien, maar glo my ek weet hulle mis my niks tussen al die liefde en bederf nie.

Annie ek sal vakansie oorhou... moenie kommer nie. Ek sine ook uit na ons tannie toer volgende jaar. Alles wat mooi is ook vor jou en joune..

Desire Fourie said...

Hi Sandra. Daardie fotos van die stad wat in mis toegevou is, is pragtig. Die Beach Hotel lyk na 'n aangename plek om elke jaar 'n mens se kersete te geniet ... lyk baie feestig. Ag man, ou Didi is te oulik in daardie kerskous, seker Charmaine se verlange na haar hondekinders is selfs nou nog meer nadat sy die foto gesien het. Geniet die res van julle feesgety daar in woestynland en mag jule 2009 gevul wees met talle Kersfeesoomblikke. Mooi bly.

Anonymous said...

Maat jou hondekinders dink aan jou, hulle blaf gereeld jou naam.

Dankie Desire geniet julle vakansie en 'n wonderlike 2009!

Anonymous said...

Ons is weggewys Al Ain toe as gevolg van die mis en Eddie en James moes ure vir ons wag. Tea dit is regtig erg.Annie

Sandra said...

Ek het al vergeet julle moes in Al Ain land Annie. Was maar net om julle te wys daar is nog 'n lughawe :-)