Die weer begin nou mooi saamspeel en terwyl ek skryf op hierdie Vrydag Sondagoggend is dit 'n koue 22 grade wintersoggend. En winter beteken mens kan half bietjie buite begin leef. So het ons dan ook verlede week die SA kerkjeug vir 'n uitstappie na die waterpark geneem en dit was vet pret.
Op die bus was dit omtrent 'nvrolikheid en Charmaine en Corinne was meer as gewillig om vir my 'n "pose" te gee. Terwyl ons vir die kinders van die ander emirate by die hek gewag het, het ons Abu Dhabi se kinders solank ingestuur om plek te kry. Ek was nie verras om 'n paar minute later net 'n hoop handdoeke en sakke te sien sonder kinders nie. Hulle was daarop uit om my en veral die kamera vir die dag te vermy. Gelukkig het ek hulle gevang waar almal op die lazy river hop vir 'n rit deur die park.
Dankie tog vir die "Sandlanders" van Al Ain wat nie meer so klein is nie en heeltemal gewillig vir foto's was. Celandre en Celine word groter elke keer as ek hulle sien en hulle het omtrent die waterritte geniet.
Natuurlik moes Corinne ook deurloop onder die kamera en veral hierdie rit waar sy en Hermien met 'n stinkspoed afgekom het was 'n uitstekende geleentheid. Kyk bietjie hier na nog foto's van die kinders en park.
Nelmari wat glad nie afgeneem wou word nie, het lekker saam met die ander snr tieners gekuier en die mamaratzi soveel moontlik probeer vermy - nie dat dit enigsins moontlik is nie :-)! En soos gewoonlik het die park se katjies vinnig gesien waar hulle bietjie aandag en liefde kan kry.
Die dorp het groot planne vir die week .... hou hierdie spasie dop!
Lekker naweek!!