Sunday, December 28

Ons kuier bietjie by die huis

Terwyl almal van ons nou bietjie rustiger geraak het rondom die Kersvieringe en baie begin regmaak vir die Nuwe Jaar vierings, vier die UAE ook vandag een of ander dag en die dorp loop oor met mense. Dis soos mensneste wat oopgekrap is. Die weer is koel en die mis hang die dorp toe en mens wil net winter-winter speel en nie jou voete by die deur uitsit nie. Ons is so gelukkig om 'n besoek van ou-Voortrekkervriende van SA te kry. Sarie en Hannes het vir hulle nuwe kleinkinders kom kuier en ons kry ook kans om die kleingoed te sien, te vat en vas te hou. Terwyl die manne iets koels by 'n bekende duitse restaurant gaan soek het, het die vroue tuisgebly sodat Yannis en Zanke (mamma Beatrix se dit beteken altwee "gift of God") hulle melkies kan geniet.Die tweeling is nou twee weke oud en so oulik en soet. Ouma Sarie vertel dat sy haar organisasievermoe in werking gekry het, en sowaar die bababedjie saans in haar en oupa Hannes se kamer het om pop te kan speel. Is hulle nie pragtig nie? Klein Zanke wil niks mis van al die gesels nie, en Yannis is bietjie lui om wakker te word se ouma Sarie. In al die tyd wat hulle gekuier het, het die tweetjies nie een huil geluidjie gemaak nie. Pappa Eugene se ouma Sarie hou hulle so baie vas, hy moet op hulle blog kyk na foto's om te sien hoe hulle lyk :-). Julle moet bietjie hier gaan loer, hoe oulik die tweeling is.


Dan het ons ook twee kinders wat vir die volgende twee weke by ons vanaf Ethopie kuier om bietjie Afrikaans te leer. Ek het geweet mens "tel die beste blogmaats" op die internet op, maar ek het nooit gedink ek sou "twee kinders op die internet optel" vir 'n kuier nie. :-)


Christine I wanted to show you photo's of the kids, but they were so tired that the only photo's I could take were the kids sleeping.Leo wanted to stay in bed this morning. Stella during our visit to the beach :-) Hopefully everybody will be awake today so that we can do something fun.


Om twee vreemde kinders vir vakansie te he kan so 'n groot risiko wees, maar die twee is sulke oulike kinders en het ons hulle al vreeslik geniet! So kom loer gereeld wat hulle hier in die land van die kamele aanvang terwyl hulle meer van ons mooi taal leer.

9 comments:

Thea said...

Ag jene Sandra, Zanke en Yannis is twee pragtige babatjies!! Ek het op Beatrix se blog gaan lees oor hulle en toe ek my weer kry is dit omtrent 'n uur later!! *shock*

Hierdie tyd van die jaar is dit omtrent kuiertyd né!! Ons kuier hierdie kant ook 'n hond uit 'n bos uit met familie en vriende. Hierdie week is daar sommer 3 braais op die program!

Geniet die kuier met jou "optelkinders"! ;-) Na dese sal julle ook nie meer vreemdelinge wees nie.

Anonymous said...

Ja Thea die tweeling is oulik en so wakker vir hulle ouderdom. Maar jy sal weet van tweelinge ne?!

Geniet al jou braais hierdie week - jinne dit klink lekker.

Charmaine said...

Ai maat kyk net wat mis ek alles.... jy is so gelukkig om weer vir Sarie te sien en die TWEELING vas te hou. Ek is soooo jaloers!! maar is hulle nie opvreetbaar dierbaar nie. Die twee internet kindertjies is ook pragtig. Lekker om weer sulke klein kinders in die huis te he?

retha said...

Babas is altyd pragtig.

Ek weet darem nie of ek my kind na ver land sal stuur vir so n vakansie nie.

Sandra said...

Maat daar voel nie 'n vreeslike verskil tussen twee kleintjies en twee tieners nie :-). Dit hou my egter op my tone.

Retha hierdie twee is wereldreisiters en vlieg baie gereeld orals, ook na hulle land Switzerland. Ek sou heel waarskynlik ook nie, dis dalk omdat ons beskermed grootgeword het. Hulle is baie selfstandig vir hulle ouderdom.

Dorette said...

Die tweeling is te kosbaar! En hul ma is reg: elke kindjie is een groot geskenk van ons Vader af. Kan skaars glo Franco was 'n skrale 8 maande terug ook so klein - dis onwerklik hoe vinnig die kabouters groei.

Sterkte met jou twee gaste. Jy is dapper om vir so kuier kans te sien.

Sandra said...

Die kinders word so gou groot Dorette. Myne was daai gewig nog voor hulle gebore is, nou is hulle nog meer yslik groot maar kan maar nog lekker klein wees as hulle wil.
Maar dis lekker om sulke klein mensies vas te hou!

Die twee gaste is baie oulik en sorg vir heelwat pret.

Muriel said...

Zanke en Yanni is te pragtig en ek het al klaar daar begin kuier!! Jy weet mos ek laat my nie twee keer nooi nie Sandra!! LOL

Geniet die kinders, dit hou ons jonk!!
x x

Sandra said...

Ek stem Muriel hulle is baie oulik. Dat kindertjies wat ek as klein dogtertjies geken het nou al tweelinge het wys dat ek begin oud word :-).